Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



9.9.19

Depressie

Depressie is een van die mees algemene sielkundige aandoenings. Dit kan deur omstandighede of ´n biochemiese wanbalans veroorsaak word.

Simptome sluit in geen eetlus, ´n groter eetlus, moegheid, slaap te min of te veel, angs, lae seksdrang, hulpeloosheid en lae konsentrasie.

Kry professionele hulp as jou simptome ernstig is en meer as twee weke aanhou.

11 comments :

  1. Hoe raak ek ontslae van 'n gevoel van totale wanhoop en magteloosheid? Is dit moontlik om depressief te wees, as jy een oomblik fantasies voel en die volgende oomblik dink aan selfmoord? Ek is bang. Ek's gedurig gespanne. Ek's 'n intelligente jong dame en werk tans en studeer regte. Ek was al in die verlede by 'n kliniese sielkundige gewees en sien nie kans vir medikasie nie. Ek voel nie dat ek met enigiemand hieroor kan praat sonder om myself belaglik te maak nie. Ek is 'n Christen - beteken dit my geloof kom iets kort? Help asb.

    ReplyDelete
  2. Met raad oor geloof kan jy nie hier reg bedien word nie, maar jou hoop lê werklik by 'n professionele persoon. Probeer 'n ander sielkundige en vra dat die moontlikheid ondersoek word dat jy nie op medikasie hoef te gaan nie. Jy is geensins belaglik nie. Duisende mense gaan gebuk onder hierdie aandoening. Daar is hoop!

    ReplyDelete
  3. Dit klink of jy dalk aan maniese depressie kan ly - jy sal met 'n professionele persoon moet gesels. Sterkte

    ReplyDelete
  4. Anonymous19/5/11 11:10

    Hi,
    Ek wil graag weet of julle my kan help met 'n verwysing, of wat ek moet doen! My seuntjie is nou 1jaar oud! Ek en my man het van sy geboorte huweliks probleme, dink die meestal kom maar van my kant af, stres, moeg, werk, sy ma kyk na my kind, en daar is ook issues! Ek voel neergedruk, deppresief, en het 'n humeur wat skrik vir niks, die het my man al so weg gedruif, hy wou my al los. Moet ek iemand sien? Is daar iets wat my kan help? Ek is in die oos rand - gauteng, as julle my meskien kan verwys na iemand!

    ReplyDelete
  5. Anonymous4/7/13 11:33

    Sjoe, waar begin ek...Ek het in Mart 2013 ewe skielik dronk/duiselig/lighoofdig geraak by die werk, is dokter toe en hulle het gesê dis angs. April maand het ek 'n psigiater gaan sien en hy het vir my gesê dis paniekaanvalle wat ek kry. Hy het Sandoz Martizipine vir my voorgeskryf. Ek het dit 'n week gebruik en toe hou ek vir 'n week op daarmee en na 2 weke het ek weer dit begin drink en na amper 2 weke dit weer net so gelos. 'n Week later is ek in die hospitaal opgeneem, na 'n erge paniek aanval. 'n Ander psigiater het my ondersoek en serdep aan my voorgeskryf (wat ek in die oggend moet drink) en epitec wat ek in die aand moet drink, ek voel defnitief baie beter, maar een ding wat my baie pla...Ek voel heeltyd dronk/duiselig/lighoofdig en dit maak dat ek nie my lewe kan geniet nie. Ek is bang om by vriende te gaan kuier, ek is bang om werk toe te gaan, ek is bang om dorp toe te gaan, want ek is bang ek val dalk van die dronk gevoel. Ek was vir die breingolwe en alles het normaal gewys en was vir volbloedtelling en dit het ook normaal gewys en skildklier en lewer. Wat kan die snaakse gevoel in my kop veroorsaak, my dokter het mitil aan my voorgeskryf maar dit werk ook nie. Ek het dringend raad nodig asseblief. Soms as ek slaap Dan draai my kop ook.
    Ek sal waardeer as u my dalk kan help met inligting. Baie dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/7/13 11:40

      Dit is waarskynlik die epitec wat dit veroorsaak. Vra die psigiater of jy 'n plaasvervanger kan probeer.

      Delete
  6. My man dryf my tot raserny hy dra op die oomblik sy nuutste hemde werk toe hy is n high up operator hy dra n owerall en werk met olie en gries maar hy dra trots wat groter as mysself is hy kan nie Saam met my na die eerste by diebkerk haan nie want hy is te trots hy kan niks goed in my sien nie my 10 jarige down alles wat sy oupa doen hulle het geen respek vir my nie hulle wiped hulle vir alles hulle is nooit verkeerd nie se gedurig ek is mal hulle help met niks in die huis nie maar skel as iets nie gedoen is nie my man le herltyd as hy van die week af kom hy komineek nie met my nie maar will my in die bed he as hy so voel eenkeer in 3 maande myvman eet baie lelik hy eet klapmond en slurp sy kos hy stootcnie sy stoel in nie hy last sak nie die toileting nie as ek will buite toe dan maak hy die deur toe in my gesig hy was in die tronk nou eil hy my ook in die tronk Nou hy het erge depressie is op pille maar sy sigihater kan hom eers 24 Februarie sien ek weet nie meer nie ek soek raad asb

    ReplyDelete
  7. Anonymous18/9/22 17:06

    Hi my naam is Belinda knoesen ek het moodswings warmgloede wil alles en almal om my slaan almal en almal irriteer my geen lus vir seks geen eetlus maand stondes nie reg nie ek gaan Woensdag na psigiater toe hopelik gee hy my die regte medikasie lus vir niks slaap is ongereeld voel net af help my asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/9/22 10:34

      Jy moet met die psigiater praat voor jy nou nog iets gebruik. Die psigiater behoort jou te help met wat jy mag en nie mag neem saam met die medikasie. Daarna kan jy dalk weer hier kom hoor wat ekstra jy kan neem.

      Delete
  8. Anonymous18/9/22 17:08

    Ek is gediagnoseer met bipolêre depressie van Belinda knoesen

    ReplyDelete
  9. Anonymous30/1/24 19:45

    Dit neem n tyd as jy n depressie het of lei en dat jy minder aksies doen Bv met mense komunikeer met en praat. dit bevat dat jy min slaap en dat jy jou lewens maat verloor, omdat jy n depressie het..............|

    ReplyDelete