Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



8.5.09

Alkoholmisbruik

Die volgende is tekens van alkoholmisbruik:

• Beheptheid met alkohol
• Angstig oor alkohol
• Vertel leuens
• Spog oor die hoeveelheid wat hy drink
• Asem ruik na drank
• Drankies word vinnig gedrink
• Dink aan verskonings om te drink
• Ontken drankprobleem
• Skuldgevoelens oor drank
• Gebruik asemverfrissers
• Lei aan naarheid, eetverlies en vomering
• Oggendhoofpyne

bydrae: Karen

54 comments :

  1. Ek is so 2 jaar gelede met n wonderlike vrou getroud, sy is 45 jaar oud, mooi gebou. Die probleem is, sy drink n bottel wyn uit op woensdae aande asook op n saterdag aand. Kan dit n nadeel vir haar gesondheid wees. Die wyn wat sy drink is die light wyn.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/2/24 23:50

      Ek bly saam met 'n man wat 10 en meer blacklabel courts oor naweke drink en dan 4 elke weeks aand. Dan drink hy nog 20 granda poeiers 'n dag. Hy behandel my baie sleg en vloek my baie. Ek het nerens om te gaan. Hy se hy het nie 'n probleem nie en dis sy geld. Hy se dit laat hom ontspan en goed slaap. Wat kan ek doen. Ek is lewens moeg en dink al aan selfmoord, net om weg te kom. Help asb. Hy wil ook niks weet van rehap of Aa nie.😭😭😭😭

      Delete
    2. Anonymous12/2/24 11:22

      Probeer Lifeline, hulle kan jou heel moontlik help: 0861 322 322

      Delete
  2. Anonymous8/5/09 09:56

    Die oormatige gebruik van alkohol het op die lang termyn 'n verwoestende uitwerking op die brein, hart, lewer, longe en ander organe. Die matige gebruik van alkohol is aanvaarbaar, maar jou vrou gebruik dit nie matig nie en indien dit oor 'n lang tydperk gebeur kan dit lei tot alkoholisme of die verskrompeling van die lewer. Erger nog plaas drinkgewoontes baie druk op gesinsverhoudinge. Ongelukkig kan weinige strawwe drinker op sy of haar eie ophou en moet hulle dikwels professionele hulp kry.

    ReplyDelete
  3. Anti-alkohol, Bloemfontein8/5/09 09:57

    Goeimiddag, dis eintlik ‘n simpel vraag want die antwoord ken ek self, maar tog gaan ek vra. My man drink elke dag van sy lewe bier, maklik 4 biere, dan nog selfs ‘n dubbele sopie brandewyn met coke, as daar in die huis is. Hy bewe soggens vreeslik baie, hy eet ook baie swak en sy oë is nie helder nie. As daar nie bier is nie sal hy selfs wyn of ‘n sider drink, nou wonder ek soms waar kom die bier vandaan, want daar is regtig soms nie geld om iets te kan koop nie. Ek het al vir hom gesê dat ek vermoed hy is afhanklik van die alkohol, maar hy ontken dit, hy sê dat hy sonder dit klaar sal kan kom, maar hoekom moet hy as hy dit geniet. Hy rook ook ten minste 20 sigarette per dag en is skraal maar onfiks, hy is nou 49 word maart 50. Ek is al so moeg vir drank maar skei is tog nie die oplossing nie, waartoe gaan dit lei? Ek het al aansoek gedoen vir ‘n lewenspolis op sy lewe, maar is te hoog, kan dit nie bekostig nie. Hoe dring mens tot so mens deur om hom te laat besf hy is besig met selfmoord? Hy het belowe dat hy in die maand sal gaan vir toetse, prostaat, lewer, ens. Al wat ek nou kan op hoop is dat die toetse sal wys dat hy dadelik sal moet ophou anders sal hy nie 60 haal nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/1/12 04:58

      Anti-alkohol Bloemfontein, moet asseblief nie moed opgee nie. Gaan op jou kniee en vra dat die Here hom help. Skei is nie 'n oplossing. Staan hom by. Vra hulp by AA. Hierdie mense verstaan want hulle is self alkoliste. Hulle sal hom nooit veroordeel nie. Hulle was self in daardie situasie. Die gesindheid van hierdie mense is wonderlik. Hulle sal julle bystaan, maak nie saak watter tyd van die dag of nag julle hulp soek. Asseblief gaan na AA, hulle is die mense wat verstaan en wil help.

