Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.9.23

Hardlywigheid

Klein harde stoelgang minder as 3 keer per week is gewoonlik ’n teken dat jy hardlywig is. Dit kan ongemak en winderigheid veroorsaak. Hardlywigheid word veroorsaak deur ’n ongesonde dieet, dermprobleme, te veel vleis, te veel suiwel, medisyne of indien jy lakseermiddels gebruik.

Sluit volgraanprodukte by jou dieet in en drink ten minste 3 glase water per dag. Pruimedante of pruimedantesap word ook aanbeveel. Oefening vir die maagspiere werk ook.

Soek mediese hulp indien dit vir langer as ’n week aanhou of bloeding voorkom.

Boereraat vir hardlywigheid:

Drink bietjie sodawater vir hardlywigheid.

♦♦♦

Week 250 g perskes, 250 g rosyne en 250 g pruimedante in water tot sag.
Maal nou al die vrugte saam tot fyn. Meng dit met 500 g heuning.
Eet saans 1 teelepel hiervan.

♦♦♦

Eet elke oggend vir ontbyt ’n sny growwe, bruin brood. Dit moet growwe bruin brood met semels wees. Voedsel ryk aan vesel help vir hardlywigheid by kinders; en hardlywigheid by bejaardes.

♦♦♦

Drink ’n glas louwarm water met appelasyn – 30 min voor etes.

♦♦♦

Dit is nie gewone soutwater wat jy moet drink vir hardlywigheid nie. Dit is Engelse sout. Drink elke oggend op ’n nugter maag een teelepel Engelse sout opgelos in ’n glas warm water.

♦♦♦

Piesangs kan help om van hardlywigheid ontslae te raak.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

44 comments :

  1. Chrissie2/6/09 12:04

    Ek is 27jr oud, het nooit 'n "maag probleem" gehad totdat ek sewe jaar gelede geboorte gegee het aan my seun nie. Om 'n lang storie kort te maak, my maag SAL NIE van self werk tensy ek 'n lakseermiddel gebruik nie. Daar was stadiums wat ek net vier keer 'n maand badkamer toe gegaan het en dit was as ek elke Vrydag aand 'n lakseermiddel geneem het. Daarna het ek dokters gaan sien wat voorgestel het dat ek 8 - 10 glase water 'n dag moet drink (wat ek steeds doen), meer vesel in my dieet inneem, oefeninge, sekere kosse vermy ens. (wat ek steeds doen), maar niks help nie!! Ek het ongeveer so twee en 'n halwe jaar gelede begin om Timjan ('n aalwynsap) te drink, elke aand 15 ml, so het ek nou elke dag dan die badkamer besoek, maar nou lyk dit vir my dit werk ook nie meer soos in die begin nie. Ek kan nie elke dag 'n lakseer middel drink nie!! My pa het spierdistrofie gehad en is dood van 'n obstruksie in die maag, was baie passief want hy was 'n kwadrupleeg. My ma het polio gehad (parapleeg gewees) en ook 'n baie passiewe derm gehad, moes ook altyd lakseer middels drink. My seun was ook as baba baie hardlywig maar dank die Vader is verby die stadium en gaan voort op sy eie. Ek raak so jaloers as ek sien my man gaan tot drie keer 'n dag na die badkamer, ek wens net ek kon tenminste vyf keer 'n week sonder enige "hulpmiddels" self die badkamer besoek. Ek het al gehoor dat dit miskien 'n "dooie derm" kan wees, maar ek is nie so seker nie. Ek probeer ook om swanger te raak maar is so bang ek gaan dan eers sukkel met hardlywigheid. Ek weet nie meer watter kant toe nie, nog dokters gaan sien, aangaan met lakseermiddels? Is daar enige raad wat u my kan gee?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/5/17 01:13

      Hi. Koop vir jou 'n bottel Imsaser deep intestional cleance. Dit werk soos 'n bom en veroorsaak geen diaree nie so jy kan normaal deur die dag gaan. Dit uintelik 'n baie goeie detox ook. Dit nie meer as R200 per bottel wat so maand of iets hou. By apteek beskikbaar.

