Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



28.11.22

Kruie vir Kwale: Boererate vir aambeie

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Jy kan aambeie daarmee afspoel om verligting te gee.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir aambeie.
Jy kan aambeie daarmee afspoel om verligting te gee.

♦♦♦

Plaas 10 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Jy kan aambeie daarmee afspoel om verligting te gee.

♦♦♦

Die hele bitterbos word gebruik, insluitende die wortels. Gebruik 8 g varsgekapte bitterbos per koppie kookwater. Laat trek vir 3 minute. Gebruik dit vir ’n abses. Jy kan die mengsel aan die vel smeer in plaas van drink. Dit kan tot 8 keer per dag gedoen word. Dit kan ook aangesmeer word vir aambeie.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met aambeie.

♦♦♦

Maak ’n sterk tee van tiemie en drink elke oggend en aand so ’n kelkie vol. Verder moet jy gereeld groente eet en vir ten minste ’n halfuur stap elke dag.

♦♦♦

Kook die sappige wortel van die slangvelplant in water of melk en drink elke dag ´n koppie vol.

♦♦♦

Meng 1 eetlepel Engelse sout, 1 eetlepel rabarber, 1 teelepel salpeter en 2 bottels water. Kook alles saam tot daar een bottel oor is. Neem 3-maal op ´n dag ´n eetlepel van die mengsel.

♦♦♦

Eet baie rosyntjies, dit is goed vir iemand wat aan aambeie ly.

♦♦♦

Smeer samboksalf gereeld binne en buite tot pyn verdwyn. Indien hardlywig, kan dit weer probleme gee. Jy kan selfs samboksalf eet om te help.

♦♦♦

Verhoed aambeie deur nooit hardlywig te wees nie. Gooi 1 eetlepel lynsaad in 'n glas water. Laat staan oornag. Gooi dan die water af en strooi die saad oor jou ontbytpap. Met gereelde gebruik sal jy nie weet van hardlywigheid nie.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

5 comments :

  1. Anonymous19/1/13 11:11

    Hai eks 20 en m verloofde is 25 ek was vr 3 jaar op di 2mande inspyting en eks nu van 2012 di 9 demaand van di inspyting af ons wil graag swanger raak mar ons sulle ekt gehoor ek mut swart liquorice eet om m weer vrugbaar te mak is dit waar en wat kan ek gebryk om m te help??HELP asseblief dnq

    ReplyDelete
  2. Anonymous19/1/13 11:15

    Hai eks 20 en m verloofde is 25 eks al 3 jaar opi 2 mande inspyting en het dit gelos 2012 di 9de maand en ons wil swanger raak mar sukkl en ekt gehoor swart liquorice sal m weer vrugbaar mak is dit waar????wat kan ek gebryk om m te help swanger raak Help asseblief dnq

    ReplyDelete
  3. D8 se ek was las by d dokter en ht pile wt soos bulets gekry en wurmpile en my anus is ngsteds ni reg dt jeuk en as ek toilet 2 ga dan brand dt eers wat moet ek ek t minste koep of mak help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Neem Colgate tande pasta, bietjie kamfer water en vaseline en meng goed. Smeer aan drie Maal per dag en problem verdwyn.

      Delete
  4. Gre asseblief raad vir hart palpietasie

    ReplyDelete