      Delete
    2. Weet julle. Dis nie so maklik nie. As die persoon wat drink nie wil herken hy het 'n problem nie dan help als niks. My man drink net wit drank en dis 'n Groot teken van alkolisme. Hy drink nie elke day nie maar as hy drink raak hy aggresief met tye en 'n bottel is niks in drie ure.

      Delete
  4. Anonymous28/9/09 11:35

    Goeie dag.

    My Ma is 57 jaar oud. Sy drink geweldig baie maar ontken dit ons het al gesmeek gedreig maar niks wek nie. Sy het op 'n staduim toe ons bietjie weg was met vakansie so baie gedrink dat sy koue koors gekry het, ek het vermoed dit is alkhol vergiftiging. Haar suster het besluit dit is nou tyd dat ons strenger optree. Sy het vir my Ma 'n dr afspraak gemaak my Ma weier absoluut om te gaan volgens haar makeer sy niks. Sy het die afspraak maar net gekanselleer Sy het sulke rooi vlekke op haar lyf en het die vreeslikste maagpyn veral by haar dikderm.. Ek weet nie meer wat ons moet doen nie, wil nie graag haar werknemer hier by betrek nie. Sy doen niemand skade nie maar is besig met 'n stadige selfmoord met haar gedrinkery. Sy voel net ons moet haar uitlos van ons skinder van haar en meng in met haar persoonlike lewe. Wat kan mens doen help asbbbb...

    ReplyDelete
  5. Karen.
    Ek het 13 jaar self begin drink. Eers was dit
    net naweke. Na 'n paar jaar was dit elke derde
    aand 'n glasie wyn. Met die tyd het dit 'n bottel per aand geword. Eers het ek myself vertel dis nie so erg nie want die light wyn. Maar ek het al sterker wyn begin koop en party aande nog bier ook bygedrink. Kon nie was vir vier in die middae nie - om te ontspan jy weet. Ek was altyd maer maar is deesdae so dik soos 'n os. Ek het amper my voet verloor so drie jaar gelede. Ek loop baie swaar en ek dink my gewig speel 'n groot rol, daarom het ek gaam hulp soek by die dokter. Dit was vreeslik om vir hom te vra ek soek hulp oor voggies. die kyke wat jy kry by die dokter wat jou ken ... en self jou apteker. Wel druk deur en kry hulp. Daarsonder kan niemand ophou nie. Ek drink nou antabuse. Dr. het my so skrik op die lyf gejaag en almal wat die middel ken, dat ek nie sal waag om 'n drankie te neem saam dit nie. Die eerste vier dae is die swaarste, daarna gaan dit al beter. En die rolletjie word ook minder. Sterkte aan almal met die probleem. Ek het altyd gedink dit sal my nooit onder kry nie, maar dit het - en ek het besluit om iets daaromtrent te doen. My kinders is jonk en ek wil nie dat hulle die pad eendag volg wat ek gevolg het nie. Groete

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/1/12 09:32

      Liewe Karen, wat jy gedoen het was 'n groot stap met deursettingsvermoe. Ongelukkig dink ons mense altyd dat niks ons sal onder kry, dan kry die euwel van drank ons onder. Ek pleit jou onder die bloed van Jesus en moet nie na die duiwel luister wat jou sal wil verlei met 'n drankie. Baie sterkte.

