Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



26.3.10

Hoes

Hoes is die vinnige uitstoot van ingeasemde lug deur 'n vernoude keel, gepaardgaande met 'n plofgeluid. Dit word normaalweg veroorsaak deur een of ander prikkeling in die lugweë.

Voor jy volgende keer apteek toe hardloop vir duur medikasie, probeer eers heuning. Dit werk soms beter as sommige hoesmedisyne.

Boereraat:

Antimoonwyn kan gebruik word vir verkoue en koors en maak ook die slym los by hoesbuie.

♦♦♦

As ’n kind sukkel met slym op die bors. Meng 250 mℓ heuning met 5 mℓ bakpoeier. Gee gereeld 5 mℓ daarvan vir die kind. Dit sal die slym baie gou losmaak. Die mengsel kan in 'n flessie met 'n skroefdeksel gebêre word en gebruik word wanneer nodig.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

15 comments :

  1. Ek het `n 2-jarige seuntjie. Van omtrent `n jaar het hy `n natterige hoesie. Gewoontlik in die aande & oggende. Ek het hom nie laat toets vir iets nie. Die pediater sê hy kan `n " happy weaser" wees want hy het geen ander verkoue-simptome nie. As hy `n verkoue het is die hoes erger. Het ek rede om bekommerd te wees & wat staan my te doen?

    ReplyDelete
  2. Suster Barbara Pelser15/4/10 15:05

    Dit klink asof jou seuntjie dalk 'n probleem het met 'n post nasale drup. Dit word gewoonlik veroorsaak deur 'n allergie. Dit is nie iets om oor bekommerd te wees nie, tensy dit gereeld oorsit in infeksie. Jy kan hom laat toets om te sien waarvoor hy allergies is en dit dan probeer vermy of hom 'n antihistamien gee. Ek stel voor dat jy jou dokter raadpleeg vir verwysing vir die toetse.

    ReplyDelete
  3. Anonymous15/4/10 15:05

    Eerstens, wanneer 'n hoes langer as twee weke of langer aanhou MOET jy dokter toe gaan.
    Jare se rook vernietig klein haarselletjies wat strek van jou neus tot in die longe. Hulle taak is om ongewenste elemente uit te hou. Wanneer jy ophou rook begin die selletjies herstel. Saam met die groei van die selletjies gaan daar gewoonlik 'n gehoes gepaard. Hoe vinniger die selletjies groei hoe erger hoes jy. Die spoed van die groeiproses verskil dramaties van persoon tot persoon. Dit is altyd raadsaam om vir 'n deeglike ondersoek van die longe te gaan wanneer mens ophou rook.
    Ons moet ook nie altyd aanneem die gehoes is as gevolg van die feit dat jy ophou rook het nie, daar kan ander oorsake ook wees. Die behandeling sal natuurlik afhang van die oorsaak. 'n Droë hoes wat veral snags voorkom is gewoonlik 'n brongospasma. 'n Brongospasma hou verband met asma of allergieë. In so 'n geval moet jy probeer uitvind wat die irritasie veroorsaak en sorg dat hy dit vermy. Hy kan selfs 'n brongodilator of kortikosteroïedmedikasie probeer.
    Longontsteking en kinkhoes is ander oorsaak wat 'n hewige gehoes kan veroorsaak.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit klinK wragtag of die Raad Vir my gegee is....Ek sit Nou Al Vir Meer as 2 weke met n irritasie hoes Ek slaap Nie Saans Nie Ek sit on Trent heelnag wakker. Maag, keel, Bors is Al bitter seer Ek het ook n ernstige Asma probleem...danki

      Delete
  4. My man het opgehou rook het sedertdien 2 x al longontsteking gehad. Sy hoes verminder nie hy was ook al 'n week in die hospitaal opgeneem met longontsteking. Asb is daar iets wat ek in die kamer kan sit as hy slaap om sy droë bors te verlig want hy hoes as hy wakker word so erg dat hy opgooi. Ek verneem graag van u.

    ReplyDelete
  5. Anonymous24/8/10 12:19

    my dogtertjie is 14 maande oud sy het n vreeslike droe hoes die dokter se haar bors klink baie lelik maar niks is fout nie dit kan dalk wees dat sy tande sny is dit normaal of moet ek bekommerd wees

    ReplyDelete
  6. Ons dogtertjie is nou 5jaar en 8maande oud. Sy het 'n droërige hoes aan haar. Volgens haar klas juffrou en die nasorg tannies is sy fine deur die dag, maar in die aande wanneer sy in haar bed gaan lê dan begin die hoes en duur omtrent seker vir so amper (en ek mag dalk verkeerd wees) 3ure. Ons gee vir haar elke aand dan bietjie Vickshoesstroop (heuning en gemmer hoesstroop) en voor ons gaan slaap 'n bietjie warm melk met heuning. Moet ons bekommerd wees?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Het onlangs dieselfde by my 5 jarige dogtertjie ondervind en alle simtome van verkoue...na een goeie dr besoek is dit ellergie asma sommige kiddies hoes net en dan raak dit erger...ogies dra vreeslik...en my probleem opgelos met so min as moontlik diere kontak en stof...en natuurlik ellergex

      Delete
  7. Anonymous22/6/11 10:56

    Goeie middag,

    Ek is so 34 weke swanger,en het erge griep.

    Nou van al die hoesery is my linker kantste sy verskriklik seer, elke keer as ek hoes, dan voel dit of iets in daardie sy los skeer dis net so onder die kort rib

    Is daar enige iets wat julle vir my kan aanbeveel vir die pyn en om ‘n baie slymerige bors op te los,al wat die dokter bereid is om vir my te gee is Expigen hoes medisyne – die werk glad nie vir my nie.

    Ek is net bang dat van al die hoesery ek dalk in kraam kan ingaan?

    Of is dit net ‘n geval van ek worri onnodig.

    Hoop u kan my van raad bedien.

    Groetnis

    ReplyDelete
  8. Anonymous4/7/11 10:20

    Voornemende ma's is maar soms te versigtig. Hoes maar.

    ReplyDelete
  9. Moet heeltyd n hoesie gee om speeksel uit lugweg te hou… wat is die rede

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/2/12 10:40

      Dit kan wees dat jy te veel speeksel in jou lugweg het. Of dalk is dit iets anders. Gaan spreek 'n dokter. Eersgenoemde kan chroniese afmetings aanneem.

      Delete
  10. Anonymous11/5/16 14:22

    Hi, ek het ook so aanhoudende gekef gehad en uit moedeloosheid het ek 2 aande terug gaan soek vir raad op internet. Gesien dat heuning met Worchester sous goed is en omdat dit beskikbaar was het ek dit aangemaak. My hoes is so te sê weg en dit het regtig baie gehelp. Moenie wag tot dit in die bors intrek nie.

    ReplyDelete
  11. Goeiedag ek is n 31jaruge dame en is 18 weke swanger, ek het n slymerige hoes saans is dit erg en soggens ek wil net weet of daar enigeiets is wat ek kan gebruik vir die hoes want dit maak my seer.

    ReplyDelete