Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



27.9.22

Suur

Diane skryf :
"Ek het baie sure in my liggaam wat kan doen om dit te verminder."

Antwoord:
Probeer die volgende aanvullings : voedselensieme en magnesium saam met elke ete. Indien dit nie werk nie neem ook aanvullings van vloeibare chlorofil ag keer per dag in water en neem 'n kalsiumaanvulling.

Pas ook jou dieet aan soos hier onder genoem.

Marina skryf:
"Ek het volgens by dokter te veel suur en suiker in my bloed. Wat mag ek eet en wat nie? Ek vermy tans brood, pynappels, lemoene en alles wat suurdeeg bevat."

Antwoord:
Vir te veel suur moet jy sorg dat jou dieet hoofsaaklik bestaan uit groente, vrugte, neute, lensies en sade. Die kwaaddoeners is vleis, alkohol, koffie en kitskos. Wat die suiker betref moet jy alle kosse wat suiker bevat vermy. Dit geld vir drinkgoed ook, vrugtesappe ingesluit. Maak groen groente die basis van jou dieet. Oefening is belangrik. Spierweefsel dien as stoorplek vir die oortollige suiker en help om die suiker en gepaardgaande insulien in jou bloed te beheer.

6 comments :

  1. Anonymous3/11/22 21:00

    My bloeduitslae wys t veel suur wat tot gvolg het dat my regter pols stokstyf minimale bewing en pynlik is wat kan ek gbruik

    ReplyDelete
  2. Anonymous4/11/22 10:46

    Ek neem aan jy het die bostaande gelees. Daarby kan mens voeg: Begin jou dag met water met 'n suurlemoenskyfie in, eet meer groen groente en oefen meer.

    ReplyDelete
  3. Anonymous18/4/23 13:41

    Goeie dag. Soek raad asb. Ek het baarmoeder en eierstok kanker
    Wat se kossekan ek eet wat nie suur in het nie asb.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/4/23 12:01

      "Vir te veel suur moet jy sorg dat jou dieet hoofsaaklik bestaan uit groente, vrugte, neute, lensies en sade. Die kwaaddoeners is vleis, alkohol, koffie en kitskos. Wat die suiker betref moet jy alle kosse wat suiker bevat vermy. Dit geld vir drinkgoed ook, vrugtesappe ingesluit. Maak groen groente die basis van jou dieet."

      Delete
  4. En vis ek vra graag hele dieet vir suur ek is n diabeete hoe colestrel hoe bloedruk hoe suurvlak in my liggaam

    ReplyDelete
  5. Hallo, Weet nie of jy bostaande gesien het nie: "Vir te veel suur moet jy sorg dat jou dieet hoofsaaklik bestaan uit groente, vrugte, neute, lensies en sade. Die kwaaddoeners is vleis, alkohol, koffie en kitskos. Wat die suiker betref moet jy alle kosse wat suiker bevat vermy. Dit geld vir drinkgoed ook, vrugtesappe ingesluit. Maak groen groente die basis van jou dieet. Oefening is belangrik. Spierweefsel dien as stoorplek vir die oortollige suiker en help om die suiker en gepaardgaande insulien in jou bloed te beheer."

    ReplyDelete