Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



2.4.12

Vrae oor DIE PIL


Anoniem skryf: "Ek wil net graag uitvind, my huisdokter het Yasmin vir my voorgeskryf en verduidelik dat ek eers met die pilletjie moet begin sodra ek begin menstrueer. Die probleem is net, ek is al so 2 dae laat met my menstruasie siklus en dit maak my bekommerd, want ek sien nie kans vir 'n "ongewenste swangerskap" nie. Sal dit n probleem wees as ek met die pil begin voordat ek menstrueer of MOET ek wag todat ek begin menstrueer?"
Antwoord: Die gebruik van die pil op die stadium gaan niks verander indien bevrugting reeds plaasgevind het nie.
Volg jou dokter se raad. Indien julle intussen seks wil hê kan julle kondome gebruik.
Voorspoed!

Anoniem skryf: "Ek was vir 10 jaar op Triphasil. Toe ons besluit om met 'n gesin te begin, het ek voorbehoeding gelos en binne die 2de maand swanger geraak. My 2de kind is 17 maande daarna gebore. Ek het geborsvoed tot sy amper 2 jaar oud was. Ek het eers die mini-pil gesluk (maar gedurig vergeet!)en toe die 3 maande inspuiting gebruik. Ek het 10kg in 9 maande opgetel. Ek het toe weer die mini-pil gebruik, maar noudat sy gespeen is, is ek terug op Triphasil. Ek is 38 jaar oud. Ek wil weet of Triphasil skadelik is vir vroue bo 35 jaar? Sou u voorstel dat ek liewer 'n ander pil gebruik. Ek het ook die Mirena IUA oorweeg, maar is skrikkerig vir die newe-effekte."
Antwoord: Nie meer skadelik as enige ander pil nie. Indien Triphasil goed werk vir jou liggaam sou ek daarby hou.
Mientjie Esterhuizen skryf: "Het by apteker gehoor dat yasmine trombose kan veroorsaak en dat die pil binnekort van mark getrek gaan word. Daar is glo al gevalle waar vroue gediagonitseer is met trombose en wat al gesterf het."
Antwoord: Yasmin is nog tans beskikbaar en daar is nog nie sulke planne bekendgemaak nie.

Leeann skryf: "Ek wil net graag uitvind ... ek en my verloofde bly saam en het al wel saam geslaap een keer, met 'n kondoom, ek't nog nooit self iets gebruik nie ... en ek wil hoor of mens die pil oor die toonbank kan koop want ons het nog nie medies nie en van wanneer af kan ek dit begin gebruik? Ek is nou 20."
Antwoord: Ja, jy kan die pil by jou naaste apteek koop en jy kan dit onmiddelik begin gebruik. Vra jou apteker oor 'n voorstel vir 'n tipe pil.

Anoniem vra: "My verloofde het so 2 weke terug die pil begin gebruik. Van toe af het daar drastiese verandering in haar gemoedstoestand onstaan. Soggens voel sy nie goed nie en is kortaf en tipe van onbeskof met mense. Sy byt telkens gereeld my kop af deesdae en somtyds ontaard dit ook in 'n onnodige argument en bakleiery. Ons trou eers November 2007 en sy begin nou alreeds die pil gebruik. Is dit waar dat 'n vrou alreeds so iets soos 3 maande voor seks die pil moet begin gebruik om so swangerskap te verhoed? Ek is nie 'n kenner op die gebied nie, maar sal graag meer info wil hê omtrent die pil, die gebruiksaanwysings en watter newe effekte dit kan toon. Ek sien nie kans om dag na dag met die tipe van houdings wat sy kry saam te leef nie a.g.v die pil nie. Ek bedoel hoe kan 'n vrou behoefte hê aan seks as die PIL haar so omkrap en sleg laat voel.
Is daar dalk ander alternatiewe wat u kan aanbeveel?"
Antwoord: Ja, dit is so dat haar gemoedstoestand beïnvloed kan word, maar dit is nie die einde van die wêreld nie. Ek sou voorstel sy eksperimenteer met 'n paar handelsmerke en daar is ander vorms van geboortebeperking soos byvoorbeeld die inspuiting. Julle kan meer lees by Geboortebeperking.