      Delete
  2. Anonymous2/6/09 12:04

    Dit is baie algemeen vir vroue om probleme met hardlywigheid te hê na geboorte. Maak asseblief seker jy gebruik nie die lakseermiddels te veel nie.
    My raad is dat jy om hulp gaan aanklop by 'n maag-en-derm spesialis. Kontak die South African Gastroenterology Society (SAGES) om uit te vind wie jou naaste dokter is of gebruik die volgende skakel -> http://www.sages.co.za/C_patientsscorner_find_gas.asp

    ReplyDelete
  3. My dogtertjie 2 ½ sukkel vreeslik met hardlywigheid. As baba was daar geen probleme daarmee nie. Sy het tot onlangs formule melk gedrink en omdat ek gedink het dit kan dalk die oorsaak wees, het ek nou oorgeskakel na koeimelk, maar geen verandering. Sy loop die heeltyd "eina,eina" en as daar iets uitkom is dit "hard". Ek het haar reeds so 2/3 maande terug by 'n pediater gehad en hy het vir haar sulk sakkies goed gegee wat ek in haar melk gegooi het. Dit het haar magie soos water laat loop, maar daarna het dit maar net weer teruggekeer na die probleem soos bespreek. Ek het al by iemand gehoor dat die rektum somtyds gerek moet word. Sy eet normaal en drink "mango" sap en eet volgraanbeskuit. Is daar dalk enige raad van u kant af? Ek is al bietjie moedeloos.

    ReplyDelete
  4. Anonymous2/6/09 12:06

    Hardlywigheid het ook soms ander oorsake as voedsel. Sielkundige faktore kan soms die oorsaak wees. Emosionele ontsteltenis kan aanleiding gee tot hardlywigheid. Dit kan ook wees dat sy haar toiletbesoeke te lank uitstel en die stoelgang verhard. Neem haar bietjie meer gereeld toilet toe en gee bietjie meer vloeistof. Indien dit nie help nie moet jy weer die pediater gaan spreek.

    ReplyDelete
  5. Michelle Pienaar2/6/09 12:07

    Ek het op jul webblad gelees oor hardlywigheid, maar ek is nogsteeds bekommerd oor my dogtertjie (20 maande). Vir die afgelope 3 weke is sy baie hardlywig en as daar ietsie uitkom is dit kliphard. Sy het nog nooit gesukkel met stoelgange nie. Een keer in die oggend en dan weer in die middag. Maar deesdae is dit 'n gesukkel om ietsie uit te kry. As dit tyd raak om te druk... knyp sy haar boudjies styf toe, haar gesiggie word bloed rooi en sy gee so 'n eina gilletjie. Ek het al so paar keer 'n setpilletjie ingesit en dan kom daar 'n GROOT KLIPHARDE DING uit.

    Sy eet normaal en is baie lief vir haar kos. Wat meer kan ek doen???

    Help my asseblief!!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/1/12 15:44

      gooi bruinsuiker in haar melk of tee, dit help regtig het die met al 2 my kiddies gedoen. Dis die mees natuurlikste manier.

      Delete
  6. Anonymous13/8/09 08:38

    begin die oggend met een koppie warm water
    vir ontbyt dit werk by ons wonderlijk ook bij die kinders net aanhou elke oggend

    ReplyDelete
  7. My seun was gebore met hurspring disease(senuwees op sy dikderm het nie gewerk nie) hy het vir 3 jaar van geborte af 'n colostomy sakkie gedra, die sakkie is nou al geruime tyd verwyder maar ek sukkel nou met sy maag hy bly hardlywig en hy is tien jaar oud al en kry nog steeds glipsies in sy broek ek het hom al op 'n vesel dieet gehaat alles onder die son probeer en is nou raad op want ek weet nie meer wat om te doen nie die dokters gee hom goed om te drink vir sy maag maar dit help net 'n sekere tyd dan is hy weer hardlywig, en boonop is hy so hardkoppig wat kan ek doen sodat hy nie meer is sy broeke mors nie.

    Groete

    Suzette

    ReplyDelete
  8. Anonymous19/7/10 17:04

    Die koppie warm water werk! Ek was ook skepties maar my ma en haar ma(wat 101 jaar oud geword het) glo vas daaraan.

    ReplyDelete
  9. Moedeloos2/8/10 08:45

    Ek is permanent opgeblaas, maar drink 3liter water n dag en eet reg......ek het al die kosse wat my opblaas uit my dieet gesny, maar dit werk nie, ek is al moedeloos..want eendag eet ek iets en my maag maak niks en net die volgende dag eet ek weer dieselfde ding en ek blaas op. My maag is al so seer en ek het permanent pyn en krampe. Wat kan ek doen?

    ReplyDelete
  10. Anonymous25/9/10 10:19

    Hi, ek wil weet, wat kan ek gebruik vir hardlywigheid tydens my swangerskap......????
    Ek is nou 30 weke swanger en sukkel baie met hardlywigheid...

