Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



30.1.12

Vrae oor endometriose


Elmien vra: "Kan endomitriose weer terug keer na historektomie en verwydering van eierstokke? Het reeds 5 jaar gelede historektomie gehad en voel asof simptome terug keer."
Antwoord: Dit is baie ongewoon, maar dit is wel moontlik indien jy behandeling met estrogeen ontvang. Maak 'n afspraak by jou dokter vir 'n ordentlike diagnose. Daar is behandeling hiervoor.

Moedeloos skryf: "Ek is 20 jaar oud en het op 13 jarige ouderdom begin met blaasprobleme, op 17 het ek ook met my menstruasies begin sukkel, dit was baie ongereeld en so 15 dae baie erg met verskriklike pyn gedurende die siklus. Ek het na 2 ginekeloë gegaan waar hulle my blaas geskraap het en hulle diagnosis was dat ek n spastiese blaas het. In Matriek het die menstruasies begin erger raak, waar ek in die opvolgende jaar na n ginekeloog toe was, hy het gesê ek het endometriose en het dit toe afgebrand so 2 weke later. Ongeveer n jaar later het ek weer begin sukkel met verskriklike pyn gedurende my siklus, dit was baie ongreeld en ek het tot 52 dae gemenstrueer met so 1 tot 2 dae tussen wat dit minder raak of ophou voor dit weer begin. Ek is terug na die Ginekoloog wat vasgestel het dat die vergroeisels terug gegroei het binne die jaar tydperk en hy het dit weer afgebrand waar hy ook vir my n Mirena ingesit het - in Junie 2007 (volgens die Ginekeloog skei my baarmoeder n sekere hormoon nie af nie wat veroorsaak dat die vergroeisels terug kom en die Mirena sal die hormoon afskei wat die vergroeisels sal verhoed.)
Dit is nou 6 Maande later en die pyne het weer begin, ek is ook konstant ongemaklik in my pelvis area (dit voel opgeswel en pyn), ek moet ook baie piepie, ek is dood moeg en kry ook hoofpyne.
Alhoewel die menstruasies amper opgehou het, het ek net 'n permanente afskeiding en spotting, ek is op 28 Oktober terug na die Ginekoloog vir n opvolg ondersoek, hy het met n sonar en my simptome vasgestel dat die Mirena nie goed genoeg werk om die vergroeisels te voorkom nie en het vir my 'n inspuiting voorgeskryf wat so amper R5 000 een kos, hy sê dat die inspuiting die endometriose in hulle spore sal stop asook my simptome sal verlig.
Ek is nie heeltemal gerus nie, sou jy sê die dokter se diagnosis is reg? Ek voel soos n proefkonyn, want niks werk nie en daar is ook vir my gesê dat ek dalk nie sal kan kinders kry nie. Ek weet nie of ek dalk n tweede opinie moet kry voor ek die inspuiting neem nie?
Ek wil ook weet of dit dalk enige aard van kanker kan word aangesien dit so vinnig terug kom?
Het jy vir my enige raad?"
Antwoord: Eerstens is 'n tweede opinie nooit 'n slegte idee nie. Jy moet net onthou dat in sulke gevalle enige behandeling 'n probeerslag is en 'n soeke na iets wat vir jou spesifiek gaan werk. So bou die dokter 'n geskiedenis van jou toestand op sodat hy / sy die probleem kan isoleer en suksesvol behandel. Dit is heeltemal normaal om soos 'n proefkonyn te voel, maar weet dat dit belangrik is dat alle opsies ondersoek moet word. Ek sou nie spoke opjaag met kanker nie, maar indien jy vrae het hieroor moet jy met die ginekoloog wat jou behandel hieroor praat.

