Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



26.1.17

Kruie vir kwale: Slym

Sny ’n wit ui in dun skyfies en strooi bruinsuiker daaroor. Laat die staan sodat dit ’n stroop kan trek. Gee dan 5 mℓ van die stroop elke uur. Dit sal help teen die slym.

♦♦♦

LET WEL: Wynruit moet slegs onder toesig van ’n dokter of ander kundige persoon gebruik word. Dit het giftige eienskappe en sommige mense se velle is uiters sensitief daarvoor.
Vir slym op die bors by kinders kook jy ’n hand vol wynruit saam met ’n hand vol boegoe in 2.25 liter water. Laat dit kook tot die water met die helfte verminder het.
Gooi dit deur ’n sif en behou die vloeistof. Gooi dit terug in die kastrol.
Gooi 500 g suiker by en kook stadig terwyl jy aanhoudend roer, tot die suiker opgelos is.
Gee die kind 5 mℓ van hierdie stroop 4 maal per dag.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

2 comments :

  1. Wat gedoen om slym in die keel te verminder, of dunner te maak. Dis asof my eenjarige kleinkind met tye so verstik dat hy blou word in sy gesiggie as hy hoes. Ek seker aangesteek ,slym grootste oorsaak...ek het uie en wilde -als tot my beskikking...dankie ,sal graag raad wil ontvang!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/7/23 16:20

      Hi str vir my ook die resep assebloef

      Delete