Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.7.13

Brugbaba / Baba stuit

Anoniem: "Wat is 'n brugbaba?"

Antwoord: Indien mens 'n baba vir die volle termyn dra en baba het nie gedraai nie, dan noem ons dit 'n brugbaba. Met ander woorde, 'n baba wat met die voete na onder lê wanneer dit tyd is vir die geboorte. Van 32 weke af praat ons van 'n brugbaba. Onder sulke omstandighede word die baba normaalweg suksesvol met 'n keisersnee uitgehaal.

_______________________________________________________________________________________


Anoniem skryf: "Ek is 29 weke swanger en nogals bekommerd. Ek het twee seuns en het normaal gekraam met hulle. Volgens my dokter lê die baba stuit met die voete na onder. Is daar nog genoeg tyd dat baba gaan draai sodat ek normaal kan kraam of nie. Hoekom draai hy nie?"

Antwoord: Daar is beslis nog 'n kans dat baba kan draai. Moet jou nie te veel bekommer hieroor nie. Al stuit 'n baba by die volle termyn is daar nog steeds 'n kans dat baba vaginaal verlos kan word. Jou dokter sal verskeie kliniese faktore nagaan om te bepaal of jy normaal kan kraam. Dit sluit dinge in soos die baba se grootte, stuitpresentasie en jou bekkengrootte.

6 comments :

  1. Anonymous26/7/13 21:16

    Hi ek is op 3maande inspuiting en het nou al 5weke my period wat kan ek doen

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/7/13 11:51

      Jy moet 'n dokter sien.

      Delete
  2. Anonymous3/10/13 10:53

    Haai ek was n brugbaba . My ma het normaal gekraam. Is dit moentlik dat n brugbaba haar ma kan skade aan doen met geboorte?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous3/10/13 13:24

      Nee wat. Dit gebeur nie meer so gereeld dat brugbaba's normal gebore word nie, aangesien meeste met 'n keisersnee verwyder word.

      Delete
  3. Anonymous8/4/14 13:33

    ek is 20 weke en dokter se baba le brug en kan mens kies om n keier te he

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/5/14 14:27

      Net die dokter behoort hieroor te besluit. Jy kan die dokter vra oor die moontlikheid van 'n keuse in jou spesifieke geval. Dit is egter ook so dat mens omtrent altyd die keuse mag uitoefen om 'n keisersnee te ondergaan.

      Delete