      Delete
  6. Anonymous21/7/10 12:23

    Ek en my man is gelukkig getroud... En ons het 'n pragtige dogtertjie wat 3 maande oud is... Ek wil graag my kind op die regte manier groot maak. Maar ek sien nie die lig in die einde van die tonnel nie... My man drink wanneer hy kan, en hy drink bottels weg, van die een na die ander... bv Old Brand Cherry 'n 2L sal hy in 'n aand op drink, hy drink tot hy nie meer kan nie, dan bring hy op, en dan sal hy net weer verder aanhou drink, Hy kan net nie ophou nie... Dis in sy famielie ook! Dis aaklig! Ek is raad op, en ek bid al meer as 'n jaar...En het al so baie dinge probeer, Ek weet net nie meer nie...My hart is stukkend! Enige hulp of raad is welkom, sal dit waardeur asb...

    ReplyDelete
  7. Ek wil graag weet of daar nie iets is wat jy in iemand se drank kan gooi dat hy so siek word dat hy te bang sal wees om ooit weer daaraan te vat. Ek en my man het twee wonderlike seuns maar as hy gedrink het soek hy altyd moeilikheid met hulle en vertel vir my dat ek bv die kinders ou kos gee en hul mishandel. Die volgende oggend weet hy nie eers hy het dit vir my gese nie en se dan net ek moet daarvan vergeet. Sy kinders wil hom nie meer by die huis he as hy gedrink het nie hul se hy moet dan bly waar hy is. Anti boost kan ek slegs kry met 'n voorskrif is daar enige iets anders.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous28/1/12 08:55

      Hi Anonymous. Moet asseblief nie iets in jou man se drank gooi nie. Dit kan sy dood veroorsaak as dit 'n medikasie soos anti boost is. Gesels met hom, probeer uitvind of daar nie 'n probleem is wat pla. Natuurlik wanneer hy nugter is. Baie keer kan dit 'n onderliggende sielkundige probleem wat hy nie weet hoe om te verwerk of om te praat daaroor. Maar dra dit eers aan God op. Jesus het gestert vir ons en Sy bloed is onbeskryfbaar. Bid, en God sal jou help. Ek is so lief vir God omdatHy my dra en dat Sy enigste Seun aan die kruis gesterf het vir ons.

      Delete
  8. Anonymous4/11/11 10:29

    Ek het nou die afgelope tyd al die "anonymous"en ander weergawes oor drank misbruik/verslawing ens gelees, Engels en Afrikaans op al die internet sites,tog kan ek nog - (lees,bedoel ek), wonderbaarlik!Ek het beslis n baie groter probleem,dus ek drink baie,baie meer!Na 59 jaar op hierdie aarde,en na n suksesvolle 47jaar op ons planeet,het ek die laaste 12jaar die drank misbruik.Almal het hulle redes,iets of iemand moet die skuld kry......myne was my suster,Susan,se motorongeluk dood Januarie 1999.Dit het my onder gekry en die drank beheer my lewe nog steeds en sou ek nie nou my probleem erken en daadwerklik daaraan werk nie gaan ek my eie dood vervroeg en almal seermaak (wat ek reeds doen).Ek soek ernstig hulp.Ek erken my probleem en dit is nie maklik om dit so voor my oe op skrif te sien nie.Wat staan my te doen?philipdb@worldonline.co.za

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous30/1/12 14:44

      Hi jy, al wat ek vir jou kan se is dat ek bid vir jou. Jy wil jou eie dood vervroeg maar daar is so baie mense wat lief is vir jou, jy moet dit net besef. Ek self is 'n alkolholis so ek verstaan waardeur jy jy gaan. Moenie selfsugtig wees en jou self dood drink. Dink aan die mense wat lief is vir jou, Vra hulp maar onthou gaan eerste op jou kniee, vra God om jou te help, jy sal sien jou hele lewe sal ten goede verander.

      Delete
  9. Anonymous23/1/12 09:18

    Doen die 12 stappe van AA. Gaan op jou kniee en vra die Here om jou te help want sonder Hom is ons tot niks in staat. Ek is self 'n alkolholis en elke dag is 'n stryd maar bid vir krag. 90 AA vergaderings in 90 dae. Gaan, en gaan weer, dit werk.