    ReplyDelete
  11. suene@technofin.co.za19/10/10 11:31

    Okay, My dogtertjie is 6 jr oud en sukkel al van kleintyd af met stoelgang en kla van maagkrampe. Menigte dr's het al gese dat sy nou maar net 'n spastiese dikderm het, maar ek weet darm nie. Sy kry elke dag van haar lewe Weetbix vir ontbyt plus ek gooi 2 opgehoopte lepes semels ook oor haar pap, maar steeds sukkel sy haar dood om te gaan. Dit is vreeslik hard en groot en die arme kind kan nie so aangaan nie. Ons het al als probeer en haar magie staan ook sommer van die derms wat nie reg werk nie. Enige raad?? Ek dink haar derm is dalk iewers verstop. Lakseermiddels werk ook nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Goeie dag my naam is Chantel Ek sukel net so met my dogterjie van kleins af van geboorte ok as n babatjie tande kry Dan werk hul maagie hare het Nie was eers harder gewees mar ons gee vir haar goed maagie te laat Gaan as dit uit kom is sag mar sy Se kry seer Onder en dat us niks ambaie daar Onder Nie wat Ek Kan sien Nie weetnie daar iets is binne toe Nie sy Al so bang want as sy sien Dan dink sy gan n setpilletjie kry

      Delete
  12. Anonymous19/4/11 11:48

    Wat my geweldig baie help is papaja en beet. Ek eet elke dag 'n porsie beet vir so 3 dae en dan weer papaja vir 3 dae, ek moet dit afwissel anders raak my maag gewoond daaraan.

    ReplyDelete
  13. Anonymous4/8/11 09:33

    Toe ek swanger was het hulle vir my Liquid Parafin voor geskryf vir hardlywigheid. Dis baie sleg en olierig maar het goed gewerk... Vir baba's gooi jy 'n mespunt kookolie in die melk...

    ReplyDelete
  14. Anonymous26/1/12 00:34

    Die natuurlikste ding waaraan jou liggaam nie gewoond sal raak nie is heuning, ek gebruik heuning al vir jare en is elke dag gereeld, my man neem dit saam met my die afgelope 6 maande omdat hy ook sukkel met 'n spastiese dikderm, eet 'n eetlepel vol elke aand voor jy gaan slaap, as jy nie van skoon heuning hou nie neem dit in 'n bietjie melk, heuning help ook vir mens se blaas en niere. Die ligte heunings is die lekkerste.

    ReplyDelete
  15. Anonymous24/4/13 21:40

    hay ek het n tweeling van 3 maande oud hul was prem babas gewees en hul magies is bja hard hul magies werk gladnie en is bja hardleiwig ek het al bruin suiker probeer dit werk nie moet ek na n dokter toe gaan of het iemand dalk raak vir my aseblief

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/8/22 23:15

      Sit biekie soetolie in bottel ...of n stukkie better dit werk

      Delete
  16. Hi my baba is 3 weke oud en ek sukkel met sy maagie van geboorte af het al bruinsuiker probeer botter en olie enige iemand help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek dink nie dit is goed vir so 'n jong baba om dit in te neem nie. Neem hom eerder na 'n dokter of kliniek.

      Delete
  17. Marika Kern16/8/16 10:37

    Goeie raad vir n baba is om elke oggend so 3 tot 4 druppels olyf olie in sy of haar melk te gooi werk ook vir n baie mooi vel as hulle groot is.

    ReplyDelete
  18. Goeie dag

    ek kort asb dringend raad wat gaan werk. my dogter is amper 2. ek sukkel al van na geboorte af al met haar magie, en dit raak nou erger. sy is baie hardlywig. as dit kom by poefie tyd dan gaan sit sy en begin druk. haar gesiggie word bloedrooi en dit klink party keer of sy uit asem uit raak soos sy probeer druk. ek het die lakseer middels probeer, het aan die begin net vir n tydjie gewerk. nou doen dit glad nie meer nie. ek het nou onlangs die gliseriensetpil probeer. dit werk goed. maar wl dit nie elke keer gee nie.ek het dit nog net 2 keer gebruik. maar glo dit gaan haar lui maak vir poef op haar eie. is daar dalk enige raad asb. ek kort dit regtig dringend.

    by voorbaad. baie dankie

    ReplyDelete
  19. Kan iemand asb vor my raad gee eks nou al 3 dae hardlywig voel ek wil toilet toe gaan maar ek kry dit nie uit gedruk nie asb as iemand kan help dis baie ongemaklik.
    Byvoorbaat dankie

