Rastafariërs eet wildeknoffel saam met rissie wanneer hulle enige skete en pyne onder lede het. Hulle gebruik ook ’n aftreksel van die bolle en blare in hul badwater vir rumatiek. Die aftreksel word gemaak deur een plant se bol en blare in koue water te week vir ’n dag lank. Die hele liggaam moet dan met die aftreksel gewas word.
♦♦♦
Neem 2 tot 4 blare van die kankerbossie en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Volgens die Khoi kan jy hierdie flou tee kan jy drink vir rumatiek.
♦♦♦
Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Vandag word dit ook gebruik vir rumatiek.
’n Kwart koppie vars blare word geweek in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Dit moet daagliks geneem word.
♦♦♦
Was die aangetaste dele van jou lyf met bosboegoe-blare en die fyngedrukte bolle van wildeknoffel.
♦♦♦
’n Eetlepel boegoebrandewyn twee maal per dag.
♦♦♦
Maak tee van kruidjie-roer-my-nie en gooi by jou badwater.
♦♦♦
Voeg die vrugte van die koekemakranka by brandewyn, laat trek en gebruik as medisyne.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
3.10.24
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
Sukkel geweldig met n linker kniekop wat geweldig pyn...help asb
ReplyDeleteIs dit gediagnoseer as rumatiek? Dan kan jy die bostaande raad probeer. Indien nie, moet jy oefeninge oorweeg om die area om te knie te versterk.
Delete