Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.8.23

Pampoentjies

Inflammasie van die parotiskliere, wat speeksel afskei, is die kenmerkendste simptoom van pampoentjies. Eet en sluk, selfs net om jou mond oop te maak is moeilik. Koors en hoofpyn kan ook voorkom, maar die liggaamstemperatuur behoort normaal te wees na twee tot drie dae. Die swelling van die kliere behoort af te neem na ’n week, soms bietjie langer.

Behandeling bestaan uit pynmedikasie (Maak seker dit is geskik vir kinders!), rus en baie vloeistowwe.

Pampoentjies is ’n algemene siekte onder klein kindertjies, maar dit kan gevaarlik wees tydens puberteit.

Gaan spreek die dokter indien die kind se koors bo 38,5ºC styg.

93 comments :

  1. Wat is die simptome van Pampoentjies by volwasse mans?

    ReplyDelete
  2. Dit is dieselfde as by kinders nl. koors, geswelde kliere, seer keel, hoofpyn en ´n algemene gevoel van moegheid. So ´n regte griep gevoel, met erg geswelde kliere bygevoeg!

    Daar is egter meer komplikasies daaraan verbonde vir volwasse mans, en as jy vermoed dat jy dit het of in kontak daarmee was, sal jy jou dokter moet gaan sien. By sowat 25% van mans ontwikkel daar pynlike inflammasie in een of albei testes. Die testes kan kleiner as gewoonlik wees. Dit kan steriliteit in mans veroorsaak.

    Ander seldsame komplikasies is buikpyn en braking, doofheid, gesigsverlamming, artritis en rumatiekkoors.

    ReplyDelete
  3. Ek is tans 49 Jaar oud (manlik) en in die omgewing waar pampoentjies alweer hoogty vier. Ek het op 28-jarige ouderdom 4 inspuitings ontvang teen pampoentjies. Kan ek wel aangetas word.... het nog nie voorheen pampoentjies gehad nie. Dankie.

    ReplyDelete
  4. As jy ingeent is teen die spesifieke virus, behoort jy nie pampoentjies te kry nie. Indien jy egter wel tekens daarvan kry (sien vorige brief), moet jy asb dadelik ´n dokter gaan sien, aangesien dit baie gevaarlik vir volwasse mans kan wees. Sterkte!

    ReplyDelete
  5. Natalie Visser18/5/11 11:21

    My seun (12 jaar) is tans pampoentjies. Die dokter het gesê dit vat 10 dae voor hy weer gesond sal wees. Ek wil graag weet wanneer is dit aansteekbaar. Ek het nog 'n seun en wil graag weet wanneer om die volgende een sin te verwag.

    ReplyDelete
  6. Anonymous18/5/11 11:21

    Pampoentjies is aansteeklik drie dae voor die simptome voorkom tot vyf dae daarna.

    ReplyDelete
  7. Jacques Louw18/5/11 11:22

    Kan jy pampoentjies net aan die een kant van jou gesig kry.

    ReplyDelete
  8. Anonymous18/5/11 11:22

    Ja, pampoentjies kan veroorsaak dat net die een kant van jou gesig opswel.

    ReplyDelete
  9. Caroline Mongwe18/5/11 11:23

    My seun is 20 maande oud. Hy het verlede week donderdag (30/08/2007) pampoentjies gekry. Net een kant van sy gesig was geswell. Ek het hom kliniek toe gevat, hulle het vir hom anti-biotiek gegee want hulle het gesê pampoentjies kom al twee kante van die gesig gelyk. Hy was onrustig en huilirig. Toe sê die suster pampoentjies is nie seer nie. Maar ek is 100% sekker dit is pampoentjies. Wanneer kan hy weer kleuterskool toe gaan.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/2/23 18:06

      nie seer nie,hoop sy kry dit dan en sien hoe nie seer dit is,ga!!!

      Delete
  10. Anonymous18/5/11 11:23

    Pampoentjies kan wel net aan die een kant van die gesig voorkom wanneer die inflammasie net in die een parotisklier voorkom. So 'n week na sy swelling verdwyn behoort hy veilig te wees vir die kleuterskool.

    ReplyDelete
  11. Yolandi Pienaar18/5/11 11:24

    Is daar enige iets wat die kind nie moet doen of eet terwyl hy pampoentjies het nie? Hoe behandel ek dit?

