Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



14.9.16

Behandeling van floute

1. Indien die persoon onvas op die voete is, laat hulle sit en vooroor leun met die kop tussen die knieë en sê hulle moet diep asemhaal.

2. Indien die persoon lank gestaan het, laat hulle die beenspiere saamspan en die tone beweeg om die bloedsomloop aan te help.

3. Maak alle stywe klere om die nek, borskas en middel los om die bloedsomloop en asemhaling aan te help.

4. Sorg dat die persoon genoeg vars lug kry. As dit baie warm is laat die persoon in die koelte sit / lê.

5. Kyk vir enige beserings.

6. Toets die asemhalingstempo en die bewussynsvlak.

7. Stel die persoon gerus.

8. Die persoon moet niks drink voor hulle ten volle herstel het nie en dan ook net klein slukkies koue water.

No comments :

Post a Comment