Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



25.10.10

Wat om met stres te maak

30 punte wat jou sal help om stres te hanteer.

Wees positief - sien probleme as geleenthede.
Beoefen 'n sportsoort.
Praat oor jou probleme met iemand.
Vind uit wat presies jou stres veroorsaak en probeer dit elimineer.
Oefen en word fiks.
Balanseer werk en familie.
Geniet jou vrye tyd.
Kry genoeg slaap.
Rus genoeg.
Leer 'n paar ontspanningstegnieke.
Gun jouself tyd om na te dink voor jy besluite neem.
Ken jou beperkinge. Leer om nee te sê.
Maak jou pas stadiger.
Bekommer jou net oor dit wat jy kan verander. Aanvaar dit wat jy nie kan verander nie.
Gebruik jou verbeelding om jou stres te verminder. Wees kreatief.
Moenie tuis aan werk dink nie.
Eet gesond.
Beplan jou tyd beter.
Aanvaar ander se beperkinge.
Dink aan hoe jy jou werk meer kan geniet.
Gee ander krediet en wees positief.
Leer om te aanvaar en te vergewe.
Vermy onnodige kompetisie. Jy kan nie in alles die beste wees nie.
Leer om ander te vertrou.
Aanvaar ander persoonlikhede.
Aanvaar dat alles wat vir jou belangrik is nie noodwendig vir ander belangrik is nie.
Delegeer
Leer hoe om stres te sien aankom.
Aanvaar dat nder jou van hulp kan wees.

En maak nie saak hoe swak jou situasie is nie ...
Glo in jouself en jou skepper / heelal. Iewers is daar 'n plan vir jou lewe.

bydrae: Craig Lock

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

2 comments :

  1. Anonymous8/2/12 10:28

    eutimies & apsigoties
    Verduidelik asb wat dit beteken

    ReplyDelete
  2. baie dankie vir raad ek gaan van vandag af dit beoefen

    ReplyDelete