Anoniem skryf :
"Ek gebruik die pil en wil net weet of dit beinvloed kan word deur gebruik van dieetpille en ek het gehoor dat seker antibiotikas dit teenwerk is dit waar?"
Antwoord:
Antibiotika kan wel die werking van die pil beïnvloed. Dieetpille behoort nie 'n probleem te wees nie, maar daar is soveel produkte op die mark dat dit amper onmoontlik is om jou 'n definitiewe antwoord te gee. Let Wel : Verwagtende vroue moet liefs nie dieetpille gebruik nie.

Wilma skryf :
"Ek gebruik die triphasil pil. Ek het gemenstrueer vanaf 10 - 14 April. Ek het toe besluit om die pil vir eers te los op die 19de April agv kopsere en moodswings wat ek kry en elke keer as ek en my man intiem verkeer kry ek seer, maw ek is droog. Op die 22ste April het ek weer begin menstrueer. Dit bekommer my, want ek weet nie of dit normaal is nie.
(ons het 'n seuntjie wat laas jaar Julie gebore is, ek het daarna vir die 1ste keer die pil begin gebruik)
Vriendelike groete"
Antwoord:
Dit is nie ongewoon nie. Die begin of ophou van die pil kan sulke gevolge hê. Jou sisteem is bietjie deurmekaar, maar sal weer na normaal terugkeer. Probeer 'n ander soort pil - praat met jou dokter of 'n suster.

Anoniem skryf:
"Ek wil net weet. Ek's 'n week op die pil. Wat is die kanse om swanger te word indien ek geen ander voorbehoed middels soos kondome gebruik nie?"
Antwoord:
Dit neem omtrent 'n week vir die pil om swangerskap effektief te verhoed. Intussen moet julle kondome gebruik.

Arné Hirschhorn skryf :
Ek wil net graag uitvind of jy dalk vir my 'n aanbeveling kan doen. Watter een van Triphasil of Nordette is die beste om te gebruik?
Antwoord :
Soos vantevore geantwoord hang dit af van persoon tot persoon. Hierdie is 'n vraag wat jy saam met jou dokter of klinieksuster moet beantwoord met inagneming van jou gesondheid.

Onseker skryf:
"Ek is op die pil (Diane) en ek en my vriend gebruik kondome ook - net om dubbel seker te maak, want ek is nog geensins reg vir 'n babatjie nie. Ek het 'n paar weke terug narkose gehad. Is dit moontlik dat die narkose negatief op die Diane kan inwerk?"
Antwoord:
Terwyl daar wel 'n invloed bestaan is dit nie van so 'n aard dat dit die werking van die pil nadelig kan beïnvloed nie.

Anoniem skryf:
"Ek en my ou het saam geslaap 2 dae voor my suklis, ek is tans op die pil en ek vat dit elke dag ( het nie gemis nie) Ek is wel 2 dae laat, ek sit wel met krampe maar daar het nog niks gebeur nie. Ek was 'n maand terug nog op die inspuiting kan dit die oor saak wees dat ek laat is op die pil? Is op Triphasil ..."
Antwoord:
Dit is onwaarskynlik dat jy swanger is. Maak egter seker en gebruik 'n kondoom wanneer julle saam slaap.
Jou silkus mag wel vir 'n tyd deurmekaar wees na die oorskakeling. Die krampe kan as gevolg van die pil wees. Gaan spreek jou dokter om seker te wees.