    ReplyDelete
  10. Anonymous24/1/12 12:43

    onthou AA se gebed "God grant me the serenity to accept the things I cannot change, courage the change the things I can, the wisdom to know the difference" Die gebed dra my elke dag

    ReplyDelete
  11. Anonymous30/1/12 09:26

    Ek is 'n alkoholis wat ook smag na drank. Ek was 2 keer in rehab en dit het my baie gehelp.Die belangrikste wat ek geleer het: ek doen dit vir myself. Ek het soveel mense seergemaak wat na aan my is. Dit was moeilik om myself te vergewe maar dan : Jesus het gesterf vir ons sondes en Hy het my vergewe. Ek kry my selfrespek terug, ek gee weer om, om goed te lyk, netjies, skoon, waar dit lank nie vir my saak gemaak het. Ek bid elke dag dat mense wat ek seergemaak het, my vergewe. En hulle het. Ek kry weer respek van mense en ek doen dinge wat ek lank afgeskeep het, ek is trots op dit wat ek vermag maar met die krag van God.

    ReplyDelete
  12. Anonymous2/2/12 09:30

    Hi Philip op webaite van 4 November 2011. Onthou ons almal wat alkoholiste is verstaan hoe jy voel. Ek bid vir jou. Moenie dat enige iemand jou onderdruk of seer maak met woorde. Ek het dit lank toegelaat, nie meer. Geen mens mag oor jou oordeel, want wie is sonder sonde. Jy kan my kontak by amsewk@gmail.com as jy so voel. Sterkte my vriend.

    ReplyDelete
  13. Anonymous4/2/12 09:41

    More al my vriende. Ek wil net se ek bid vir almal wat die stryd teen alkolhol moet voer. Ek myself bid vir krag dat die temptaaie my sal uitlos. Julle briewe is 'n groot ondersteuning vir my. "one day at a time" Hoop julle het 'n wonderlike AA naweek.

    ReplyDelete
  14. Anonymous12/2/12 08:19

    Hi julle, ja ek is die een wat raad wil geee, toe val ek van die wa af. Maar ek het weereens gebid vir krag en opgestaan en loop weer stadig vorentoe. Was by my AA ontmoeting en almal was baie ondersteunend. Niemand was kwaad vir my en almal het my met liefde omring en my gese hulle bid vir my en moet ssb hulle kontak wanneer ek weer die drang vir drank het.God seen hulle en elke mens op aarde want ons is almal God se liefde werd.

    ReplyDelete
  15. Anonymous14/2/12 08:18

    Hi my vriende, mag julle 'n wonderlike AA dag he. Mag God julle seen en sterk hou teen alles wat ons moet teen stry. Bly positief en glo elke dag word beter. Maak van elke dag die beste.

    ReplyDelete
  16. Anonymous16/2/12 09:37

    More julle, ek wil net graag weet of daar iemand anders is wat op hierdie website ingaan. Ek voel alleen hier. Al se jy net hallo is dit goed. Motivering van julle kant sal help. Geniet julle dag en maak dit een dag op 'n slag.

    ReplyDelete
  17. Anonymous22/2/12 08:26

    wel vriende ek soek julle hulp en raad. Waar is julle?

    ReplyDelete
  18. Anonymous23/2/12 10:31

    ja julle, dalk is ek die enigste alkoholis wat erken ek het 'n probleem. Maar weet wat, niemand is perfek. Geniet julle AA dag.

    ReplyDelete
  19. Anonymous25/2/12 08:27

    hi julle. ek kan met eerlikheid en opregtheid se ek is 'n alkoholis. God het my die krag gegee om dit te erken en mense beskou dit as 'n skande. Onthou Jesus het 'n sirkel op die sand getrek en gese die eerste een wat sonder sonde is moet die klip eerste gooi. Niemand kon en al die farisieers en omstanders het omgedraai en weggeloop. Geen mens is perfek. Net God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees is is sonder sonde. Mag almal 'n geseende AA naweek het. "One day at a time"

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous7/6/12 16:01

      Vertel my asb wat ek doen om n alkolis te help!!! Ek weet nie meer nie ek is magteloos!

      Delete
    2. Wil graag my seun help wat nie wil herken hy is n alkolis nie. Ek het dringend hulp nodig. Ek voel magteloos

      Delete
  20. Anonymous27/2/12 15:47

    middag se almal. Hoop hwt 'n geseende dag gehad. Ek bid vir elke mens op hierdie aarde sodat ons met die krag van God teen alles stry wat verkeerd is. Geniet 'n wonderlike AA aand.

    ReplyDelete
  21. Anonymous2/3/12 10:35

    Dagse almal. Klink vir my of almak goed doen Dit is wonderlik. Mag julle almal 'n geseende AA naweek he.

    ReplyDelete
  22. Anonymous5/3/12 09:08

    Goeie more almal. 'n Geseende dag vir almal. One day at a time.

    ReplyDelete
  23. Anonymous14/3/12 05:17

    Ek maak die beste van elke dag. God het my weer op my kniee gedwing en ek is Sy kind. Hy het my vergewe en Sy Grootste geskenk gegee, Sy Seun Jesus wat gesterf het vir ons sondes. Ons is gewas met Sy bloed. Mag elkeen Sy Grootheid ervaar. God grant me the serenity, to accept the things I cannot change, the courage to change the things I can and the wisdom to know the difference. Geniet 'n wonderlike AA dag. One day at a time.

    ReplyDelete
  24. Anonymous3/4/12 06:41

    More my vriende, War 'n lieflike dag. Mag God, Sy Seun en Heilige Gees pns dae vul met alles wat goed is. Hy is die Alfa en Omgea. Maak elke dag die beste daarvan,

    ReplyDelete
  25. Anonymous2/5/12 10:03

    ALKOLISME grappie se dit is soos n uitveer vee alles uit en mense lag daaroor! Maar mense dit vernietig nie net die alkolis nie maar sy familie. Ek het so pas uitgestap uit my huwelik van 20+ jare. Dit het eenvoudig net te veel geraak. Maar weet julle wat is die ironie. Hy gaan aan met sy drinkende lewe, met die een verskoning na die ander oor hoekom hy drink en ek sit met al die gevoelens en skielik voel ek soos die "failure", omdat ek NIKS meer kan doen om hom te help nie. Magteloosheid!!! Magteloosheid!!!! Ek lees alles na om te sien wat om te doen om ten minste myself en my kinders te red maar hoe meer vrae hoe minder antwoorde. Ek bid elke dag van my lewe vir God om te help!! My en my kinders te spaar en ons heel ander kant uit te bring, want MNR DIE ALKOLIS DIE SKADE WAT JY DOEN IS GROOT, BAIE BAIE GROOT!!!

    ReplyDelete
  26. Anonymous11/5/12 10:20

    Vandag is weer een van daardie dae wat ek skuldig voel oor ek my voet moet neersit!! Mnr/Mev die Alkolis weet jy hoe selfsugtig is jy!!! Weet jy hoe jy nie net jou eie lewe nie maar ook die lewe van jou pragtige seun en dogter vernietig. Weet jy hoe jy my lewe vernietig. HOekom kan jy nie net teen hierdie drank euwel beklei nie hoekom gee jy net op, Jy wat altyd hierdie spontane mens was is nou n patetiese figuur wat lieg en bedrieg om jou volgende regmaker te kry. Ek weet nie meer wat om te glo en wat om nie te glo nie. Jou optrede dryf my van my kop af, frustreer my en krap my hele lewe om. HOEKOM KAN JY NET DIE DRANK LOS NIE....ONTHOU DIT MAG DALK MAGTIG WEES MAAR GOD IS ALMAGTIG!!

