Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



2.8.10

Skouerontwrigting

´n Verskuiwing van die boonste gedeelte van die arm kan ontstaan as die skouer aan ´n hewige slag blootgestel word.

Soek onmiddelik mediese hulp.

2 comments :

  1. Ek het jare terug my regter skouer seergemaak van twee keer se val van `n perd. Die 10 de Mei die jaar het ek gegaan vir `n operasie op my skouer en soos ek voel sonder sukses. Die skouerbeen is verkort wat die skouerknop begin stukkend skaaf het. So twee weke na die operasie het ek verskriklike spierspasma in my nek ontwikkel wat my ergere hoofpyne begin gee het, en ek bly naar. Ek is verwys na `n fisioterapeut en na 12 afsprake het ek begin moed opgee, want dit het net tydelike verligting gebring. Deesdae strek die pyn tot in die elmboog en my skouer bly `n brand en swaar gevoel gee. Ek voel al soos `n verslaafde van al die pynpille wat ook net tydelike verligting bring, het dit aan my dokter genoem.
    Ek was nooit `n sieklike mens gewees nie,maar deesdae voel ek soos `n sieklike afgetredene, ek is maar 40 jaar oud.My orteopeut se dit is `n stormagtige herstel en my huis dokter skryf dit toe aan stres. Die grootste stres wat ek ervaar is dat my mediese fonds uitgeput word en ek voel nog nie beter nie, net slegter.
    Ek wil nie `n dokter gaan sien, anti depressante in die hand gestop word wat ek nie nodig het nie en die ander een jou laat verstaan hy het sy werk reg gedoen en ek moet net my kop regkry nie. Ek moet erken beide hierdie dokters is baie goed, maar waar lê die probleem, by die pasient se kop wat nie reg is nie of chroniese toegeskryfde stresverwante omdat ons lewe so gejaagd is of wat.
    Miskien moet ek tog my kop gaan laat lees, want ek kan nie so verder sukkel nie. Suster het jy dalk vir my enige raad.

    ReplyDelete
  2. Anonymous5/8/10 08:34

    Dit is waarskynlik so bietjie van alles. So 'n besering kan traumaties wees en die periode van herstel is nie altyd maklik nie. Boonop is daar gewoonlik nog ander stres in ons lewens waarmee ons moet sukkel. Ek dink 'n goeie begin sal wees indien jy gaan ondesoek instel na maniere om stres in jou lewe te verminder. Ontspanningsoefeninge behoort ook vir jou te help.

    ReplyDelete