Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



14.2.23

Oorpyn

’n Bestendige stroom helderrooi bloed uit die oor dui gewoonlik op skade aan die oortrommel.

’n Dun straaltjie strooikleurige vloeistof uit die oor is die teken van 'n gebreekte skedel. Die strooikleur word veroorsaak deur bloed wat meng met helder serebro-spinale vloeistof - behandel die besering soos vir inwendige bloeding.
Oorpyn is in die algemeen meesal die gevolg van infeksie in of naby die oor.

Middeloorontsteking kom gewoonlik by kinders voor en word veroorsaak deur kieme wat van die keel na die middeloor versprei.


Theo skryf:
"Ons het ’n tweeling (seun en dogter) van 2maande. Ek vermoed hy het oorpyn/ontsteking agv die bottelvoeding met die melk wat in sy oortjie inloop. Wat kan ek gee daarvoor?"

Antwoord:
As dit kom by babatjies moet die dokter liefs besluit oor die metode van behandeling. Ore is nie net daar vir hoor nie, maar is ook belangrike balansorgane. Talle probleme kan hier ontstaan.


Boereraat:

Vir oorpyn, sit heuning op ’n pluisie watte en steek dan in die seer oor.

♦♦♦

Vir oorpyn, meng ’n paar druppels brandewyn en 2 ml gliserien. Maak dit louwarm oor.
Gooi in die oor en sit ’n stukkie watte in. Herhaal indien nodig.

♦♦♦

Gooi warm soetolie in die oor en sit ’n pluisie in.

♦♦♦

Gooi skoon gliserien in die oor en sit ’n pluisie in.

♦♦♦

As jy ’n insek in die oor het, hou lig voor oor, die insek sal dalk uitkruip. Indien nie, gooi bietjie kookolie in die oor, die insek sal versmoor. Jy kan ’n insek ook probeer uitspoel met louwarm water.

Sien ook: Kruie vir kwale: Oorpyn

20 comments :

  1. Francois6/9/12 16:29

    Elke winter het ek las van winters ore. Wat kan ek daarvoor gebruik?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/9/12 16:30

      'n Behandeling met antibiotika is soms suksesvol.

      Delete
  2. Anonymous30/8/13 08:14

    Mag ek enige oordruppels in my seun se oor gooi wat n geskeurde oordrom en ander oor se grommet het uit geval hyt oorpyn (Aurone Forte oordruppels)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous30/8/13 08:18

      Nee! Aurone Forte kan glad nie gebruik word waar daar skeuring was nie.

      Delete
  3. Kan ek oorinveksie kry van water of wind?

    ReplyDelete
  4. Kan tande kry die oorsaak wees van n seer oortjie by n baba?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/3/18 14:27

      Ja Ursula, beslis, a.g.v. die oor se nabyheid aan die kaak.

      Delete
  5. Wat help vir binne oor pyn wat anhoudind pyn

    ReplyDelete
  6. Wat kan ek gebruik vir oorpyn

    ReplyDelete
  7. Erge oorpyn.kan glad nie hoor nie.het n klieronder kaak wat ook geswel is.help asb.

    ReplyDelete
  8. Erge oorpyn.kan glad nie hoor nie.het n klieronder kaak wat ook geswel is.help asb.

    ReplyDelete
  9. Anonymous31/5/20 09:49

    Wat kan gebruik word as honde oor infeksie het en rooihuid

    ReplyDelete
  10. Wat kan ek gebruik vir my kleinseun se ore. Dit het n vreeslike stink reuk. Hy het van kleins af probleme met sy ore

    ReplyDelete
  11. Ek het vreeslike oorsteek. Maar dit voel meer asof dit in die klier after die oor is as die oor self. Wat Kan dit moontlik wees en wat Kan Ek doen Ek raak mal van die pyn. Dis so elke 15sekondes n helse ateek

    ReplyDelete
  12. Wat kan ek gebruik my hond skud haar kop en krap dan die oortjie. Dalk oor mite?

    ReplyDelete
  13. Wat kan ek gebruik vir my hond se oor. Sy skud haar kop en krap dan die oortjie. Dalk oor mite?

    ReplyDelete
  14. Hi watvkan ek gebruik vir n gedoef in my oor en pyn en is toe

    ReplyDelete
  15. Anonymous10/9/23 17:28

    Watter raad kan ek vir oor pyn gebruik dit laat eers my tandvleis begin pyn en Dan my oor dit pyn nou Al vir twee dae sonder ophou

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/9/23 11:02

      Hierdie is simptome van 'n tandabses. Gaan sien 'n tandarts vir 'n diagnose.

      Delete
  16. wat moet ek doen as my oor baie pyn en dit voel asof my oor borrel

    ReplyDelete