Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



8.8.23

Varkgriep / A/H1N1-virus


Varkgriep is ‘n respiratoriese griep wat hoofsaaklik deur die tipe A/H1N1- griepvirus veroorsaak word. Varkgriep het in die verlede geredelik tussen varke uitgebreek. Intussen het die virus ook by mense begin voorkom. Die eerste gevalle is laat Maart begin April 2009 gerapporteer. Hierdie gevalle het in Suid-Kalifornië en Texas in Amerika voorgekom. Die virus versprei tans van mens tot mens en daarom kan dit oor die hele wêreld voorkom.

Die simptome van varkgriep is soortgelyk aan die normale simptome van menslike griep.

Algemene varkgriep simptome

Seer keel
Hoes
Koors (Kinders het gewoonlik ook ‘n uitslag)
Moeilike asemhaling (Kinders het 'n vinnige en moeilike asemhaling)· Kortasem
Hoofpyn
Die hele liggaam kan pyn
Skielike duiseligheid
Diarree en naarheid word ook gerapporteer

Dit wil voorkom varkgriep met dieselfde metodes versprei as seisoenale griep. Dit word normaalweg van persoon tot persoon versprei op een van die volgende maniere:

Hoes en nies
Aanraking

Die volgende voorkomende stappe kan geneem word:

Was jou hande gereeld met seep en water
Probeer om nie aan jou oë, neus en mond te vat nie
Hou jou liggaam so gesond as moontlik
Slaap genoeg
Drink baie vloeistowwe (veral water)
Eet gesond
Probeer om nie oppervlaktes aan te raak wat dalk met die virus besmet kan wees nie
Vermy kontak met persone wat siek is

Sekere virusse kan langer as twee ure leef op byvoorbeeld, deurknoppe, tafels, ens.

Bly by die huis indien jy met die virus besmet is. Vermy sover moontlik naby kontak met ander mense. Bedek jou mond en neus met ‘n snesie wanneer jy hoes of nies. Gooi dit daarna onmiddellik in die asblik. Was jou hande met seep en water.

Indien of jou gesin simptome toon van varkgriep moet jy onmiddellik na jou huisdokter, naaste kliniek of hospitaal gaan.

Hoe lank duur varkgriep?

Die duur van varkgriep kan van persoon tot persoon verskil. Oor die algemeen duur die siekte gewoonlik ongeveer 7 tot 10 dae. Die erns en duur van simptome kan egter afhang van verskeie faktore, insluitend die individu se algemene gesondheid, ouderdom en enige onderliggende mediese toestande.

8 comments :

  1. Ek is nogals bekommerd, my ou sê ek moet ‘n Dr gaan sien want hys bang ek het varkgriep. Ekt gaan kyk na die simptome van varkgriep en dit se daar: seer keel en hoes, koors en kortasem, hoofpyn, maag, borskas, of die hele liggaam pyn, skielike duiseligheid en in sommigevalle diarree en naarheid.



    Wel ek het hoofpyn, ek hoes en my keel is seer, ekt hartkloppings en en asemhaling is somtyds kort my lyf is seer maar dis moontlik van die uitpakkery van die naweek en ek’t gisteraand gebraak (verskoon my). Gaan dit dom wees as ek more vir die Dr gaan vra sy moet dalk ‘n ondersoek doen op my. Kan dit net gewone griep wees. Want ek kry nie gewoonlik griep nie net sinus siektes. Is daar ‘n rede om te stress of is ek net siek van die naweek. Kan dit moontlik wees dat varkgriep in secunda is???? Want vrek ek soek dit nie



    Hoop julle kan help

    Groete

    ReplyDelete
  2. Ja gaan toets jou so gou moontlik daar is defnitief varkgriep in Secunda daar is 'n paar gevalle al.

    ReplyDelete
  3. Anonymous13/5/23 20:38

    Goeienaand. Ek het eergister begin olik voel en vandag is ek plat in die bed. Alles in my liggaam pyn veral my gewrigte en rug. Ekt kouekoors en erg seerkeel en hoes sonder ophou. My oë brand en is sensitief. Vinnige hartklopping.
    Moet mens in vandag se tyd nog bekommerd wees oor Varkgriep en/of Covid?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous17/5/23 13:33

      Ja, daar is verskeie variasies van Covid tans. Dit kan dalk net griep wees, maar 'n mediese diagnose is altyd die veilige opsie.

      Delete
  4. Anonymous13/5/23 20:39

    Bekommerd

    ReplyDelete
  5. Anonymous14/6/23 13:45

    Ag ek wonder nou ook of dit regtig saakmaak. Vir alles kort mens bietjie rus en verkoue medisyne. Al die simptome van alles is so na aan mekaar dat ek glo nie eers dokters weet presies watter virus hulle diagnoseer nie. Ek gaan maar weer net Corenza/ACC baie water baie rus.

    ReplyDelete
  6. Anonymous3/12/23 17:21

    Goeie middag ek het dinsdagnag begin met ongelooflike koue koors in di hitte me 3komberse gelê kon ni warm word ni al hoe wel ek hoëkoors gehad het toe twee dae daarna met egger diaree tot nou kan niks eet is amper sonder kos v n week nou voel bitter sleg geen seer keel of hoes ni ni hoofpyn en krampe my anbeie ook bitter seer is ook ni naar ni kty darem vloeistowwe in kan iemand my dalk raad gee het ni geldji v n dokter ni baie dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/12/23 13:08

      Is daar nie 'n kliniek naby jou nie. Jy het 'n diagnose nodig, want hierdie is net simptome van iets anders.

      Delete