Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.3.16

Bloeiende spatare

Sekere are in die bene bevat koepelagtige terugslagkleppe om die bloed na die hart te laat terugvloei.

Wanneer hierdie kleppe verswak neig die bloed om ’n poel te vorm en die are word dik en staan uit.

Beenare is groot en bevat baie bloed. Indien ’n spataar bars of beseer word, is daar dus massiewe bloedverlies. Dit kan noodlottig wees indien dit nie dadelik behandel word nie.

Simptome en tekens
• Donkerrooi bloed sal ’n teken wees van ernstige uitwendige bloeding.
• Die persoon kan aan skok ly.
• Die persoon kan bewusteloos raak.

Beheer die bloeding deurdruk uit te oefen. Kry dan die persoon so gou moontlik by die hospitaal.

3 comments :

  1. Spatare wat bars gebeur gewoonlik in ouer pasiente rondom bad tyd. Die bloeding word maklik gestop deur te sit en die been so hoog as moontlik teen die muur op te lig. Sit dan n kompressie verband op en besoek jou dokter. Jou spatare sal later behandeling benodig. Sien gerus Www.veinsurgery.co.za

    ReplyDelete
  2. My dogter van 36 jaar oud het n spatare wat bars geen medirs haar man se werk het in die covid19 tyd toe gemaak

    ReplyDelete
  3. Sy kan behandel word met "foam sclerotherapy". Die prosedure word in die kamers gedoen. Ongeveer R1600 - 2020

    ReplyDelete