Anoniem skryf:
"Hi,ek wil net uitvind, ek is tans op Roaccutane vir my vel, en wil graag op die pil gaan, want daar is mense wat gevind het dat hulle puisies terug gekom het na Roaccutane, en het toe op die pil gegaan om die vel mooi te hou, maar ek wil dit ook gebruik, want ek het laat begin menstrueer st8, is nou matriek, en slaan sommer 3maande oor, ek wil 'n voorbehoed middel hê, wat nie vet maak nie, want ek weet daar is sommiges wat doen, want ek is erg oor my gewig, en is 'n model, en wil nie gewig aansit nie, en is daar wat dit nie sal doen nie? en dan wil ek ook weet, kan mens dit saam die Roaccutane gebruik, of moet ek maar wag tot ek klaar is met my voorskrif? en dan een laaste ding, na Roaccutane gaan my vel mos mooi wees, as ek dan met die pil sal begin, omdat dit dan iets nuuts in my sisteem is, gaan ek dan nie weer van voor af uitslaan nie? ek het n afspraak by my doktor, wil net jou opinie ook he, en seker van my saak maak, sal dit baie wardeer as jy sal terug kom na my toe asseblief, met soveel antwoorde as moontlik!!!!"
Antwoord:
Roaccutane kan wel veroorsaak dat sekere voorbehoedpille nie werk nie. Indien jy seksueel aktief is terwyl jy nog Roaccutane gebruik moet julle liefs 'n kondoom ook gebruik. Roaccutane moet beslis nie tydens 'n swangerskap gebruik word nie. Jou dokter behoort beter te weet oor watter voorbehoedpil aan jou wense gaan voldoen aangesien hy/sy vertroud is met jou mediese geskiedenis en toestand. Sekere voorbehoedpille help wel om aknee te verminder.


54 comments :

  1. Anonymous4/4/12 12:11

    hi , ek is op Femodene, en wil graag weet is daar dalk n voorbehoed pil wat jou nie laat gewig optel nie? ek gebruik femodene al 8jaar, sal dit skadelik wees as ek van pil verander?

    ReplyDelete
  2. Anonymous11/4/12 20:50

    Ek is nou al maand op die inspuiting en het tydens 'n antibiotika pil gedrink en t0e gemenstrueer ek vir 2 weke aan een...Ek het nou kort terug seks gehad en die kondoom het binne my gebars maar niks het agter gebly wat ek van weet nie

    ReplyDelete
  3. Ek kort hulp!!!! Ek is 18 wn m ma wil m op die pil sit moet ek of ni

    ReplyDelete
  4. Help asb. Hoe lank bly die pil in 'n mens se siklus voor dit heel uit gewerk is nadat jy hom heel gelos het?

    ReplyDelete
  5. Anonymous19/2/13 15:28

    Hello. Ek wil net weet, as mens nou al vir I jaar op die voorbehoedpil is. En kom ons se I dag voor jou menstruasie het jy en jou man seksuele omgang, sonder I kondoom. Is dit moontlik dat jy kan swanger raak?? En wanneer kan mens swanger raak indien j op die pilletjie is?

    ReplyDelete
  6. Anonymous19/2/13 15:35

    Hello. Ek wil net weet, as mens nou al vir I jaar op die voorbehoedpil is. En kom ons se I dag voor jou menstruasie het jy en jou man seksuele omgang, sonder I kondoom. Is dit moontlik dat jy kan swanger raak?? En wanneer kan mens swanger raak indien j op die pilletjie is?

    ReplyDelete
  7. Anonymous22/6/13 20:50

    Ek wil weet as jy die pil vir n hele tydperk aaneen gebruik volgens die regte prosudure en onder doter toesig kan die pil skade aan jou doen dat jy nie eendag kinders kan kry ni?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/6/13 08:56

      Jy hoef nie bang te wees nie. Gebruik dit gerus.

      Delete
  8. Anonymous30/7/13 13:44

    Ek wil net weet ek is op trigrestril pille en het nou antibiotika (pennisilin) gekry. Ek weet dis gevaarlik en sal kondome intussen gebruik. My menstruele siklus is weer oor 3 weke - so moet ek nou vir die volgende 3 weke versigtig wees tot my siklus of net week na die antibiotika of hoe werk dit? Is onseker en my dr is ent van my af asb help!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous30/7/13 13:48

      Gebruik kondome tydens die gebruik van antibiotika en vir nog 1 week nadat jy opgehou het met die antibiotika. Vir ekstra veiligheid kan jy nog 'n week bysit as jy wil. :-)

      Delete
  9. As was 2jaar en n paar maande op die depo inspuiting toe los ek dit,toe begin vloei ek aaneen geen stop gehad nie elke maand reg deur gevloei.ek het dokter toe gegaan hy het vir my op di biphasil pil gesit sodat die bloeding kan stop.toe die pil op was het ek dokter toe gegaan en toe op die oralcon pil gegaan ek het dit april maand 2013 gelos,ek is vir ses maande van dit af ek kry my maandstonde elke maand. Kan ek nog swanger raak en hoe lank vat dit vir die voorbehoedmiddels om uit te werk?

