Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



27.5.21

Insekbyt

Kan jeukerig of rooi word, maar is gewoonlik onskadelik. Soms kan byte en steke siektes of allergieë veroorsaak. Die reaksies op hierdie wonde hang af van die gevolge van die gif asook van die allergiese reaksie van ´n oorgevoelige persoon.

Spreek jou dokter oor ernstige byte of as jy ´n allergiese reaksie toon.

Boereraat:

Indien ’n muskietbyt jou irriteer kan jy die area natmaak en ’n aspirientablet oor die bytplek vryf.

♦♦♦

Smeer tandepasta aan ’n bysteek.

♦♦♦

Vir muskietbyte kan jy pasta van koeksoda en water aansmeer om van die ergste swelling en jeuk ontslae te raak.

♦♦♦

Vir ’n muskietbyt meng jy ’n bietjie Engelse sout en warm water. Doop ’n stukkie watte daarin en plaas die watte op die bytplek.

♦♦♦

Krap 'n by-angel met 'n mes uit. Was die plek met soutwater.

♦♦♦

Krap 'n by-angel met 'n mes uit. Maak 'n pasta van sout en asyn en plaas dit op dit steekplek. Dit trek die gif uit.

♦♦♦

Meng klapperolie en blomswael en smeer aan plekke waar insekte jou gebyt het.

♦♦♦

Smeer asyn aan ’n perdebysteek.

♦♦♦

Vryf die binnekant van 'n piesangskil oor 'n plek waar 'n muskiet jou gebyt het. Dit verminder die swelling en jeuk.

♦♦♦

Krap 'n by-angel met 'n mes uit. Maak 'n koeksodapasta en plaas dit op dit steekplek. Dit trek die gif uit.

♦♦♦

Smeer 'n bietjie asyn op 'n bysteek nadat die angel afgekrap is – dit neem die brand weg.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

2 comments :

  1. Judi le Roux18/11/09 12:23

    'n Spinnekop het my seun van 13 jaar oud gebyt. Dit is 'n lelike seer en pynlik. Daar kom baie 'gagga' daar uit en dit lyk of dit al hoe groter word. Wat kan ek doen om te help? Ons is ver van dokters af en die kliniek het geen medisyne nie. Sal u advies baie waardeer.

    ReplyDelete
  2. Was die bytplek met seep en water. Dit klink asof hy antibiotika moet kry. Dit is altyd beter dat die dokter daarna kyk. Probeer infeksie verhoed met 'n antibakteriese salf. Dit word gewoonlik self gesond, maar dit kan tot maande vat. 'n Spinnekopbyt kan potensieël baie gevaarlik wees.

    ReplyDelete