Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



13.6.23

Kroniese Moegheid Sindroom / Jappiegriep

Jappiegriep, Kroniese Moegheid Sindroom (KMS) is 'n siekte wat vir lank nie erken is nie. Dit word egter na al die jare erken as 'n kroniese siekte.

Die siekte kan skielik begin, of die lyer stadig bekruip oor 'n tydperk van 'n paar jaar. Dit volg gewoonlik op 'n virusinfeksie bv. griep. Nie alle gevalle van KMS is kronies nie. Daar is egter nie sekerheid of lyers wel genees word en of die simptome net ligter word sodat hulle beter kan funksioneer nie.

Tekens en simptome: Moegheid: kronies of wisselend
Uitputting
Slaapsteurnisse
Depressie
Spierpyne
Gewrigspyne
Hoofpyn
Totale uitputting na oefening
Verswakte konsentrasie
Vergeetagtigheid

Diagnose: Dit is baie moeilik om KMS te diagnoseer. Daar is geen spesifieke toetse wat gebruik kan word om die diagnose te kan maak nie. Wanneer al die ander mootlikhede uitgeskakel is, sal die dokter KMS diagnoseer.

Baie meer vroue as mans ly aan KMS.

Moontlike oorsake: Stres
Virusse
Toksiese stowwe
Oor- of onderaktiewe imuunsisteem
Hormoonprobleme
Probleme met die funksionering van die outonome senuweestelsel wat onder andere die bloeddruk en metabolisme beheer.
Swak voedingstatus, veral 'n streng vegetariese dieet.
Depressie
Tandbederf

Behandeling: Antibiotika
Antifungale behandeling

Multivitamienes wat die imuunsisteem 'n hupstoot gee
Hormone
Antidepressante
Slaapmiddels
Pynmedikasie
Klimaat: sommige lyers vind dat 'n warmer klimaat die simptome verlig
Mondhigiëne
Oefening: veral die wat spiere sterker maak
Sielkundige berading: Dit beteken NIE dat KMS 'n sielkundige siekte is nie!
Meditasie

Daar is in vandag se verligte eeu geen rede waarom KMS lyers nie normale lewens kan lei nie. Bekende KMS lyers:
Brian Aldiss: Skrywer
Die Hertogin Van Kent
Blake Edwards: Skrywer en regiseur van o.a. The Pink Panther, Breakfast At Tiffany's
Kelly Holmes: atleet

bydrae: Barbara Pelser



(foto: Cotton Bro Studio)

13 comments :

  1. Kan julle vir my 'n doktor of doktors aanbeveel wat navorsing gedoen het met KMS.
    My seun lei al 13 jaar daaraan.Hy het vir Noord Tvl berg fiets gery,lank met bilharzia virus gesukkel, en ja alles
    wat julle gelys het sukkel hy mee.Hy was al vir verskeie behandelings van interniste tot homopate,en ons glo daar moet tog iemand wees wat hom kan help.HY is getroud en het 2 klein kindertjies en is woonagtig te Pretoria.
    Hoop julle kan ons help.

    ReplyDelete
  2. Anonymous1/11/10 17:31

    Asj y van iets gehoor wat help, laat my ook asb help.Neels

    ReplyDelete
  3. Anonymous2/11/10 12:43

    Ek sukkel ook met al die simptome. As daar iets is wat help vir dit, gee asb vir my ook die raad. Dankie. Pepi

    ReplyDelete
  4. Anonymous2/3/11 13:47

    My ma is kronies moeg. Kan nie eers hare was nie. Drie tree is vir haar te veel. As julle enige raad het of ’n Dokter het wat kan help. Laat my weet se'blief. Sy's 72

    ReplyDelete
  5. Anonymous3/3/11 09:36

    Slaap sy goed? Vra haar uit daaroor. Heelwat ouer mense raak depressief op daardie ouderdom en moegheid is een van die gevolge. Dit kan ook 'n newe-effek wees van sekere bloeddrukmedikasie. Sorg dat sy gebalanseerd eet en 'n bietjie oefening doen. Oefening kan nuwe lewe in haar blaas.