    ReplyDelete
  12. Anonymous18/5/11 11:24

    Kleinding moet rustig wees (soms moeilik vir woelwaters), gee baie vloeistowwe en, indien nodig, 'n pynstiller (parasetamol - NIE aspirien NIE). Rooibostee en water is die beste vloeistowwe om te gee. 'n Koue lappie op die geswelde kiere af en toe is baie welkom. Moet nie kos gee wat 'n gekouery gaan verg nie en vermy vrugte met 'n hoë suurinhoud.

    ReplyDelete
  13. Anonymous4/11/11 09:43

    mag ek bad? rook? Ek is 29 jaar oud (f)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/2/12 10:24

      Daar is mense wat sweer dat 'n louwarm bad met 'n bietjie kamfer en tiemie help om simptome te verlig.

      Rook is altyd sleg vir jou.

      Delete
  14. Help my asseblief, my seun is 7jaar oud, koors van saterdag, dis nou dinsdag, met 'n nek pyn, so asof die nek verslaap het, daar is verseker kliere geswel in sy nek, maar nie groot nie net hard, hy kry kopseer en koue koors,,,, kan dit pampoentjies wees? Dr se moontlik 'n virus, maar geen behandeling of verduideliking gegee nie?

    ReplyDelete
  15. Anonymous13/1/13 18:53

    Hi. Ek is 24 vroulik en sit met pampoentjies an my regterkant. Wil net weet of dit veronderstel is om so baie te jeuk??? Ek het die pampoentjies nou 2 dae en dit ongelooflik seer. Dankie

    ReplyDelete
  16. Anonymous25/3/13 11:56

    38 jaar oue man wat met alewig geswelde kliere agter die ore/reg onder die kaakbeen sit. Ek het al alle antibiotikas gebruik maar dit bly terugkeer.
    Ek het ook al alle toetse, incl HIV en alergiee gedoen. Alles was goed.

    Wat stel u voor, wat kan ek doen?

    ReplyDelete
  17. Anonymous15/5/13 14:39

    Hi!ek twee klein kliere agter elke oor wat seer was vi twee dae,ek n ligte koors ook gehad maar dit het ni lank gehou ni.ek voel glad ni mee siek ni maar di kliere is ngsteeds da.ekt nog nooit van tevore so iets oorgekom ni.ekt onlangs a baba gehad,en di dokters het gese di kateter wat hule op my gebruik het kan infeksie maak.ek was op amoxil maar na n tydjie het di infeksie begin,ekt pyn gehad my uriene uit kom.dit was net vi a dag so en wee weg.kan dit dalk iets te doen het met di kliere?wanr ek weet kliere is a teken van infeksie iewers in di liggaam

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/5/13 08:41

      Jy is reg, dit is gewoonlik 'n teken van infeksie iewers in die liggaam. As dit nie weggaan nie moet jy beslis weer 'n dokter se mening kry, want dit kan soms 'n teken wees dat daar 'n fout is wat MOET aandag kry. Die amoxil is 'n tipe antibiotika wat bakterie beveg - waarskynlik voorgeskryf vir jou blaasinfeksie en dit klink asof dit daardie werk gedoen het. Gaan spreek jou dokter.

      Delete
  18. Anonymous7/6/13 10:15

    My Mammie is 68 jaar oud en het pampoentjies is dit normaal - sy se sy het nog nooit pampoentjies gehad nie - sjoe behoort ek bekommerd te wees maar al die tekens soos op die ander artikels is presies wat sy het - is nogal bekommerd het gereig om haar dokter toe te vat maar sy weier - kan iemand raad gee of my net gerus stel asb?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous7/6/13 11:04

      Jy moet ten minste haar temeperatuur dophou. Haar liggaamstemperatuur behoort na 3 dae normal te wees. Hou haar koors dop, as dit oor 38,5 ggrade gaan ontbied jy dadelik die dokter, oor 40 ontbied jy die ambulans. Hoop dit help!

      Delete
    2. Anonymous7/6/13 12:19

      Baie Dankie ek sal so maak :-)

      Delete
  19. Wat kan gebruik word Om die swelling vinnig te laat sak

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/9/13 09:36

      Sit 'n koue lappie op af en toe. Moet ook nie kos gee wat baie kouwerk vereis nie - en onthou baie vloeistowwe - rooibostee en water.