    ReplyDelete
  20. Ek kort asb dringend hulp eks al vir 3 dae hardlywig dit voel heeltyd of ek moet gaan maar as ek toilet toe gaan kry ek dit nie uitgedruk nie asb enige raad dis vreeslik ongemaklik
    Byvoorbaat dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous3/6/22 20:50

      Drink n mond vol lacson below 1 ba 2 uure Dan Sal jou maag lekker skoon wees hulle gebruik dit in hospital en werk soos n bom

      Delete
    2. Anonymous19/8/23 06:44

      ek drink dit nou vir 2x dae 2x per dag en nog steeds niks😥

      Delete
  21. my vrou sukkel al jare met hardlywigheid. sy het soos letterlik al als probeer wat mens kan aan dink. sy is nou op sofalex drink 12 op n slag dan gebeur daar nie veel nie. sy drink tot engelse sout n eetlepel vol dit doen ook niks. enige raad asb.

    ReplyDelete
  22. Sukel verskriklik moet n spastiese derm ek drink soflex en lacson maar gni so baie yt ni enige raad a.s.b

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het net so gesukkel. Ek drink elke oggend en aand 'n probiflora kapsule en weet nie meer van my derm nie

      Delete
  23. Anonymous3/9/19 13:08

    Ek soek raad asb
    Ek sukkel met my seuntjie, 2jaar en 10maande oud met hardlewigheid. As hy voel dis nou tyd vir poef gaan sit hy plat op die grond met sy een voet onder hom. En as dit uit kom lyk dit so onmenslik vir so n kleinkind om so te kan uitgaan.

    ReplyDelete
  24. Anonymous3/9/19 13:13

    Ek soek raad asb
    Ek sukkel met my seuntjie,2jaar en 10maande oud met hardlewigheid. As dit tyd is vir poef, gaan sit hy plat op die grond met sy een voet onder hom. En as dit nou uit is dan lyk dit so onmenslik vir so n kleinlyfie
    Help asb raad op

    ReplyDelete
  25. Probeer aalwyn.Ek koop die fyn stukkies in n kartonhouertjie, gooi dit in n lee kapsule en drink elke dag een.Begin eers met min totdat jy sien hoeveel help.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/8/23 02:29

      Hoe word dit aangemaak/opgelos in water?

      Delete
    2. Anonymous15/8/23 09:53

      Dis nie opgelos nie, maar gewoon fyngekap.

      Delete
  26. Gebruik Duphalac stroop. Dit werk soos n bom. By Clicks Dischem of apteke verkrygbaar

    ReplyDelete
  27. Digestive complex werk baie goed vir eenige maag probleme dis nie n lakseermiddel nie en jy hoef dit nie elke dag te gebruik nie.

    ReplyDelete
  28. Goeie dag
    My baba is ñ week oud. Ek kan nie borsvoed nie so ek gebruik blikmelkies. Haar magie gaan 1 keer ñ dag maar die laaste 2 daggies is haar stoelgang hard en balletjies. Kan ek vir haar olyf of soet olie in haar melkies gooi met eerste voeding in die oggend?

    ReplyDelete
  29. Room in jou koffie, heel eerste ding in die oggend, werk soos n bom!!

    ReplyDelete
  30. Hi ek sukkel met hardlywigeid het als probeer geen teken van maag werkkings nie dit kom nou bo uit ek bedoel opgooi soos my.maag verstop is wat se raad het julle dalk?

    ReplyDelete
  31. Drink 2glase Druiwesap in oggend en aand voor slapenstyd of as jy wl drnk n 1ltr vn die sap in oggend dit verrig wonders vir hardlywigheid

    ReplyDelete
  32. Goeie middag ek het n dogtertjie 2 maande en n week ek ha melk gechange van lactogen na isomil maar magie wili werk ni tog sag maar wili self werk ni en ha borsie krap en sy nies baie en hoes na sy gedrink het so drie keer en dan bring sy winde uit my asb se wat kan ek doen dankie baie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Het jy al oorweeg dat sy dalk 'n allergiese reaksie het op die Isomil? Verander weer na Lactogen en kyk of dit weggaan.

      Delete
  33. Anonymous8/4/23 19:30

    Ek gebruik Xyletol in pleks van suiker, dit hou my gereeld. Kan ook die suiglekkers koop wat v Xyletol gemaak word, maar daar is max per dag wat jy mag suig, anders veroorsaak dit weer diarrhea. Probeer gerus vir jul kinders, ook goed vir diabete

    ReplyDelete