Lida Kriek skryf:
"Ek het 'n vraag, ek het endomitriose nou al vir 3 jaar, ek het dit nou in 'n erge graad, a.g.v dit het ek my 1 eierstok verloor, en nou sê my ginikoloog ek ovalueer nie, wat se boereraad het jy vir my, ek wil bitter graag swanger raak."
Antwoord:
Jy sal moet vasstel hoekom jy nie ovuleer nie en behandeling daarvoor kry voor jy dink daaraan om swanger te raak. Jy moet ook 'n poging aanwend om so gesond as moontlik te leef.

Debbie Buys skryf:
"Ek is 27 en sukkel amper 2 jaar om swanger te raak. My maandelikse siklus baie deurmekaar, ginekoloog wil nou laporoskopie doen (effense vergroeisels verwyder). Vriendin het egter voorgestel ek gaan terug op pil totdat siklus reg is waarna ek net pille oor "ovulasie-tydperk" uitlaat. Bang vir operasie en weet nie of dit regte ding is om te doen nie."
Antwoord:
Hierdie groeisels kan wel verhoed dat jy swanger raak. Die ginekoloog stel waarskynlik die beste oplossing vir jou voor. 'n Laparoskopie is 'n klein operasie. Daarna kan jy probeer swanger raak. Onthou net dat dit gewoonlik langer neem vir vroue wat hierdie groeisels gehad het. In die geval van endometriose help die voorbehoedpil 'n bietjie om die hormone te beheer van die groeisels opbou. Dit help ook om die pyn by sommige vroue te verminder.

Nita skryf:
"Ek het endometriose gehad 4 jaar terug het ek 'n dogterjie gehad maar sukkel om weer swanger te raak. Die dr sê daar is nie weer tekens van endrometriose nie. Wat kan ek doen om swanger te raak help asb!"
Antwoord:
Onvrugbaarheid ontstaan wel by 30 - 40 persent van vroue met endometriose. Indien 'n diagnose gedoen is wat met sekerheid bepaal het dat jy nie onvrugbaar is nie moet jy daarop let dat 'n gesonde lewenstyl help vir vroue wat voorheen endometriose gehad het, en natuurlik geduld. Dit kan bietjie langer neem, veral indien jy nie meer baie jonk is nie.

Wendy skryf:
"Wat is endometriose?"
Antwoord:
Endometriose is 'n aandoening waarin selle soortgelyk aan endometriumselle hulle elders in die liggaam as die uterus vestig.
Hierdie selle reageer ook op hormone en bloei tydens menstruasie. Endometriose kan pyn veroorsaak tydens menstruasie. Dit kan ook pyn tydens seks veroorsaak. Dit kom normaalweg by vrouens tussen 25 en 40 voor. Laat jou dokter 'n diagnose doen.
Daar is medikasie vir die aandoening of die selle kan chirurgies verwyder word met behulp van 'n laparoskopie.

4 comments :

  1. Anonymous8/2/12 10:17

    Ek is 37 en het endomitriose. Het 3 jaar terug n histerektomie gehad. Het ook n lae seksdrang. Gebtuik op die oomblik Solal se hormone balance. Help asb!!!

    ReplyDelete
  2. Anonymous2/1/13 01:55

    Hi ek is 17 en vir die laaste jaar kry ek erg menstruasie pyne en elke maand word dit net erger wat kan dalk voud wees

    ReplyDelete
  3. Anonymous6/6/22 08:12

    Goeie more. Wil net weet kan 'n vrou endomotriose kry na sy 'n historektomie gehad het?. Slegs my baarmoeder is verwyder maar ek het nog my eierstokke.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/8/22 07:10

      Dis ’n interessante vraag. Mens is geneig om dadelik te antwoord nee, want daar word aanvaar dat dit baarmoeder-weefsel is wat dit veroorsaak, maar ons weet nie genoeg nie.
      Daar is nog baie navorsing wat gedoen moet word, want ons weet nog nie alles oor die toestand nie. ’n Mediese suster wat hier by ons was, is van mening dat dit wel moontlik is, veral indien jy behandeling met estrogeen ontvang.

      Delete