      Delete
  20. Anonymous8/4/14 08:41

    Hallo my seun is 10 en het pampoentji ek wil weet kan hy bad?die dr het hom vit C gegee om te drink ma hy het ook griep saam die pampoentji gekry

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/5/14 14:23

      Hy kan maar bad. Gee baie vloeistowwe en, indien nodig, 'n pynstiller (parasetamol - NIE aspirien NIE). Rooibostee en water is die beste vloeistowwe om te gee. 'n Koue lappie op die geswelde kiere af en toe is baie welkom. Moet nie kos gee wat 'n gekouery gaan verg nie en vermy vrugte met 'n hoë suurinhoud. Hou ook sy koors fyn dop - baie belangrik! Vat hom dadelik hospitaal toe indien dit bo 38,5ºC styg.

      Delete
    2. Anonymous26/5/23 17:48

      Goeie naand my meisiekind is 6 Jaar oud en het pampoentjies en het ha by di dokter gehaad en ek het gevra of ek haar kan bad toe se Hy nee ek mag haar nie bad nie want dit kan terug slaan so ek weet nie wat Hy daarby bedoel nie so ek wil net 100% seker maak of ek haar wel kan bad

      Delete
    3. Anonymous29/5/23 09:51

      Jy kan haar maar bad.

      Delete
  21. Anonymous13/4/14 21:45

    Hi ek vermoed ek het pampoentjies. Dis baie seer tot agter my ore en lekker geswel. Ek is 35 en vroulik is dit gevaarlik vir vrouens ook om my ouderdom ek het dit al gehad toe jonger was net aan eenkant maar nou voel dit soos albei kant het ook koors en lyfseer en bly moeg.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/6/14 13:08

      Dit is veilig om behandeling te kry - al is dit nie noodwendig baie gevaarlik vir jou nie.

      Delete
  22. Anonymous19/6/14 08:35

    My man het al pampoentjies gehad maar het nou die tipiese simptome van pampoentjies. Kan mens meer as een keer dit kry?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/6/14 13:12

      Gewoonlik nie, maar dit is moontlik.

      Delete
  23. Anonymous24/6/14 15:36

    Is pampoentjies gevaarlik tydens swangerskap?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/6/14 13:14

      Ja, dit hou potensieel gevaar in vir swanger vroue.

      Delete
  24. My seuntjie is nou 8 jaar oud en wys simptome van pampoentjies. My dogtertjie is 11 weke oud kan sy ook pampoentjies kry? En is dit n gevaar vir haar as dit wel aansteeklik is?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/9/14 09:07

      Ja Lizette, sy kan pampoentjies kry. Daar behoort nie enige gevaar vir haar te wees nie, maar dit is altyd goed om 'n kind met pampoentjies dokter toe te neem.

      Delete
  25. Anonymous4/11/14 17:27

    Hi ek is vyf en twintig vrou ek het kliere agter my ore en ook langs die kante van my nek ek voel ook koorsig wat is dit en help my asseblief

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die simptome is ongelukkig baie algemeen. Jy sal meer besonderhede moet verskaf.

      Delete
  26. Anonymous6/12/14 18:42

    Kan mens pampoentjies kry dmv n soen?

    ReplyDelete
  27. Anonymous5/4/15 19:40

    Hi, Ek het n erg pyn in my regter oor en oor my hele regter wang. As my tande mekaar raak dan kry ek n steekpyn in my regter wang. Plus die regterdeel van my gesig voel styf. Is dit pampoentjies en hoe kan ek dit vinnig laat weggaan?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/4/15 12:16

      Dit kan wees, maar daar kan ook ande oorsake wees. Gaan eerder dokter toe.

      Delete
  28. Anonymous7/4/15 09:56

    As my dogter laasweek Vrydag begin opswel het in haar nek en gesig en gister met pampoenjties gediagnoseer is en swelling gister op sy ergste was, gereed saterdag sal wees vir 'n onderhoud? sal die swelsel teen vrydag al heelwat gesak het?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/4/15 12:19

      Dit sak gewoonlik na 'n week. Sy behoort ook reeds beter te voel.

      Delete
  29. My seuntjie van 2 het pampoentjies. Sy kliere het Satredag begin swel en die swelling is tans nogsteeds. Sy koors is nogsteeds hoog met tye. Ek gee pyn/koors medikasie soos voorgeskryf deur ons huisdokter, maar is bang omrede sy koors nie regtig stabiliseer nie. Enige raad of nog meer inligting rondom hierdie sal ek baie waardeer.

    ReplyDelete
  30. My seuntjie van 2 het pampoentjies. Sy kliere het Satredag begin swel en die swelling is tans nogsteeds. Sy koors is nogsteeds hoog met tye. Ek gee pyn/koors medikasie soos voorgeskryf deur ons huisdokter, maar is bang omrede sy koors nie regtig stabiliseer nie. Enige raad of nog meer inligting rondom hierdie sal ek baie waardeer.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi my seun het pampoentjies kan ek die waaier op hom blaas vir sy koors

      Delete
    2. My seun het pampoentjies kan ek die waaier op hom blaas???