    ReplyDelete
  10. Ek was 2jaar en n paar maande op die depo inspuiting toe los ek dit,toe begin vloei ek aaneen geen stop gehad nie elke maand reg deur gevloei.ek het dokter toe gegaan hy het vir my op di biphasil pil gesit sodat die bloeding kan stop.toe die pil op was het ek dokter toe gegaan en toe op die oralcon pil gegaan ek het dit april maand 2013 gelos,ek is vir ses maande van dit af ek kry my maandstonde elke maand. Kan ek nog swanger raak en hoe lank vat dit vir die voorbehoedmiddels om uit te werk?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ja jy kan swanger raak. Dit behoort teen die tyd uit te wees, maar dis nie onmoontlik dat dit nog in jou stelsel is nie.

      Delete
  11. Anonymous1/5/14 18:43

    Ek was +-4jr op Yasmin en 21april gelos en was 17april op m tyd en na 5dae weer op m tyd en di 26april op triphasil kan ek weet oor paar haar swanger word as ek al baie lank op di voorbehoedpil

    ReplyDelete
  12. Anonymous21/5/14 08:42

    Eks op tragaisel voorbehoed pille ek wil weet hoe lank voor dat ek n gesin wil begin mt ek dit los en kan dit nadelig wees as jy dit vir so lank gebruik het en ewe skielik los ek soek graag n baba dalk in volgende jaar help asb?ek was voorheen op di 3maande spuit maar is al meer 3jr op di pil

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/5/14 09:52

      Basies is die pil na 'n dag uit jou stelsel uit, maar jou menstruele siklus neem 'n tydjie om te herstel. Ek sou so twee maande voor die tyd ophou.

      Delete
  13. Anonymous21/5/14 11:20

    Ek is 30 jaar oud ek was vir 10 jaar op Nordette toe gaan dit van die mark af ek is nou op Oralcon al vir 2 jaar so ek is al vir 12 jaar op die pil wat is my kanse vir swanger word dit is nou al vir die afgelope 4 maande wat ek my period kry dit is veronderstel om 4 dae te wees en dit is net 1 miskien 2 dae en dit is naie min en ek is sekueel aktief en gebruik en kondome nie net voorbehoed of is dit dalk dat ek besig is om in my oorgangs jare in te gaan help asseblief so gou as moontlik

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/5/14 11:38

      Alles klink normaal. Meeste vroue bloei vir 3 tot 5 dae, maar 2 dae is nie noodwendig 'n probleem nie. Indien jy nie fertiliteitsprobleme het nie sal jy wel kan swanger raak as jy die pil los. Jy is nog ver van jou oorgangsjare.

      Delete
  14. Anonymous6/8/14 13:06

    Ek wil net weet as mens die yasmin voorbehoed pil voor die tyd kan begin of moet jy hom begin drink op jou dag wat jy begin menstueer

    ReplyDelete
  15. Anonymous6/8/14 13:15

    Ek wil net graag uit vind kan mense die yasmin voorbehoed pil gbruik voorr jy nog menstrueer het of nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/9/14 13:08

      Jy kan, maar jy moet liefs twee keer dink voor jy seks het op hierdie stadium.

      Delete
  16. Anonymous12/8/14 15:04

    ek wil graag uit vind kan die pil laat n mense hoes want ek as nou al op n paar verskilde voorbehoed pilljie by die 2 de week begin ek hoes en so dra ek op hou dan gaan die hoes wag dokter se kan nie die pil wees nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/9/14 13:08

      Dink ook nie dit is die voorbehoedmiddel nie.

