Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



23.9.19

Angs

Angs is ’n baie onaangename vae gevoel van afwagting, gepaard met liggaamlike sensasies, onrustigheid en rusteloosheid.

Die belangrikste kenmerk waarna sielkundiges sal kyk is onrealistiese of oormatige kommer rakende twee of meer lewensomstandighede, bv. kommer oor finansies sonder ’n grondige rede. Hiermee saamgaan gaan amper 20 simptome. Sielkundige klassifikasie vereis dat ’n sekere aantal van hierdie simptome teenwoordig sal wees.

Die simptome sluit in: bewing, rukking of ’n bewerige gevoel; spiere wat pyn; rusteloosheid; vinnige uitputting; hartkloppings; kortasem of ’n benoude gevoel; sweterigheid of koue klam hande; droëmond; duiseligheid of lighoofdigheid; naarheid; diarree of ander maagprobleme; warm of koue gloede; gereelde urinering; probleme om te sluk; jy is baie gevoelig; ’n oordrewe skrikrespons; konsentrasieprobleme of blanko denke; slaapprobleme; en geïrriteerdheid.

Ongeag hoe goed dit met hierdie persone gaan, hulle is altyd angstig en bekommerd.

3 comments :

  1. Ek was al by 2 dokters en hulle se ek het angs want al die tekens is daar maar ek is bang om medikasie te gebruik wat hulle gegee het want die nagevolge van die pille maak maak bang ek het begin met die pille maar dit laat my snaaks voel is daar dalk 'n natuurlike manier om ang te beheer en behandel soder medikasie sal alle raad wardeer dankie

    ReplyDelete
  2. Ek sal se dink eers aan jouself wees lief vir jou self neem probleme met insig en wysheid vertrou niemand anders as God en jou self di beste medikasie klameer jouself en weet dat alles wat op jou pad kom toetse van di lewe is niks kan ons doen om mekaar se gedagte of se lewenswyse te verander ni maar net sterk in God te glo geloof te he en bid dat di liefde van God ons menswees aanraak en dat God kan werk tot in di gedagte van di mens want waar di kennis van mens klaarraak tree di wysheid van God in en di wysheid van God het ons sonder niks di lewe laat sien so en tog het God in alles voorsien so dit wat ons as mens het het God voorsien en so sal die Here
    ons help deur eerste God te nader oor hoe jy voel amen

    ReplyDelete
  3. Dis Baie waar ek bid elke keer as ek angs kry. Party dae is dt Baie erg is ook op medikasie. Dit help my om in die aande bietji rustiger te wees. Ds nou al n jaar wat ek angs kry dit Kom en gaan. Ek wil nie mee so voel nie ek probeer als maar dis partykeer moeilik..

    ReplyDelete