      Delete
    3. My seun het pampoentjies kan ek die waaier op hom blaas???

      Delete
    4. Hi my seun het pampoentjies kan ek die waaier op hom blaas vir sy koors

      Delete
  31. As jy al pampoeintjies gehad het kan jy dt weer kry?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/7/16 09:04

      Mens kry dit nie sommer 'n tweede keer nie, maar dit is wel moontlik.

      Delete
  32. Anonymous19/7/16 19:50

    My vriendin se dogtertjie het pampoeintjies gehaad laas week. Ek het slegs met die ma in aanraking gekom en nie die kind nie. Nou is al die kliere in die regterkant van my gesig seer sowel as my spoeg klier. Ek kan skaats sluk en ek is heeltyd moeg en seer. Kan dit wees dat ek dit ook nou gekry het?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/7/16 09:05

      Dit klink so. Gaan sien jou dokter en hou jou oog op jou temperatuur.

      Delete
    2. Anonymous7/9/16 19:05

      Hi ek wil graag weet ekt nou vir 'n week pampoentjies. Die swel sit nog hier. Maar ek wil graag my hare was. Mag ek. Eks 32 jaar oud kan dit my lewe in gevaar sit.

      Delete
    3. Anonymous8/9/16 07:55

      Jy kan maar jou hare was.

      Delete
  33. Hi...ek het die heel naweek genies en gehoes (asof ek verkoue het) .. toe gister het ek n vreeslike pyn gekry in my regterkant se wang en agter my oor as ek eet... toe lê ek gister aand so uur in lou water .. en vanoggend het ek geen pyn nie my wang is net geswel .. kan dit pampoentjies wees?

    ReplyDelete
  34. Hi julle ek het die heel naweek genies en hoes so asof ek verkoue het .. my neus het ook geloop .. gister toe kry ek n ongelooflike pyn agter my oor en onder my regterkant se wang ..dit is geswel tot onder my oog maar nie baie erg nie . Vanoggend toe staan ek op met geen pyn nie . Ek het gister assyn gedrink om te toets of dit pampoentjies is en toe het dit baie styf getrek .. is dit moontelik dat ek vandag geen pyn ervaar nie? .. en klink dit soos pampoentjie

    ReplyDelete
  35. Anonymous30/7/17 08:48

    Goeie more,,my kleinseun 11 jaar kla sy testekels is seer,,,maar geen koors nie ,,die apteker se paar gevalle gehad van seuns met dieselfde simptome en dat daar pampoentjies in skole is,,,kan dit probleme veroorsaak ,,,my dogter weet nie of ook dalk blaasinfeksie is nie,,,kan pampoentjies hom benadeel as in sy testekels is? Hoe kan my dogter behandel behalwe parasetamol?

    ReplyDelete
  36. Goeie more, my man het pampoentjies gehad dis nou al 2 weke van gister af pyn sy lies sy testes is op geswel en baie seer hy gaan dr toe want was reeds al op antibiotika sodat dit nie gebeur nie wat kan ons anders doen as die dr raad volg?

    ReplyDelete
  37. Dit is belangrik om die dokter se raad te volg. Daar kan komplikasies wees vir volwasse mans. Verder moet hy net rus en genoeg vloeistof neem.

    ReplyDelete
  38. Anonymous1/3/18 12:09

    Goeie dag ek is 25 jaar en my dagterjie drink aan my en my borste is seer watse gevolg kan op my dogter he ...enas ek wil mall toe gn kan ek op die wind loop mwt die siek

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/3/18 14:55

      Jou dogter het waarskynlik reeds immuniteit ontwikkel daarteen omdat sy aan jou drink. Jy moet verkieslik rus met die siekte.

      Delete
  39. Mag 'n kind van 2 bad wat die 12de April met pampoentjies gediagnoseer is ? Gehoor hulle mag nie bad nie dit slaan terug ?

    ReplyDelete
  40. Mag ek my kind bad as sy pampoentjies het?

    ReplyDelete
  41. My twee dogters 12 en 3 jaar oud het albei pampoentjies kan hulle bad of is dit gevaarlik om te bad as jy pampoentjies het.

