Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



29.10.12

Vrae oor die galblaas


Sonia Coetzer skryf: "Ek het sowat 4 jaar gelede 'n galblaasverwydering en 'n laproskopiese nissen (mantelvliesbreuk) herstel gehad. Ek het my lewensstyl relatief aangepas deur nie brood en vetterige kosse of gaskoeldrank en speserye te gebruik nie. Ek het steeds diaree, ek het chronies hoofpyn en is baie moeg. Kan dit moontlik 'n tekort in my liggaam wees wat dit veroorsaak as gevolg van die soute ens. wat my liggaam verloor deur die diaree. Ek gebruik Questran Lite wat help dat dit nie so erg is nie, maar bly steeds moeg en die hoopyne is nie lekker nie. Ek was nog nooit weer terug na my dokter toe om vas te stel of dit normaal is nie."

Antwoord: Nommer een: Sorg dat jy by 'n dokter kom. Gereelde diaree moet deur 'n kundige persoon gediagnoseer word. Onmiddelik.
Nommer twee: Relatief is nie goed genoeg nie. Reg of weg!



Mila skryf: "Tydens 'n sonar ondersoek is vasgestel dat my galblaas vol fyn stukkies gruis is (nie galstene nie) My galblaas is nie vergroot nie, en my lewer is normaal. Dit is blykbaar so klein, dat dit in die galbuise afgaan en dit versoorsaak dan fyn steekpyne soos naalde. Die dokter beveel aan dat ek my galblaas verwyder. Is daar 'n dieet wat ek kan volg om my galblaas te "detox" ? Ek wil 'n operasie so vêr as moontlik probeer vermy. Ek is ongeveer 10 kg oorgewig."

Antwoord: 'n Dokter sal nie sommer aanbeveel dat jou galblaas verwyder moet word indien dit nie regtig noodsaaklik is nie. Indien jy bekommerd is dat jou dokter oorhaastig besluit het kan jy altyd 'n tweede opinie kry, maar indien jy weer dieselfde hoor moet jy dit so aanvaar.



Loisa Mouton skryf: "Die dokter gaan oor 3 weke besluit of hy my galblaas gaan verwyder as die infeksie nog steeds baie hoog is. Wat veroorsaak die infeksie dan, ek volg 'n goeie dieet het byna 40 kg verloor meer as 'n jaar terug deur weighless en hou my gewig af. Ek eet geen vetterige kos nie drink lae vet melk ook. As hy wel my galblaas verwyder watter probleme gaan ek dan moet mee saamleef? Is dit nie beter om maar die galblaas te hou nie?"

Antwoord: "Dis wonderlik dat jy jou lewenstyl so mooi aangepas het. Die probleem is dat die skade veroorsaak kon word voor jy dit gedoen het. Die dokter se besluit oor jou galblaas is geneem in jou belang en ons moet vertrou dat dit die beste opsie is. Volgens sommige navorsers kan infeksie van die galblaas veroorsaak dat die area in 'n meerdere mate blootgestel is aan substansies wat kanker veroorsaak.
Na die operasie moet jy voorbereid wees op die moontlikheid van diaree, veral gedurende die eerste paar weke. Vermy sterk en vetterige kos, asook suiwel gedurende die tyd. Pas jou dieet aan om meer veselryk te wees. Vir 1% van ons kan die diaree 'n probleem raak oor die langtermyn, maar in so 'n geval sal 'n dokter medikasie kan voorskryf."



Annelie James skryf :
"My man het galblaas probleme en dit moet verwyder word, kan alkohol enige newe effekte hê voor of na die operasie."

Antwoord :Oor die algemeen word daar gesê dat die gebruik van alkohol na die verwydering van die galblaas nie enige effek behoort te hê nie. In die praktyk kla baie pasiënte egter van pyn of 'n ongemaklike gevoel indien hulle alkohol gebruik. Die beste is om die gebruik daarvan te staak en 'n dokter te raadpleeg indien jy enige ongewone simptome toon, voor of na die operasie. Hy moet ook nie te gou alkohol gebruik nadat hy die operasie ondergaan het nie.

