Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.3.24

Kruie vir kwale: Boererate vir rumatiek

Neem 2 tot 4 blare van die kankerbossie en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Volgens die Khoi kan jy hierdie flou tee kan jy drink vir rumatiek.

♦♦♦

Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Vandag word dit ook gebruik vir rumatiek.
’n Kwart koppie vars blare word geweek in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Dit moet daagliks geneem word.

♦♦♦

Was die aangetaste dele van jou lyf met bosboegoe-blare en die fyngedrukte bolle van wildeknoffel.

♦♦♦

’n Eetlepel boegoebrandewyn twee maal per dag.

♦♦♦

Maak tee van kruidjie-roer-my-nie en gooi by jou badwater.

♦♦♦

Voeg die vrugte van die koekemakranka by brandewyn, laat trek en gebruik as medisyne.



Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

2 comments :

  1. Anonymous12/7/23 18:35

    Sukkel geweldig met n linker kniekop wat geweldig pyn...help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous17/7/23 08:37

      Is dit gediagnoseer as rumatiek? Dan kan jy die bostaande raad probeer. Indien nie, moet jy oefeninge oorweeg om die area om te knie te versterk.

      Delete