      Delete
  17. Anonymous18/9/14 12:58

    Halo.Ek gebruik YAZ. Ek het perongeluk dinsdag se pienk aktiewe pil i.pv. donderdag se pienk aktiewe pil gedrink. Gaan dit n verskil maak?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/9/14 15:26

      Jy behoort nog OK te wees. Gaan maar aan met die res soos gewoonlik.

      Delete
  18. Anonymous6/11/14 03:01

    Hi..ekt velede maand die 30ste September vmy eerste 2maande inspuiting gegaan..en 3weke trug nt menstrueer,ma dt was baie ligies en die week daarna het ek weer my maandstondes gekry,maar dit was meer..dus nou my derde week,ma menstrueer darm minder..was by kliniek,het Nordette pille gekry wat ek vir 21dae moet drink om bloed te stop..my volgende datum vir inspuiting is 25 November..maar wili meer inspuiting he nie...is daar n moontlikheid dat ek swanger kan raak?en hoelank vat depo om uit te trek?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit kan n paar maande vat voor die depo uit jou stelsel is.

      Delete
  19. Anonymous27/8/15 06:43

    As mens 2 maande op die pil is en jy het 2 dae die pil nie gedrink nie is dit moontlik vir swangerskap?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/9/15 13:09

      Ja dit is moontlik dat jy swager kan wees die pil kan yt werk reeds op die 2de dag

      Delete
  20. Anonymous21/9/15 12:56

    Ek is nou al 3jaar op yasmin en is aktief en gebruik nir kondome nie ek drink elke dag my pil maar nie op die selfde tyd nie is daar kans dat ek swager kan word

    ReplyDelete
  21. Anonymous21/9/15 13:04

    Ek is al 4jaar op yasmin en is aktief gebruik nie kondome nie ek drink elke dag my pil maar nie op die slefde tyd nie ek en my kerel het n glipsie gehaat vir die eerste keer in 3jaar kan ek swanger word

    ReplyDelete
  22. Anonymous13/1/16 14:41

    Ek wil graag net uitvind. Indien mens die voorbehoed pil los, raak mens se vel weer lelik??Ek is tans op Nordett? Kan dit die pil ook wees wat maak dat my borste seer maak. Ek was op triphasal en het swanger geraak op dit , na die geboorte het die Dr vir my Nordett gegee van daaraf het ek gewig op getel en seer borste reg deur die maand.

    ReplyDelete
  23. Goeie Dag

    Ek is nou 32jr en het letterlik 5 jaar trug yasmin gebruik wat 'n baie negatiewe uitwerking op my gehad het. Ek was baie moody en 'n regte liewe heksie. Ek moes dit toe los.

    Die afgelope jaar het ek vreeslik met my vel begin sukkel en is van die een antibiotika na die ander.Ek is toe voorgestel aan Ginette 35, ek het my voorskrif ontvang van die dokter maar begin egter eers oor 3 weke vloei.

    Mag mens die pil al begin geruik voor die tyd of moet ek wag vir my eerste menstruasie dag?

    Asseblief, hulp sal opreg waardeer word.


    ReplyDelete
  24. Ek is 32 jaar oud n ma van 2 ouderdom 10 en 6 het n maand terug my pil gelos en is nou 6dae laat met my tyd my??? Beplanning van my swangerskappe het 3maande gevat vir pil om uit te werk kan die swangerskap wees of dalk n ander mediese rede? Geen simotome

    ReplyDelete
  25. Anonymous14/3/17 16:56

    Kan mens swanger raak terwyl di al die Pil Jazzmin gedrink ht vir meer as n maand???

    ReplyDelete
  26. Anonymous13/7/17 10:11

    Hi ek is 26 en wil nou graag die pil los gaa daar iets gebeur as die pil nou los

    ReplyDelete
  27. Anonymous30/1/18 10:56

    hi ek wil net biejie uitvind seblief ek was vir 10 jaar op die pil Triphasil
    het hom nou gelos so maand terug ons beplan maar met n 2de eenjie sal ek sukkel om swanger teword hoelank vat dit voor hy uit gewerk is

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous30/1/18 14:15

      Sommige vroue is onmiddelik weer vrugbaar, terwyl ander so lank soos 6 maande moet wag.

