Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.9.10

Histerektomie

'n Histerektomie is die chirurgiese verwydering van die baarmoeder.

6 comments :

  1. Wat is die verskil tussen 'n histerektomie en sterilisasie, en op ouderdom 40, watter van die 2 is die beste opsies, in ag geneem ek is redelik skrikkerig vir hormonale wanbalans, optel van gewig, ens.

    ReplyDelete
  2. Daar is 'n groot verskil tussen die twee. Met 'n sterilisasie, word die buise wat die eierselletjie vervoer sodat bevrugting kan plaasvind, afgebind of geknip. Dit voorkom dan swangerskap deurdat die sperm en die eiersel nie by mekaar kan uitkom vir bevrugting nie. Die baarmoeder is steeds daar en menstruasie vind nog plaas.

    'n Histerektomie is die verwydering van die baarmoeder. Die ovaria (waar die eierselletjies gestoor word) bly agter. Geen menstruasie vind meer plaas nie.

    In beide gevalle sal die ovaria steeds aktief bly. Die tydperk hang af van mens tot mens. Hierdie ovaria se ander funksie is om hormone af te skei, en terwyl dit aktief is, sal die hormone 'n balans handhaaf. Onthou egter dat na veertig, die ovaria geleidelik begin om minder hormone af te skei, selfs al het jy nie 'n sterilisasie of 'n histerektomie gehad nie, en begin jy in menopouse ingaan. Die hormonale veranderinge en optel van gewig is dus op hierdie staduim nie regtig van belang nie, aangesien dit in elk geval gaan gebeur....ongelukkig!

    Ek weet nie of jy probleme met menstruasie het nie, en daarom het die dokter moontlik voorgestel dat jy 'n histerektomie ondergaan. Dit is egter jou keuse. As jy jonger was, sou ek voorstel dat jy eerder kyk na 'n sterilisasie. Hoop ek het jou vraag goed genoeg geantwoord. Indien jy nog wil weet, vra gerus.

    ReplyDelete
  3. Anonymous28/9/10 12:25

    Ek is onlangs vir die tweede keer getroud en dit gaan baie goed met die intieme sy van ons huwelik (al is ek 56 en hy 59). Ek sou dit nie graag wou verloor nie. Ek het drie groot babas natuurlik gebaar, maar nou het ek egter 'n probleem met 'n uitsakkende vaginawand of blaas. Ek het al gegaan om dit te laat opereer maar die dr. se bevinding was dat dit nie sal werk solank ek nog my baarmoeder het nie. Hy het my toe nie ge-opereer nie want ek het pertinent gesê ek wil nie graag my uterus verloor nie. Ek het eenmaal op TV 'n dokumentêre program gesien waar verskeie vroue beweer het dat hulle hul libido verloor het na so 'n gedeeltelike histerektomie (waar net die uterus verwyder is). My ginekoloog sê dis snert - wat is u mening?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Menige ginekoloog is mans - dkokter die teorie en lewensware feite verskil ook van persoon tot persoon. Na my histerektomie het ek gloede, laer seksdrang en seksbevrediging - dit voel of daar iets skort....... ek is 'n normale mens wat feitlik geen medikasie gebruik en ek verbeel my NIE....... Die histerektomie het baie plesier uit my lewe geneem - 6 maande daarna het ek OUD, oud oud gevoel........ Ek sal dit vir niemand aanbeveel as dit nie werklik nodig is nie!

      Delete
  4. Anonymous28/9/10 12:26

    Indien daar 'n probleem opduik sal dit eenvoudig hormonaal van aard wees. Iets wat reggestel kan word. Gegewe jou ouderdom moet mens saamstem met jou dokter. Kry 'n tweede opinie indien jy twyfel.

    ReplyDelete
  5. Ek het 3mnd GELEDE n HISTEREKTOMIE OPERASIE GEHAD HET NOG SOMS PYNE EN VAGINEINFEKSIE.IS DIT NORMAL OF IS DAAR RAAT ASB.

    ReplyDelete