Frakture is die wat voorkom op enige plek op die boarmbeen of die twee voorarmbene. Die elmboog kan ook betrokke wees. Die bene wat egter die meeste gebreek word, is die by die polsgewrig.
Kinders is meer geneig om hul elmbooggewrigte te breek. Hierdie tipe fraktuur moet sodra moontlik professionele mediese sorg kry, want dit kan ook skade aan die omliggende bloedvate en senuwees veroorsaak.
Simptome en tekens
• Pyn op die plek van die fraktuur – dit word vererger deur beweging
• Die persoon kan nie die arm gebruik nie
• Die elmboog kan nie gebuig word nie.
Sorg dat die persoon by ’n hospitaal kom.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 148 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment