Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



5.7.09

Pitswere / Bloedvinte / Karbonkels

'n Pitsweer is 'n hewige sweer waarvan die pit uitgedruk kan word as dit ryp is. Gewoonlik word dit veroorsaak deur die ontsteking van 'n haarwortel.

13 comments :

  1. WAT VEROORSAAK PITSWERE?
    MY BROER SE ARM HET ERG OPGESWEL, PIENK GEWORD EN ONS HET EERS GEDINK DIT IS 'N SPINNEKOP WAT HOM GEBYT HET.
    NA 5 DAE HET SY ARM 2X SY GROTE GESWEL EN DIE PYN WAS ONDRAAGLIK.
    DIE DR. HET SY ARM IN TEATER GESNY EN GESE DIT WAS 'N PITSWEER MET KLOMP KLEIN PITSWERE EN DAT DIE WEEFSEL AL DOOD GEGAAN HET.
    EK WIL NET GRAAG WEET, WAT HET SO 'N PITSWEER VEROORSAAK, AANGESIEN MY BROER BAIE HIGIHIENIES IS.
    HOE KAN HY SO IETS VOORKOM, WANT HY HET BAIE, BAIE PYN GEHAD.

    ReplyDelete
  2. http://en.wikipedia.org/wiki/Boils

    ReplyDelete
  3. Alewige bloedvinte Was met antiseptiese middel, raak nie daaraan

    dr. Jan van Elfen

    BLOEDVINTE is soos aambeie. Dit word swygsaam verduur. Mense moet nie dink jy is vuil op jou liggaam nie. Of skeep jou kinders af nie. Pollie van Vereeniging skryf: ''Ons agtjarige knapie kry aanmekaar bloedvinte. Antibiotika help nie meer soos aanvanklik nie. Is sy bloed vuil? Hoe kan ek dit suiwer? Wat moet hy eet?'' Vuil bloed word nie lank oorleef nie. Dit versprei bose sere na jou hartspier, brein en niere. Dieet speel 'n ondergeskikte rol by bloedvinte alhoewel sommige dokters glo dit help om 'n soet tand te verwyder. Toe 'n kollega deur een bloedvint ná die ander gepla is, het hy suiker en styselkos gelos weg was sy bestrawwing. Diabete is ekstra vatbaar vir bloedvinte. Die oorsaak van bloedvinte is al lank bekend stafilokok-kieme wat voorkom in die grond, stof, klere, die neus en op die vel. Dit kry toegang tot die velonderlaag deur 'n stekie of skrapie of wrywing (sit, krap, skuur van klere). Hoe om stafilokokke te tem? dáár lê die knoop. Die staf-sage begin in 1935 in Duitsland. Hildegarde Domagk lê sterwend weens bloedvergiftiging ná sy haar vinger met 'n vuil naald geprik het. Wanhopig dien haar dokter-pa Gerhard prontosil rubra aan haar toe, rooi sulfapoeier wat nog net op muise uitgetoets is. Sy herstel wonderbaarlik en 'n reeks sulfas, chemoterapeutiese wondermiddels, wen vinnig veld. Vir die eerste keer word oor medisyne beskik wat algemene infeksies soos velsere, mangel- en longontsteking kan genees. Tydens die Tweede Wêreldoorlog word die sulfas met die doeltreffender eerste antibiotikum penisillien aangevul. Talle ander antibiotika word op 'n streep ontdek streptomisien, chloromisetien, tetrasiklien elkeen kragdadiger en met 'n wyer trefkrag as voriges. Hoop ontstaan dat oorwinning oor alle infeksies in sig is. Dog kieme het weerstandige spesies ontwikkel amper so vinnig soos nuwe antibiotika ontdek is. Stafilokokke tel onder die superkieme met spesies wat immuun teen verskeie antibiotika geword het. Elke spesie is gevoelig vir net een of enkele antibiotika. Vandaar ''hospitaal-stafs'' wat wonde in hospitale laat sweer, en hardnekkige bloedvinte. Navorsers voer allerlei proewe uit met gevaarlike kieme soos vigs- en Kongokoorsvirusse. Een ná die ander geneesmiddel word op hulle getoets. Maar aan stafs raak hulle nie uit vrees dat hulle 'n monster kan voortbring wat teen alle antibiotika bestand is. Stafverwekte siektes sou dan die mensdom kan uitwis. Voorkomende stappe teen bloedvinte sluit in velreiniging met 'n antiseptiese wasmiddel, aanwending van antiseptiese salf in die neus en om die anus en weerhouding van die hande van die bloedvint (wat bedek moet wees deur 'n pleister). Die etter uit 'n bloedvint bevat miljoene stafs wat met die vingers en besoedelde klere, verbande of handdoeke na elders op die liggaam van die slagoffer of na 'n ander oordraagbaar is. Nadat die bloedvint op die vyfde dag vanself begin dreineer, moet ekstra voorsorg getref word om omliggende vel en vingers wat met die etter in aanraking was, met 'n antiseptikum te reinig. 'n Dokter kan na goeddunke 'n antibiotikum voorskryf, verkieslik één waarvan die doeltreffendheid teen die betrokke staf bewys is. Skryf oor u klagtes, bekommernisse en probleme aan: Dr. Jan, Beeld, Posbus 5425, Johannesburg, 2000.