    ReplyDelete
  27. Anonymous7/6/12 15:58

    Liewe Vader waardeur moet n mens nog gaan. Nou gaan ek volgens hom die oorsaak wees hoekom hy selfmoord gaan pleeg Here vergewe maar ek weet nie meer waarheen nie. Hoekom kan hierdie man nie uit die greep van alkolisme kom nie, Hoekom vertel hy vir almal hy het niks meer oor om voor te lewe nie, is ek en die kinders dan niks!! Hoekom doen hy dit aan my wat hom nog altyd net bygestaan het deur alles!! Deur al die goeie tye maar ook al die goeie tye.. Kan iemand my dalk help waar kry n mens hulp.

    ReplyDelete
  28. Anonymous18/6/12 12:12

    Nou gee ek op hoekom is die lewe so onregverdig, hoekom wil jy jouself dood drink!!
    Ja dit is wat die meneer mos nou voor lewe om homself dood te drink!! Hoe kan enige mens so selfsugtig wees. Ek kan dit hanteer die God weet ek kan dit hanteer maar my kinders Here my kinders kry so seer help hulle. Liewe Hemelse Vader gee dat hulle nie die letsels dra wat hierdie selfsugtige alkolis veroorsaak het nie!! Maak hulle vry van pyn Here, dit is al wat ek vra. Maak my vry Here en laat hierdie selfsugtige mens homself dan DOOD DRINK SOOS HY BEGEER.

    ReplyDelete
  29. Anonymous19/6/12 15:51

    Liewe Anonymous. Ek weet presies hoe jy voel. My pa, broer en self man drink. Ek het ook swaar onder drank grootgeword en dit is hoekom ek so afsku het daarvoor. Ek het 'n oom Piet smit by NG Moreletta in Pretoria gaan sien. Hy is 'n berader en was self 'n verslae alkolis op sy dae. Hy het vir my en my gesin gebid. Vandat ek hom besoek het, gaan dit regtig beter met ons. Ek glo in wonderwerke en ek glo die Here sal julle behoed en bewaar. Al voel dit nie soms so nie. Volhard in gebed en moet nooit jou vertroue in God verloor nie. Hy werk op snaakse maniere en Sy tyd is nie altyd ons tyd nie. Jy kan NG kerk se nr. google. Die konsultasies is gratis. As ek reg is - is jou man ook hardkoppig en sal weier om saam te gaan na die berader. Gaan alleen en gaan dra jouself en jou kinders op aan die Here. Oom Piet is dierbaar en sy gebed baie kragtig. Ons is geneig om nie te glo in wat ons bid nie en ons twyfel in God se genade omdat ons so gewoond is om terleurgestel te word. Ek ken die gevoel. Ons is menslik en dit is normaal. My raad aan jou. Hou aan bid en klou vas aan die Here. Hy SAL vir sy kinders sorg. Sterkte en ek bid vir jou.

    ReplyDelete
  30. Anonymous25/9/12 08:52

    Baie dankie vir die bemoedigende woorde.....deur die hele proses het ek en my kinders God leer ken en ervaar ons elke dag sy liefde in ons lewe MAAR dit bly nie lekker as jy sien hoe jou lewensmaat van 23 jaar (ons is nou 10 maande uitmekaar) sy lewe wegdrink nie. Al wat oorbly van hierdie eens spontane, breedgeskouerde man is n patetiese bondel bene, wat net leef vir sy volgende drankie! Dit is so hartseer om te dink daar is elke dag mense wat veg vir hulle lewe hulle het geen keuse nie maar die wat wel n keuse het kies om hulle self DOOD TE DRINK........