      Delete
    2. Anonymous30/1/18 15:16

      baie dankie as ek mag vra soos waneer weet mens is die beste tyd om teprobeer swanger raak en is daar n middel wat mos moet drink om tehelp

      Delete
    3. Anonymous30/1/18 15:24

      Binne 'n dag of twee na ovulering. Dit is min of meer 14 dae na die eerste dag van jou laaste period; as jou siklus ongeveer 28 dae lank is. Verder moet jy net ontspan en dit geniet.

      Delete
    4. Anonymous30/1/18 15:40

      dankie baie dit help baie

      Delete
  28. Anonymous24/6/18 21:22

    My verloofde het die pil begin twee dae na Sumer haar maandstonde begin het.

    Ek het gelees dat kombinasie pille onmiddelik begin beskerm teen swangerskap indien dit binne 5dae begin gebruik word vanaf menstruasie begin het.
    Andersins sal dit normaalweg 7dae neem.


    Ek wil weet of dit waar is.

    ReplyDelete
  29. Ek het 5 mnd trug die implant uitgehaal em op yaz gegaan ek is dec 5 maande op dit en heti my menstruasie gekry nie enige raak wat dit is .

    ReplyDelete
  30. Hi ek het vergeet om my pille saam te vat na vakansie. So vir 4 Dae het ek nie pille gedrink nie. Toe ek by die huis kom toe drink ek die 4 pille gelyk. Wat Kan gebeur ek nou Baie stres vol

    ReplyDelete
  31. Hi ek wil graag weet ek was vir 6 jaar op yasmin gewees na my seuntjie se geboorte...en nou wil ons graag weer swanger raak ...het laas jaar desember die pil gelos... en ons sukkel...het raad nodig asb...

    ReplyDelete
  32. Hi ek is 66 rn het al n paar jaar osteoperose wat se pille kan ek gebruik is deertrek van pyn my hele liggaam

    ReplyDelete
  33. Goeie dag ek wil graag ietsie uitvind ek het n maand terug presies di 02 Feb my voorbehoed verander vanaf depo na di oralcon pil het my pille elke dag gedrink nooit vergeet nie.Ek het my rooi pille gedrink nog van oggend my laaste rooi pil gedrink maar ek vloei nie.Wat is die kans dat ek swanger kan wees want ek en my man het omgang gehad tydens di tyd toe ek die wit pil gedrink het.

    ReplyDelete
  34. Anonymous1/3/21 14:52

    Goeie dag ek wil graag ietsie uitvind ek het n maand terug presies di 02 Feb my voorbehoed verander vanaf depo na di oralcon pil het my pille elke dag gedrink nooit vergeet nie.Ek het my rooi pille gedrink nog van oggend my laaste rooi pil gedrink maar ek vloei nie.Wat is die kans dat ek swanger kan wees want ek en my man het omgang gehad tydens di tyd toe ek die wit pil gedrink het.

    ReplyDelete
  35. Anonymous10/4/21 09:49

    Hi ek wil graag weet eks gister op die pil gesit en waar moet ek begin want wat mense vir my se ek moet op vrydag begin en nie by die heel begin nie is dit reg?

    ReplyDelete
  36. Anonymous10/4/21 09:53

    Hi begin jy altyd van die heelbegin af al is dit nie op datum of moet jy op datum wees

    ReplyDelete
  37. Hi daar
    My kind het my triphasil pille in die hande gekry..
    En nou het ek ni meer pille nie en daar was nog vir 8 dae en my man kry eers Maandag geld

    ReplyDelete
  38. Anonymous6/10/22 18:57

    Goeie dag ek het van maandag oggend af heelweek gebruik ek die oralcon pille ..wil net weet vir houlank moet ek wag tot ek en my maat kan seks nou n jaar wat ek die 3maande inspuiting gelos het wil die pill nou probeer?

    ReplyDelete
  39. Anonymous7/10/22 09:45

    Jy moet die pil vir ten minste 'n week gebruik.

    ReplyDelete