Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



18.11.13

Stres en kanker hand aan hand

ATF3, dit is die geen waarna wetenskaplikes verwys as hulle praat van die verband tussen kanker en stres.

Wetenskaplikes van verskeie lande doen saam navorsing wat daarop dui dat stres 'n belangrike rol speel in die verspreiding, of metastase, van kanker en die dood weens kanker.

Navorsers weet reeds dat ATF3 geaktiveer word in reaksie op stresvolle toestande in selle. Onder tipiese omstandighede kan die aktivering van die geen gebruik word om kankerselle te laat “selfmoord” pleeg met die toediening van 'n stressor, soos bestraling. Dieselfde funksie word egter deur kankerselle gebruik om gesonde selle te oortuig om die kanker te laat versprei.

Die navorsing het bevind dat kankerselle egter oor 'n manier beskik om gesonde selle te aktiveer op 'n manier wat die kanker laat versprei na nuwe gesonde weefsel. Haal jy ATF3 heeltemal uit die prentjie is jou kanse moontlik beter om die kanker te beveg.

Dit beteken dat die geen dalk met medikasie of ander behandeling geteiken kan word om sodoende kanker beter te bestry. Dit beteken ook dat jou liggaam se immuunstelsel se reaksie op stres dalk 'n tweesnydende swaard is wat kanker kan aanhelp.

Die navorsing is gepubliseer in 'n onlangse uitgawe van die Journal of Clinical Investigation . Die groep is tans besig met verdere ondersoek van die rol van ATF3.

No comments :

Post a Comment