16 comments :

  1. Anonymous22/3/13 13:29

    watter kos moet vermy word as jou galblaas verwyder is

    ReplyDelete
  2. Anonymous25/4/14 20:27

    Help asb! Die afgelope 2-3 maande het ek 'n baie ongereelde stoelgang....dit of werk nie vir 2 dae nie of dit is erg watering, so asof ek 'n lakseer middel gebruik het, wat ek in elkgeval nie gebruik nie. Ek ervaar ook deesdae dat my maag seer en teer voel na nadat ek iets geeet het. Ongelukkig is ons medies uitgeput en kan nie nou enige toetse bekostig nie. Wat kan ek gebruik om die situasie te verbeter?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Na my galblaas het dr gese n teelepel lewensessens n dag. En dit werk

      Delete
  3. Anonymous11/2/15 10:39

    Hello
    My Man het n Galblaas en stene van 22mm groot wat verwyder moet word. Hy is nou al vir die 3 de keer weg gewys by Polokwane Prov Hospitaal. Hy is al 2 keer geboek vir n opperasie maar as ons daar kom is daar n verskoning. Ek wil net weet hoe gevaarlik so galblaas is. Baie Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/4/15 16:13

      Dit kan gevaarlik raak, maar ek het al van baie groter stene gehoor.

      Delete
  4. Anonymous11/5/16 09:03

    KAN N MENS GALBLAAS INFEKSIE KRY??

    ReplyDelete
  5. Hi will graag weet as jy detox wat Beteken die verskillende kleur stene groot ASB help met dit

    ReplyDelete
  6. My galblaas is ongeveer 17 jaar geledd verwyder. Als het tot so maand terug goed gegaan. Ek kry nou elke nag gal aanvalle. Dit stoot deur my keel en baie onaangenaam. Niks help of keer dit nie. Wat sal help? Het lewensessens probeer. Kom steeds uit....

    ReplyDelete
  7. Almal sê dus my galblaas maar weet nie
    Al wat ek weet is ek kan skaars eet en een moment bars ek uit in sweet en die volgende moment kry ek bitter koud dan hardloop ek want wil opgooi maar die opgooi vind nie plaas nie.
    Die pyn is onverdraaglik seer en pyn/brand agter my blaaie al by kante en voor by my rib op regyerkant en my maag is opgeblaas
    Ek sukkel ook heavy met hardlywigheid en eet ek is ek siek en eet ek nie wil ek dood ...
    Is dit galblase of wat moet ek doen?

    ReplyDelete
  8. Almal sê dus my galblaas maar weet nie
    Al wat ek weet is ek kan skaars eet en een moment bars ek uit in sweet en die volgende moment kry ek bitter koud dan hardloop ek want wil opgooi maar die opgooi vind nie plaas nie.
    Die pyn is onverdraaglik seer en pyn/brand agter my blaaie al by kante en voor by my rib op regyerkant en my maag is opgeblaas
    Ek sukkel ook heavy met hardlywigheid en eet ek is ek siek en eet ek nie wil ek dood ...
    Is dit galblase of wat moet ek doen?

    ReplyDelete
  9. Anonymous13/9/22 16:58

    Ek soek raa, as jy green slim opgooi en dis bitter en jyt AZN eenkant van jou liggaambaie seer vanaf jou nier tot aan voorkant van net amper by jou rib been Sal dit jou gamblers kan wees is Al's AZN linker kant

    ReplyDelete
  10. My vrou het klomp toetse gedoen by die dokter. Gister het hy gebel,I.p.v. verslag te gee het hy gevra ek moet ń brief Kom kry om haar gal blaas te gaan toets. Is dit iets waaroor ek moet worry. Want my vrou is Meer lief vir haar werk as haarself en ek weet sy gaan lank neem om te gaan vir die toets.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jy hoef nie noodwendig bekommerd te wees nie, maar sorg maar dat sy gaan vir daai toets.

      Delete
    2. Anonymous26/8/23 08:42

      Ek sukkel met my galblaas..wat mag en mag ek nie eet en drink nie

      Delete
    3. Anonymous30/8/23 13:08

      Bly weg van kosse met baie vet en wat alles wat hoog in cholesterol is.

      Hier is 'n paar goeie voorstelle:
      Vars vrugte, bessies en groente
      Maer vleissnitte
      Pluimvee sonder vel
      Vis en skulpvis
      Vetvrye gebak
      Styselagtige koolhidrate, soos aartappels
      Laevet suiwelprodukte soos afgeroomde melk, lae-vet jogurt, vetvrye roomyse en poedings
      Vrugte smoothies gemaak van vrugte en lae-vet jogurt
      Korrels / sade soos rys, bulgar, gort en quinoa - gekook sonder bygevoegde vet
      Pasta met vars souse
      Hawermout

      Delete
  11. Anonymous13/2/24 18:36

    Hi daar pelenoimi hospitaal moes my gister ge oopreer het om die galblaas uit te haal toe virtel die dokter vir my hulle kan eers die 1 april dit doen want hulle het nie blypaar die goed om die ooprasie te doen nie

    ReplyDelete