Polisistiese Ovaria veroorsaak dat die deklaag van die ovarium verdik en dit belemmer of stop die vermoë om te ovuleer. Sowat 20% van vroue het Polisistiese Ovaria. Behalwe vir die versteuring in ovulering toon vrouens ook ander simptome soos onvrugbaarheid, miskrame, haargroei op plekke waar vrouens nie gewoonlik hare kry nie, aknee, gewigstoename en depressie. Behandeling probeer normaalweg om die hormoonvlakke aan te pas. LET WEL dat die tipe behandeling afhang van watter simptome jou pla EN of jy later wil kinders hê. Dit is belangrik dat jy en jou dokter enige behandeling na jou behoeftes skik.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 150 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment