Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



8.6.09

Koliek

Die term koliek word gebruik om gevalle te beskryf waar babas lank aaneen luidkeels en onophoudelik huil. Daar word algemeen aanvaar dat koliekbabas maagpyn en -ongemak verduur, maar die oorsaak kan nie bepaal word nie. Normaalweg klaar hierdie toestant op sodra die baba 3 tot 4 maande oud is.

Probeer baba op sy/haar gemak stel sonder om die roetine te versteur. Draai haar snoesig toe, hanteer haar sagkens en sus vertroostend. Probeer skerp lig en lawaai vermy. Konstante vibrasies het ook ´n kalmerende uitwerking.

Indien dit nie na 6 maande opklaar nie, indien die baba aan diaree of braking ly, indien bloed in die stoelgang voorkom of indien die baba bleek en pap raak moet jy onmiddelik jou dokter kontak.

8 comments :

  1. My vriendin se dogter borsvoed. Die baba is 6 weke oud, maar skree van haar geboorte af elke aand vanaf 6-uur tot 8-uur of later. Sy drink elke 3 ure. Agt-uur kry sy haar laaste voeding tot ongeveer 3-uur die volgende oggend. Dit kom voor of sy koliek het. Skop beentjies trek nekkie en lyfie agteroor en die magie voel styf. Kan dit koliek wees a.g.v. wat haar moeder eet? Sy eet bv tamatie en pynappel, alhoewel nie baie nie.

    ReplyDelete
  2. Anonymous12/1/10 13:56

    Koliek is nie hier uitgesluit nie maar voedsel is nie sommer te blameer nie. Die dame eet sekerlik nie elke dag tamatie en pynappel nie. Indien sy bekommerd is oor kleinding se gehuil moet sy haar pediater gaan spreek.

    ReplyDelete
  3. Anonymous12/1/10 13:56

    Hoekom, as jy ´n koliek baba gehad het en die kind is nou al vier jaar huil die nog steeds so baie? Kan dit stoutigheid wees of ´n ander probleem?

    ReplyDelete
  4. Suster Barbara Pelser12/1/10 13:57

    Die koliek behoort na 3-6 maande op te klaar, en definitief nie meer na 4 jaar teenwoordig te wees nie. Gaan sien gerus ´n dokter as jy nie die oorsaak van die huilery kan vasstel nie, en ook om jouself gerus te stel.

    ReplyDelete
  5. Joy Nelson12/1/10 13:58

    Kan koffie inname terwyl jy swanger is veroorsaak dat jou babatjie koliek is?

    ReplyDelete
  6. Anonymous12/1/10 13:58

    Omdat daar nie sekerheid is oor wat koliek veroorsaak nie, kan mens nie sommer nee sê nie. Wat jy wel moet weet is dat swanger vroue nie te veel koffie moet drink nie. Daar is reeds tonne navorsing gedoen oor kafeïne en swangerskap en meeste studies het bevind dat jy wel kafeïne kan inneem tydens swangerskap, máár nie meer as 300 milligram per dag nie (so drie koppies). Onthou ook dat daar ook kafeïne in ander drankies en in sjokolade is.
    Te veel kafeïne verbeter jou kanse op 'n miskraam en dat kan ook jou baba se gewig nadelig beïnvloed asook die ontwikkeling van die hart.

    ReplyDelete
  7. hi my susie se baba is 3 maande oud ons weet nie of dit koliek is nie of wat sy huikl nie maar kreen verskriklik so met anerwoorde dit is pyn op die maagie ons het haar reeds by n dr gehat maar die dr se dity is n mantelvlies breuk so ek weet nie en wat kan ons gebruik om vir haar kan in gee kan iemand net latweet asb ek sal dit wardeur dankie pieter 0781950080 pieter.bruyns@gmail.com

    ReplyDelete
  8. Anonymous31/3/11 09:07

    Hallo Julle.
    My baba is'n maand oud en het ook "aand koliek". Dis my vyfde baba. My eerste twee het ek geen probleem gehad nie. My tweede twee, het albei ook die skreeu sessie gehad vir die eerste twee maande. 'n Ou tannie het vir my gesê ek moet vir hulle creme soda gee...die groenegeid kalmeer die krampies, ek wou niks weet nie, maar met my jongste het ek die raad wel gevolg, en glo dit of nie..DIT WERK SOOS 'N BOM!Net so klein bietjie, maar die met die gas in..ek het ook 'n homopatiese druppel gekry, dit is Reuerina druppels, net so 5 druppels...en dit help ook..hoop ek kon iemand help!

    ReplyDelete