Indien jy moet hulp verleen aan ’n onbekende persoon is dit ’n goeie idee om vir moontlik belangrike leidrade in die persoon se sakke of handsak te soek.
Kyk vir dinge soos afspraakkaartjies vir dokters of klinieke. Of inligtingkaartjies in verband met steroïede of insulien of dalk epilepsie.
Pakkies met suikerklontjies of glukose kan dui op ’n diabeet.
Daar is ook verskeie mediese waarskuwingstekens wat deur persone met ’n mediese toestand gedra word, byvoorbeeld die bekende Medic-alert halsband.
Probeer om die ondersoek in die teenwoordigheid van ’n getuie te doen.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.

No comments :
Post a Comment