Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



31.10.23

Buisswangerskap / Ektopiese swangerskap


L skryf: "Ek wil weet my baarmoeder is verwyder, maar is daar 'n moontlikheid om 'n baba in jou eierstokke te verwek en dra?"
Antwoord:
Nee, dit is lewensgevaarlik.



Lelanie skryf: "Hoe vinnig kan 'n ginekoloog optel of dit 'n buis swangerskap is?

Antwoord:
Terwyl dit tydens jou swangerskap raakgesien sal word kom dit selde by daardie punt. Jy sal voor dit simptome toon en jou ginekoloog se daaropvolgende ondersoek sal dit as 'n buisswangerskap diagnoseer. Indien jy vantevore 'n buisswangerskap gehad het moet jou ginekoloog hiervan weet, sodat hy / sy die situasie kan monitor. Simptome waarvoor jy op die uitkyk moet wees sluit in:
  • Maagpyn of pyn in jou pelvis
  • Vaginale bloeding wat nie menstruasie is nie
  • Lighoofdigheid
  • Lae bloeddruk tydens vaginale bloeding
Jou ginekoloog sal jou dadelik wil ondersoek indien jy die bogenoemde simptome toon. Let egter daarop dat die simptome ook ander oorsake kan hê.



Vera skryf:
"Gister was ek by my ginekoloog. Hy't vir my gesê dat ek dalk 'n buisswangerskap het. Hoe gebeur dit? Hoe voorkom mens dit? Wat gebeur van hier af?"
Antwoord:
Tydens 'n buisswangerskap plant die bevrugte eiersel buite die uterus in, gewoonlik in die fallopiaanse buise. Die oorsaak hiervan is nie bekend nie. Die toestand moet betyds gediagnoseer word omdat die buise kan bars en jy dan in lewensgevaar kan wees. Daar is nie genoeg spasie in die fallopiaanse buise vir 'n baba om te ontwikkel nie.

13 comments :

  1. Anonymous22/6/12 02:18

    Help soek raat vir jolly jeuk

    ReplyDelete
  2. Anonymous11/2/13 08:21

    Ht n ektopiese swangerskap gehad 6 jaar gelede linker buis is vewyder en wil weet of ek wee kan swanger raak.Enige boere raad wt ek kan doen om swanger te raak asb.

    ReplyDelete
  3. Wat veroorsaak 'n buis swangerskap

    ReplyDelete
  4. Goeie dag. Ek sit met n vergrootte baarmoeder en ek weet nie hoekom nie. Met my 1ste swangerskap het die dr dit ook opgetel maar nou bly my maag swel dat dit lyk of ek swanger is, al is ek nie. Die dr het toe vir my gese as ek swanger gaan raak, gaan dit n buisbaba wees. My vraag is, hoe weet hulle verseker dit sal n buis swangerskak wees en wat veroorsaak my maagswelling

    ReplyDelete
  5. Goeie dag. Met my 1ste swangerskap het die dr gese my baarmoeder is baie vergroot. Nou sit ek met my maag wat heeltyd swel dat dit lyk of ek swanger is, al is ek nie. Die dr het gese dat as ek swanger raak gaan dit n buisbaba wees. My vraag is hoe weer hulle dat dit n buisbaba gaan wees en waarom swel my maag so

    ReplyDelete
  6. My buise is geknip en gebrand kan ek n buisbaba so kry

    ReplyDelete
  7. Anonymous30/3/22 07:20

    Nee, 'n baba kan nie in die buise ontwikkel nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous28/6/23 14:32

      Goeie dag ek het ook n buis swagerskap ek is 8maande swager en my baba ontwikkel baie in my buis soos n nomel baba.

      Delete
  8. Anonymous6/4/23 10:49

    Hi ek het nou so vligtig deur gelees.Ek wil ook graag iets weet.Ek is nie swanger nie maar ek is elke dag van my lewe oorweldig moeg bid die dag om ek kry verskriklike sooibrand my kos stoot baie op tot in my keel ek het af en toe hormone wat draai soos die weer ek voel opgeblaas na klein etes wat kan dit dalk wees.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/4/23 11:41

      Klink soos 'n breuk:

      http://www.boererate.com/2023/01/dieet-en-wenke-vir-n-mantelvliesbreuk.html

      Delete
  9. Anonymous17/4/23 15:37

    Helo U het gese dit klink soos ñ breuk nou 3dae trug voel my maag effens bietji geswel an di linker kant so min of meer 6cm onderkant my bors voel meer by di ribers dit het eers soos i baba se kop gevoel maar die toets se mos negatief wat kan dit wees

    ReplyDelete
  10. Anonymous17/4/23 19:12

    Helo U het gese is ñ breuk maar nou 3dae trug voel ek my maag voel effens geswel so by my ribers se kant in my linkerkant so min of meer 6cm onderkant my bors dit voel soos ñ baba se kop maar ek het di toets gdoen en is negatief so wat kan dit wees

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/4/23 11:59

      Genoem dat dit "klink" soos 'n breuk. As jy 'n knop van enige aard voel moet jy asseblief gaan vir 'n mediese ondersoek.

      Delete