Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.3.13

Naelfungus

Tersia skryf: "Ek het 'n fungus infeksie onder my groottoon nael. Soms is dit baie seer en het al antibiotika geneem wat baie duur is,(vir 3 maande aaneen), maar dit het gladnie gehelp nie. Ek het ook al by naeltegnikuste botteltjies anti-fungus gekoop en dit gebruik en steeds help dit nie. Die nael hou ek baie kort, sodat ek dit altyd heeltemal droog kan hou. Is daar nie dalk iewers 'n ander raad wat ek kan volg nie? Ek wil regtig nie met 'n lelike toonnael sit nie! Baie dankie!"
Antwoord : Dit is 'n lastige toestand. Dit is soms moeilik om te behandel en kan aanhoudend voorkom.
Dit kom normaalweg voor indien jou naels gereeld blootgestel is aan warm, vogtige toestande.
Die eerste stap is dan om seker te maak jou naels is nie gereeld in sulke toestande nie. Hou die naels kort en droog.
Maak seker jy dra oop skoene of skoene (en sokkies) wat lekker kan asemhaal. Die sokkies van sintetiese materiaal wat hardlopers dra is 'n goeie opsie om te oorweeg. Vra jou apteker vir 'n voetsproei of -poeier om hiermee saam te gebruik.
Probeer om nie kaalvoet te loop op plekke waar dit nat is en wat ook deur ander mense gebruik word nie.
Onthou dat jy nie naelpolitoer moet gebruik op sulke naels nie en jy moet altyd jou hande was nadat jy daaraan gevat het.

Boereraat:

Jy kan ook gewone wit asyn probeer. Meng een deel asyn met twee dele warm water en week die naels daarin vir 15 minute. Herhaal elke tweede dag. Dit kan tot twee maande duur om daarvan ontslae te raak.
♦♦♦

Potassium permanganaat word algemeen gebruik teen fungus. Dit word gewoonlik met warm water gemeng in die verhouding 1:10. Dit sal 'n pienkerige kleur kry as dit goed opgelos is, anders is dit pers. 'n Dokter kan wel 'n sterker oplossing voorskryf. Dit hang ook natuurlik af van die vorm waarin jy dit koop. Lees altyd die instruksies.

2 comments :

  1. In die weermag moes ons altyd na 'n stort deur 'n bad met 'n Potassium Permanganaat oplossing met ons voete stap om atletiese voete en swamme te voorkom. Vraag is hoe word so 'n oplossing gemeng en sal dit regtig help vir swamme onder toonnaels.

    ReplyDelete
  2. Anonymous5/11/21 09:45

    Baie goeie bydrae. Dit word gewoonlik met warm water gemeng in die verhouding 1:10. Dit sal 'n pienkerige kleur kry as dit goed opgelos is, anders is dit pers. 'n Dokter kan wel 'n sterker oplossing voorskryf. Dit hang ook natuurlik af van die vorm waarin jy dit koop. Lees altyd die instruksies.

    ReplyDelete