    ReplyDelete
  31. Anonymous25/9/12 08:59

    LIEWE ALKOHOLIS ek skryf vandag hierdie brief in die hoop dat dit jou sal help om jou lewe om te draai. Ek ken al die verskonings in die boek...ek weet ook dit is nie maklik nie...MAAR my vriend/vriendin daar is n uitweg...GEE JOU LEWE ONVOORWAARDELIK VIR DIE HERE vra God om besit te neem van jou lewe en hy sal jou lei en die kettings van alkoholmisbruik vir jou losmaak. Moenie dit vir iemand doen nie doen dit vir JOUSELF want God is lief vir jou!!! Staan vandag op vir jouself,MAAK NIE SAAK WAT IN JOU LEWE GEBEUR HET NIE..............JY KAN DIT NIE VERANDER NIE..............maar jy kan wel deur die regte keuse jou lewe en die van die mense rondom jou verander..JY KAN AS JY WIL MET DIE HULP VAN GOD!! En moenie se ek weet nie waarvan ek praat nie EK WEET!!

    ReplyDelete
  32. ek sit met my hande in my hare... ekt n wonderlike man ontmoet so 5jr gelede 2 seuns saam die mooiste,slimste 2kies, hys hardwerkend nie n lui haar op hom, dierbaar maar kan nie drank uitlos nie in so mate dat hy dit al gesteel het en die ergste ons kan dit bekostig...moet elke dag drink, gaan slaap vroeg agv kan nie wakker bly nie maw in proses verloor ons kosbare tyd saam!!! soms wil ek mal word hy ontken dit ten alle tye maar ek wat nie alkohol gebruik nie ruik dit aan hom, ek kry my kinders jammer dis nie wat ek vir hul beplan het nie, ekt raad nodig asb

    ReplyDelete
  33. Ek is amper 2jr getroud met my man.Hy is n hardwerkende man maar die drank werk netso hard saam. My probleem is hy drink by die werk en kom dan so vir my by die werk optel. Hy kan sonder drank gaan en dit het hy al aan my bewys.Maar sodra hy die geleentheid kry om tedrink dan vergryp hy homself aan die drank asof daar geen einde is nie.Ek het al vir hom gevra om tekies tussen drank of sy huwelik maar sy antwoord bly altyd dat ek as sy vrou kom eerste in sy lewe maar met dieselfde asem laat hy my verstaan dat hy nie gaan ophou drink nie. Wat doen ek met so n antwoord? Dit veroorsaak baie bakleiery in ons huwelik en ek is al so gatvol daarvoor om met hom tebaklei.Ek het hom baie lief en wil nie van hom skei nie maar ek kan ook nie so aangaan nie.Dis ook asof hy n gesplete persoonlikheid ontwikkel wanneer hy onder die invloed is.Ek geniet self n drankie op sy tyd maar moet skaars die brandy kan proe met die coke.As enige iemand vir my raad kan gee hoe om met hom tewerk tegaan asb eks desperaat vir goeie raad. Ek praat elke dag met God net om vir my die krag tegee om deur dit tekom.

    ReplyDelete
  34. Hi ek sit met n probleem my man is n baie goeie mens maar hy wil elke dag drink dit het al sover gekom dat hy drank wegsteek en vir my jok hy drink net bier maar as daar nie bier is nie sal hy selfs hardehout soos whisky en brandewyn drink as hy dit in die hande kry en hy kan nie hardehout drink nie dit maak hom aggresief hy het ons nog nie fisies iets aan gedoen nie hy drink bier soos koeldrank of water ek kan nie meer nie ek het al self 4 selfmoord pogings agter my naam en ek het 2 wonderlike dogters die oudste 1 wil nie eers meer huis toe kom om te kom kuier as hy begin drink nie daar is nie altyd geld om drank te koop nie soos ek se ek kan nie meer nie ek soek raad asb hy was al by n sielkundige oor sy drank probleem en het gese hy kan self regkom ek self drink nie

    ReplyDelete
  35. Anonymous5/4/14 19:30

    My man drink ook tot hy slaap. As hy daar wakker word drink hy net verder. Dis amper elke dag se storie. Naweke drink hy by plekke en gaan dwarsdeur die nag aan en kom lank na sonop huistoe die volgende dag. Ons moet hom dan heeldag bedien. Ek kan die drankreuk nie meer hanteer nie. Ons baklei meer as wat daar vrede in ons huis is. Help........!