    ReplyDelete
  42. My dogter het pampoentjies wat Kan ek gebruik vir die gejeuk

    ReplyDelete
  43. My seuntjie 4jaar oud het sat oggend ure pampoentjies gekry...ek solank kamferolie en kenneblare opgesit...ek weeti wat om te doen nie eerste keer wat ek met my kind so iets ervaar my dogter heti dit gekry nie

    ReplyDelete
  44. Hello my dogertjie is 11 jaar oud en het al laas week Dinsdag siek geword. Teen Saterdag het haar regter kants te klier agter die oor opgeswel. Het haar nou Maandag 26/08/19 by die dokter gehad hy se dit is net keel infeksie. Gister het sy begin kla oor haar oor wat baie pyn. Wil net weet hoe gaan ek weet of dit nou nie dalk pampoentjies is nie.

    ReplyDelete
  45. Wat veroorsaak dat die testikels ook swelsel en infeksie toon.

    ReplyDelete
  46. Anonymous27/6/22 12:33

    Kan mens pampoentjies meer as een keer kry

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous13/8/22 10:23

      Gewoonlik nie, maar dit is moontlik.

      Delete
  47. Anonymous25/3/23 22:05

    Een Kan van my gesig is op geswel in binne kant van my mond ook wat Kan ek doen daar aan wat Kan dit wees

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous29/3/23 10:13

      Dit kan een van verskeie dinge wees. Kry 'n mediese diagnose, veral indien jy 'n volwassene is en vermoed jy het pampoentjies.

      Delete
  48. Anonymous9/5/23 20:14

    Hi ek is 29 jaar oud en is tans 26 weke swanger. My dogtertjie het pampoentjies. Ek wil net weet of dit enige gevaar vir my en ons o gebore baba kan inhou. Ons vermoed ook dat sy vir pappa en boetie aangesteek hst

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/5/23 08:40

      Ja, dit hou potensieel 'n gevaar in vir swanger vroue.

      Delete
  49. Anonymous17/5/23 22:30

    Hi, my kind het pampoentjies En ha neus het net begin bloei?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/5/23 10:18

      Dit het nie noodwendig iets met die pampoentjies te doen nie. Jy kan haar dokter toe neem net om veilig te wees. As sy 'n tiener is moet jy haar beslis neem.

      Delete
  50. Anonymous3/6/23 18:35

    My dogter is 16 sy kla van kopseer en haar nek wat seer is sy se haar keel is net seer as sy sluk is dit pampoentjie en as sy ha kop draai is dit ook seer

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous5/6/23 08:54

      Kyk of die kliere in haar nek geswel is. Dit is 'n uitstaande kenmerk van die siekte. Neem haar in alle geval dokter toe. Sulke siektes kan erger wees in puberteit.

      Delete
  51. Anonymous13/6/23 20:21

    My dogter is 7 die pampoentjies loop sy rondte in Mpumalanga. Ek Wil weet syt haar 6 Jaar sluit gemis Vir Pampoene, wanneer Kan sy Gaan Vir daai spuit.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/6/23 11:04

      Sy kan steeds gaan vir daardie inenting. Dit is nie te laat nie.

      Delete
  52. Anonymous29/6/23 08:54

    My kind is 5 jaar oud en elke keer wanneer hy iets drink of eet dan braak hy alles uit.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous3/7/23 11:20

      Vat hom asseblief vir 'n mediese ondersoek.

      Delete
  53. Anonymous1/7/23 20:56

    Goeie naand
    Ek is 'n man van 37 het nou al n week pampoentjies en wil net weet of ek mag gaan bad ek het nou al die hele tyd net die nodige gewas

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous3/7/23 11:18

      Jy kan maar gaan bad. Volwassenes moet versigtig wees wanneer hulle pampoentjies het. Gaan sien die dokter indien jy buitengewoon siek voel.

      Delete
  54. Anonymous11/7/23 10:22

    my skoondogter ios nou 20 sy het pampoentjies kan sy bad sy kla net haar nek voel styf .

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/7/23 10:14

      Sy kan bad. Mens moet egter altyd baie versigtig wees met pampoentjies op daardie ouderdom. Dis altyd veiliger om 'n mediese ondersoek te ondergaan.

      Delete
  55. Anonymous22/7/23 09:04

    Wat kan ek doen/gebruik om die swelsel te laat sak? Ek het dit sover nog net aan die een kant.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/7/23 10:29

      Daar is nie veel wat mens kan doen nie. Hou net bietjie uit. Dit neem omtrent 'n week voor dit weer herstel.

      Delete