    ReplyDelete
  4. http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1994/03/24/14/8.html

    ReplyDelete
  5. Hi daar help asb ek kty bloedvinte op die mees ondenkbare plek en dit is baie seer daar onder en kry dit kort kort en ek is higiënies wat kan ek gebruik ek is ń dame baie dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. My antwoord is 2jr te laat, maar kan dalk iemand anders vorentoe help. Pitswere op boude ens, word veroorsaak deur ñ kiem IN DIE NEUS!!

      DOEN DIE VOLGENDE EN DIE PITSWEER SAL SY KOP TERUGTREK EN GLADNIE EERS TOT BY SY PIT KOM NIE!!

      Smeer vir so 5dae 3x per dag
      1:Bactroban salf in jou neus, en gebruik saam net dit
      2:Tissue Salts no 3 (tussue cleanser). Bactroban (vir neus) is sonder voorskrif te kry. As dit nie te kry is, vra vir die apteker vir iets soortgelyk.

      Op die pitsweer self?
      3:Vee dit skoon so 3x per dag met ñ spirits watte. (Droog watte uit dat spirits nie dalk oor die vel loop na plekke wat kan brand nie).
      4:En smeer saam met die boonste behandeling so 3x per dag gewone Bactron salf aan die seer self (daar is 2 soorte Bactroban. Vir neus, en vel).

      DIT WERK!!!!

      Be Blessed

      Delete
    2. Baie Dankie vir jou raad het die ook by ander vriend gehoor , kiem in die neus.
      Bly geseënd

      Delete
  6. Ek het naby my stytjie so iets wat ons dink is n pitsweer. Het dit nou al vir drie/vier dae. Dis n rooi knop, baie baie gevoellig,kan nie sit of le nie. Dit het n aanhoudende tipe pyn. Dit is ook geswel. Kan skaars enige drukking daarteen he nie dan is dit vrek seer. Het al tamatie probeer. En Betadine aangesmeer. Doen ook storie van warm lappie. Niks van daai het egter in die laaste vier dae enige verskil gemaak nie. Wat kan ek doen? Het nie medies nie, ook nie baie geld vir duur goedere nie. Is daar enige iets om te doen behalwe om dokter toe te gaan?

    ReplyDelete
  7. Daai is 'n senuwees wat vog lek. Is baie seer. Pitswere kan op kalium tekort dui.

    ReplyDelete
  8. hi goeie naand ek soek help my meisie kind is 5 en ek dink dt is nou al ha 6 pitswere wat sy kry so wat kan ek doen ek le nou waker met ha dit pyn dt is seer en dit is nogal baie groot . danki

    ReplyDelete
  9. Ons het as kinders gereeld Pitswere en bloevinte gekry. Sommer 7 oog pitswere, waar 7 pitswere opmekaar uitkom. Ons het altyd sulke pienk antiseptiiese lappies in kookwaater gedruk en dan op die sweer gesit.. Dit het weggegaan, maar weer teruggekom. Uiteindelik het ons dokter vir ons ysterpille gegee om ons bloed skoon te kry. Dit het uiteindelik die probleen laat regkom na 'n paar maand.

    ReplyDelete
  10. Ek is n diabeet en kry di afgelope 3mnde gereeld pitswere op my privaatdele en van saterdag af op my tone ook begin uitkom. Die antibiotics droog dit op maar na 3 tot 4 dae nadat dit weg is kom daar weer nuwes uit. X al raadop

    ReplyDelete
  11. Anonymous2/11/23 11:14

    Kyk by hierdie skakel. Daar is verskeie rate wat jy kan probeer: http://www.boererate.com/2013/07/kruie-vir-kwale-pitsweer-pitseer.html

    ReplyDelete