    ReplyDelete
  6. Anonymous5/4/11 15:55

    Moegheid: kronies of wisselend
    Uitputting
    Gewrigspyne
    Hoofpyn
    Totale uitputting na oefening
    Verswakte konsentrasie
    Vergeetagtigheid
    Ek kry die bogenoemde simtome van moegheid. Ek slaap my lewe om. Dit het begin in September net nadat ek gegaan het vir voorbehoedinspuiting 'n week daarna het ek net begin slaap. sal dink ek het 'n slaap pil gedrink.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous17/8/23 13:30

      Goeie dag. Ek het dieselfde simptome gehad en was gediagnoseer met skildklier. Julle sal nie glo wat hierdie klein orgaan aan jou liggaam doen nie. Laat hulle jou skildklier toets en die regte behandeling kry. Sterkte daar

      Delete
  7. Anonymous13/4/11 10:38

    Verander jou voorbehoedmiddel en kyk of die simptome verdwyn.

    ReplyDelete
  8. Anonymous5/4/12 22:58

    Ek was gediagnoseer vir rickettsia. Gaan lees gerus opdaaroor. As jy erens in jou lewe dalk gebyt is deur vlooi borsluise ens dan is dit moontlik waar jou moegheid vandaan kom Daar is twee Dr wat jou kan behandel met baie suksess en dit is Dr gerin of Jadin hul is man en vrou. Hul gee puls behandeling met verskillinde tetracyclienes, hoop dis re gespel. Moet asb nie eers nog ander dr gaan sien hul weet presies waarvoor om te toets. tel 0114659493 Huidiglik is hul uitgekontrakteer en n konsultasie kos R720 wat betaal moet word onmiddelik op dag van konsultasie. Mense gaan dood van hierdie siekte en vertrou my dit slaan terug en die kiem is verewig in jou sisteem. Wat die kiem uit sy dormante staat uithaal en jou so siek maak, ongelooflike moegheid, is n handvol goed. Geen suiker, kaas, joghurt, kafeine, ek is nou al 6 jaar kafeine vry, moenie aan vlooie vat met die hand diere moet behandel word vir vlooie, bly weg van pestisides. Geen adrenalin inspuitings by tandarts, Geen groei hormoon aanvullings. en so hou dit aan die Dr sal jou n lys van goed gee wat jy vir ewig moet vermy. En dan natuurlik kan CFS ook gekoppelord aan kroniese depressie. Sterkte

    ReplyDelete
  9. Ek is amper 2 jaar terug gediagnoseer met depressie en dit hou nogsteeds aan. Ek is pal moeg my liggaam voel uitgeput. Slaap baie maar moeilik. Snaakse eetlus en duisligheid. Ek voel rerig nie lekker nie en kan die gevoel nie beskryf nie. Ek weet nie meer wat om te doen nie. My pa was 'n paar jaar terug gediagnoseer met jappie griep en is genees daarvan. Is dit moontlik dat ek dit ook kan he veral na ek 3 maande lank vir my hormone behandel was deur die dokter wat vir my Fertomid voorgekryf het elke maand met my siklus?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/5/14 13:09

      Het jy al oorweeg dat dit as gevolg van jou depressive is? Sien jy tans 'n sielkundige?

      Delete
  10. Anonymous24/9/17 19:09

    Ek is deesdae moeg..moeer as moeg moeg, en het geen energie, ook geen begeerte om in iets belang te stel nie. Ek het griep gehad vanaf einde April...en toe e.coli in my bloed e urine en is deur 6 x antibiotika. Hoe kan ek weer mens word ?

    ReplyDelete
  11. My seun het n vergrote hart , hy het ook n voet wat seker al 10 operasies aan gehad . My skoonma het by ons gebly en het verlede jaar net voor kersfees gesterf weens die covid . Van daardie tyd kry my seun angs aanvalle en gebruik ook pille vir depressie,kalmeer pille,plus al die pille van die hart spesialis.Ons hetnou al die Dokters se pille gegoogle hy het n problem dat hy baie gewig optel . Volgens die newe effekte wat ons gegoogle het maak sommige van die pille jou vet en moeg . Hy raak nou so vinnig moeg hy kan nie 10 tree loop dan moet hy gaan staan om asem te kry .Hy raak net al hoe meer moeg en ons weet nie of dit van die pille is of wat die oorsaak van die moegheid is nie . Selfs die Dokters kan ons nie eers help en sè wat die moegheid veroorsaak. Dit is glad nie lekker om so te leef dat jy al self sè jy het nie plus on n dag in te gaan en jy moet in jou jammer bly sit of in die sitkammer . Waarheen nou regtig ons is raadop enige voorstelle.

    ReplyDelete