Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Alkoholvergiftiging. Show all posts
Showing posts with label Alkoholvergiftiging. Show all posts

5.10.20

Alkoholvergiftiging

Alkohol onderdruk die sentrale senuweestelsel. Dit beïnvloed verskillende mense op verskillende maniere. Een drankie veroorsaak gewoonlik slegs ’n geringe verandering van gemoedstemming. Namate jy die inname verhoog tas dit al meer die brein aan. Namate die alkoholkonsentrasie in die bloed toeneem, word die persoon se gedrag oordrewe en die koördinasie word belemmer. Met te veel alkohol word die verstandelike en fisieke vermoëns ernstig versteur en die persoon kan bewusteloos raak.

Simptome en tekens
• Asem ruik na drank.
• Persoon kan vomeer.
• Persoon kan bewusteloos wees.

In die vroeë stadium van bewusteloosheid sal:
• Die persoon diep asemhaal.
• Die gesig klam en blosend wees.
• Die pols vol en bonsend wees.

In die later stadium van bewusteloosheid sal:
• Die pols vinnig, maar swak wees.
• Die asemhaling vlak wees.
• Die gesig droog voel en opgeswel lyk.
• Die oë sal bloedbelope wees en die pupille opgeswel.

Jy kan die persoon wakker maak, maar hulle sal redelik gou weer bewusteloos wees.

Behandeling 1. Sorg dat die lugweg oop is.
2. As die persoon bewusteloos is of vomeer, plaas hulle in die herstelposisie.
3. Indien die persoon se toestand versleg, kry hulle sodra moontlik by die hospitaal.