Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.4.23

Maagseer

Koeksoda vir maagseer is nie soseer ’n goeie idee nie. Lees die laaste antwoord onder vir meer inligting.

Anoniem skryf: "Ek het spastiese kolon en daar is gediagnoseer dat ek kroniese infeksie van maag wand en ook blase op my dikderm en is daar enige dieet wat daarvoor kan help."

Antwoord: Dit is altyd moeilik met 'n kombinasie van probleme. Jy sal kan voordeel trek uit die raad wat hier onder gegee word, maar die aanbeveling is dat jy 'n dieetkundige gaan spreek. Dit sal wys wees as jy jou dokter toestemming gee om met jou dieetkundige oor jou toestand te praat.



Karlien skryf :
"My kerel se pa is baie siek. Hy het 3 jaar terug 4 hartomlynings gehad en van daar af was hy nog nooit gesond nie. Op die oomblik het hy 3 maagsere en blykbaar is 2 van hulle baie ernstig. Hy het spatare in sy slukderm wat ook baie ernstig is. Hy staan eintlik met een voet in die graf en die ander op die rand van die gat. Hy gaan aanmekaar na die dokters toe en hulle stop hom vol pille wat ek dink nie baie goed is nie, want a.g.v. sekere pille het sy gesondheid meer agteruitgegaan. Ons weet nie meer wat om te doen of na wie toe te gaan nie. Dit is baie ernstig en die raad en tyd raak minder. Ek wil net weet of die pille wat hy drink hom nie vererger nie, hy raak vinnig moeg, lam en geen krag en lighooftig."

Antwoord :
'n Maagseer (peptiese ulkus) is 'n rou seertjie wat in die voering van die maagwand of die boonste deel van die dunderm voorkom. 'n Maagpyn en 'n brandsensasie is gewoonlik 'n aanduiding van 'n maagseer. Braking kan voorkom, veral in die aand.
Maagsure wat deur die beskermde slymvlies van die maag vreet veroorsaak die pyn en medikasie wat die afskeiding van die maagsuur blokkeer bring gewoonlik net tydelike verligting aangesien die maagseer weer terugkeer. Navorsing toon dat dit die Helicobacter pylori bakterie is wat die maagwand irriteer en uiteindelik so verswak dat 'n maagseer ontstaan. Die bakterie veroorsaak 90% van alle maagsere. Die ander 10% word veroorsaak deur anti-inflammatoriese middels soos aspirien.
'n Kursus van antibiotiese middels behoort normaalweg die maagseer te genees.
Wat julle kan doen is om sy dieet te wysig sodat hy die optimale voeding kry wat sy immuniteit sal opstoot. Praat ook met sy dokter/s oor aanvullings sodat julle hom nie iets gee wat teen sy medikasie sal inwerk nie. Indien bakterieë sy maagseer veroorsaak het moet hy kos vermy wat ryk is aan yster. Dit help bakterieë om voort te plant. Knoffel, Sint Janskruid, avokado en vinkel bevat almal antibakteriële middels. Die kruid Echinacea is 'n algemene antibiotiese middel en molslaai het ook antibiotiese eienskappe.


5 comments :

  1. Hello my ma sit met n maagsweer ekt al alles gekoop wat apteekers vir my gese het ek moet koop ek kry my ma so jammer sy kreun van pyn en ek weet nie meer watse kant toe kan ek asb raad kry groot asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/5/23 00:40

      Het n gastric ulcer gehad. Was in en uit hospitaal Niks het gehelp Nie. boereraat gekry. Kies n dag wat jy Nie uit huis gaan nie. Eet n Klein Groen blikkie Lyle's stroop op nugtermaag voor 1uur klaar. Wag n uur daarna voor jy iets eet. Maag werk beige uit. Ulcer werk Al's uit. 17jr later is so gesond.

      Delete
  2. Anonymous6/1/23 09:22

    'n Kursus van antibiotiese middels behoort normaalweg die maagseer te genees, maar sy sal moet dokter toe vir 'n voorskrif daarvoor.

    Intussen kan sy hierdie boereraat probeer: Maak die wortel van die noem-noem skoon en maak fyn. Gebruik 2 teelepels in ’n koppie warm water. Drink dit gereeld.

    ReplyDelete
  3. Anonymous24/4/23 19:36

    Goeie dag ek is 18 jaar oud en sit met 'n maagseer en ekt soveel navorsing gedoen oor dit maar van dit help veel ekt ook selfs gewonder of n maagseer kan bars.?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous26/4/23 11:03

      Ja, dit is moontlik vir 'n maagseer om te bars, wat kan lei tot ernstige komplikasies soos bloeding, infeksie, en selfs die dood in sommige gevalle. 'n Maagseer is 'n seer of gat in die voering van die maag of dunderm, gewoonlik veroorsaak deur die bakterieë Helicobacter pylori of langdurige gebruik van niesteroïdale anti-inflammatoriese middels (NSAIDs).

      As dit nie behandel word nie, kan 'n maagseer deur die voering van die maag of dunderm erodeer, wat veroorsaak dat 'n gaatjie vorm. Dit staan bekend as 'n geperforeerde ulkus en kan erge buikpyn, naarheid, braking en koors veroorsaak. In sommige gevalle kan die perforasie maagsuur en ander inhoud in die buikholte laat lek, wat 'n ernstige infeksie genoem peritonitis kan veroorsaak.

      As jy vermoed dat jy dalk 'n maagseer het of enige simptome van 'n geperforeerde ulkus ervaar, is dit belangrik om onmiddellik mediese hulp te soek. Jou dokter kan die ulkus diagnoseer en behandel om te verhoed dat dit vorder en verdere komplikasies veroorsaak.

      Delete