Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



4.10.10

Endometriose

Endometriose is ’n toestand waartydens selle, soortgelyk aan die waarmee die baarmoeder uitgevoer is, hulle elders in die liggaam van die pasiënt vestig.

Hierdie selle tree op asof hulle steeds in die uterus is, hulle reageer op hormonale verandering en bloei gedurende menstruasie.

Endometriose kan pyn veroorsaak tydens menstruasie, of selfs tydens ovulasie of seks. Daar kan ook geen simptome wees nie. Onvrugbaarheid is egter een van die gevolge - dit gebeur by tot 40% van vroue. Gaan spreek jou dokter sodra jy vermoed jy het dit onder lede.

’n Diagnose word gemaak met ’n laparoskopie - ’n buis met ’n piepklein kameratjie word net onder die naeltjie ingesteek om die bekkenholte te verken.

Medikasie kan die probleem (letterlik) oplos of soms is chirurgie nodig. Dit kan só vererger dat aangetaste organe verwyder moet word.

Endometriose kan nie suksesvol voorkom word nie, maar ’n goeie lewenstyl, die gebruik van die voorbehoedpil en self swangerskap help om dit te verhoed.

8 comments :

  1. Anonymous7/10/10 14:34

    Ek het in April gegaan vir 'n laparoskopie omrede dokter gesien het een van my buise is vol vog. My een buis is erg beskadig omrede ek die loop ingehad het. Dokter het dit nie reg gemaak nie omrede dit te veel beskadig is. Tydens die operasie het dokter gesien daar is 1 endomitriose aan my een eierstok en dit verwyder. Ek het die maand weer erg gemenstrueer en erg lae rug pyn na die tyd. Wat is die simtome van endomitriose.

    ReplyDelete
  2. Anonymous13/2/11 23:42

    Ek was verlede jaar mei vir 'n laparoskopie en is gediagnoseer met endo. My ginekoloog se dat my endo level 2 is. ek het net tydens ovulasie steek pyne by my eierstokke. dis ook nie elkemaand dieselfde kant nie. ons probeer nou vir baba nr 2 het vorige keer binne 3 maande swanger geraak. hoop dit gaan die keer weer so gou wees. maar ek is bekommerd oor die langtermyn van endo. wat doen ek om dit te verminder of te stop?

    ReplyDelete
  3. Anonymous14/2/11 10:42

    Na jou swangerskap kan jy met jou dokter praat oor medikasie wat die produksie van sekere hormone staak en die endo afsettings so laat oplos. 'n Gesonde leefstyl, met oefening, help ook.

    ReplyDelete
  4. Anonymous7/4/11 09:54

    ek het ood die 3 mrt n laparoskopi ondergaan, met n sist van 6cm groot, was noodoperasie, toe ek uit die teater kom, het ek ook slegte nuus gekry dat ek moet gaan vir endo. so ek word nou die 3 Mei gedoen met die vergroeisels op my derms. enige iemand wat dit al beleef het of ondergaan het, vertel my bietjie meer asb. eks vreeslik baie bang.

    ReplyDelete
  5. Anonymous15/6/11 16:54

    Ek is 'n jaar terug gediagnoseer met Endometriose Gynae het Laparoskopie voorgestel(op my 30ste verjaarsdag nogal gegaan vir 'n Laporoskopie)Daarna is ek met behandeling: inspuitings en medikasie vir ovuliasie, omdat ons baie graag wil swanger raak maar ongelukkig ovuleer ek nie self nie. 'n Jaar is nou al verby en nog geen sukses nie. Was 2 weke terug vir my jaarlikse ondersoek (en omdat ek weer verskriklike pyne ervaar het) nie net met maandstonde nie maar sommer deur die maand. Gynae het gevind dat ek infeksie binne baarmoeder het a.g.v. endo. Moet nou vir 3 maande Post ovals drink omdat hy nie die pil kan voorskryf vir my nie want ons wil mos swanger raak. As iemand ook deur dieselfde gaan sal wil meer uitvind wat jul ervaar en of doen om jul simptome te verbeter en raad vir swanger raak...

    ReplyDelete
  6. Anonymous23/6/11 10:59

    Die beste raad vir jou is om nie te probeer dink aan swanger raak nie - dan gebeur dit makliker.

    ReplyDelete
  7. Anonymous11/1/12 16:02

    Ek sukkel al van baie jong ouderdom af met endometriose het gesukkel om swanger te raak, en na my eerste kind (was 1 jaar oud) was die so erg dat dit tot op my ander organe was meeste van dit is verwyder en dr het my gehelp om swanger te raak vir 2de keer. Ek is nou 32 jaar oud met my laaste ondersoek het dr vir my gese ek het `n miome en dat die beste sal wees om dit of te verwyder of om histerektomie te doen. Ek kan nie op voorbehoeding gaan nie dit maak my baie siek ek hou glad nie op menstrueer nie. Op die staduim het dit baie groot invloed op my huwelik wat is die beste raad vir iemand in my posisie??

    ReplyDelete
  8. Anonymous31/5/12 15:50

    Wat is die simtome van endometriose? Ek sukkel met 'n sekere pyn ook net as ek moet menstrueer, of as ek seks het hulle het eers vermoed dis 'n neuroom na my seuntjie se geboorte dit verwyder en pyn hou net nie op nie, die gewone GP sê hy vermoed dit is dit. ek wil net weet ek is baie moeg kan nie my oë oop hou nie sukkel met lae rug pyn en hoofpyn. die pyn is in my buik regter kan amper by my eierstok en dit voel soos 'n skerp steek pyn dis seer as ek hoes nies of lag en partykeer is dit so erg dat ek nie kan loop nie. kan iemand my sê of my simtome soortgelyk is.

    ReplyDelete