Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



13.11.15

Snye en skrape

Was klein snytjies met seep en water en bedek met ´n steriele gaasbedekking. Die meeste klein wonde sal na ´n minuut of wat ophou bloei met ligte lokale drukking. In die geval van dieper snye moet voorwerpe wat in die wond vassit nie mee gepeuter word nie. Druk ´n skoon lap of gaas op die wond of om die rand daarvan vir 10-15 minute. Vermeerder druk indien die bloeding voortduur. Hou die beseerde gedeelte hoër as die res van die liggaam om die bloed in die rigting van die hart te laat vloei.

Maak die persoon so gerieflik moontlik, maar moenie vir hom of haar iets te ete of drinke gee nie. Sodra die bloeding gestop het, verwyder die bedekking en enige vuilheid. Gebruik ´n seperige lappie en warm water om die wond versigtig met uitwaartse bewegings te reinig. Droog sagkens rondom die wond af en bedek met ´n skoon lap. Bedek dan met ´n pleister of verband.

Sorg dat die persoon mediese hulp kry indien die bloeding ernstig is, indien die bloed uitspuit, indien die bloeding nie afneem en ophou nie, indien die snye diep is met gapende rande en in geval van punktuurwonde of infeksie.

2 comments :

  1. Anonymous20/6/12 10:54

    Ek het n n sny onder my regter voet opgedoen so ongeveer n maand gelede,dit was nog al die pad seer maar ek kon nie sien dat daar nog iets in is nie,nou het ek n kliere wat opgeswel is in my luus van my regter been,ek het die wond onder my voet gedruk en eter het uit gekom?is dit nodig dat ek n dokter gaan sien?en aan my linker been agter my patella is daar n pyn as ek loop

    ReplyDelete
  2. Jammer ek pla. My seuntjie het vandag sy voet met n yster oop gesny ons het dit skoon gemaak met sout en detol en toe gemaline salf op gesit. Nou se hy sy voet voel snaaks en pyn baie. Moet ek bekomerd wees?

    ReplyDelete