    ReplyDelete
  36. Anonymous5/4/14 19:36

    My man drink ook tot hy slaap en gaan net aan as hy weer wakker word. Naweke gaan drink hy by plekke en bly deurnag weg en kom eers lank na sonop by die huis aan. Ek en kidds moet hom heeldag bedien en hy is altyd moeg by die huis,maar nee hy is die voorbok by sulke plekke. Ek haat sy drankasem en kan nie meer nie. Help asb..........!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/5/14 09:11

      Kontak http://www.aasouthafrica.org.za/ vir hulp.

      Delete
  37. Anonymous12/9/14 16:22

    Ek het n vriend waarvoor ek baie lief was, hy drink verskriklik. Hy het my so seer gemaak met sy gedrag. Ek is nie die goed gewoond nie. Hoekom drink mense so? Doen ek iets verkeerds? Ons is nie meer bymekaar nie. Maar ek kry hom baie jammer. Wat my bekommerd maak is dat sy ouers hom nie probeer aanspreek en reg help nie.

    ReplyDelete
  38. Ek en my man is al 14jaar saam hy drink nie elke dag nie maar as hy drink raak hy van sy kop af vloek, skree dis baie erg. Hy lieg ook om te gaan drink. Ons het 2 dogters en hulle is vrek bang vir hulle pa as hy dronk is help asb???

    ReplyDelete
  39. Ek en my man is al 14jaar saam hy drink nie elke dag nie maar as hy drink raak hy van sy kop af vloek, skree dis baie erg. Hy lieg ook om te gaan drink. Ons het 2 dogters en hulle is vrek bang vir hulle pa as hy dronk is help asb???

    ReplyDelete
  40. My man het jare terug begin drink. N biertjie n aand tot n brandewyn of twee elke aand. Dit het al hoeveel meer geword en het hy oorgeslaan na whiskey na n hart operasie. Ek het groot geword met n broer wat gedrink het en nog by ons in die huis gebly het. Hy was altyd agresief as hy gedrink het en sy vrou aangerand en een keer selfs vir my. Ek moes stil soos n muis wees as hy drink want dit was maklik om iets verkeerd te sê en dan is hy aggresief. My man is nie aggresief nie en ons was nog nooit bang vir hom nie. Ek het nog altyd die vrymoedigheid gehad om met hom te praat en dan belowende hy hy sal minder drink. Die hou n paar weke en dan word dit maar weer meer. Ek het weer verlede week met hom ge praat en gevra hy moet daaroor dink om heeltemal op te hou. Die aand het hy vir my gese dat hy die drank gaan laat staan
    Hy weet hy het ons ondersteuning en ons sal hom help sover dit in ons vermoe is. He het vandag vir my gese dat sy gemoedstoestand nou in die regtig plek is soos toe hy op gehou rook het. Ek is so dankbaar dat die Here my gebede veroorsaak het. Ek weet ook dat dit nie maklike pad is nie soos wat hy ook sê. Enige raad wat julle kan gee sal waardeur word en hou ons in julle gebede. Die Here is groot...

    ReplyDelete
  41. Ek is ook nie meer lus vir n lewe saam n suiplap nie. Hy drink ale drank wat voorkom en is altyd moeg en lus vir niks,maar as hy drink makeer hy niks. Hy beledig my en die volgende dag weet hy niks daarvan nie en verwag dat ek en die kinders normaal moet aangaan. Dan moet ons hom heeltyd bedien en as ons dit nie doen nie sê hy ons waardeer hom nie. Hy drink dwarsdeur die nag en kom soms na sonop die volgende dag by die huis en verwag van my om hom te versorg. Ek moet dan in sy toestand hoor hoe lelik ek is en dat ek myself moet laat mooier maak. My kinders lag nie meer nie en ek is ook heeldag negatief. Hy doen nooit iets saam hul nie want hy is mos altyd moeg. As ons erêns heen wil gaan moet dit altyd n plek wees waar daar n kroeg is. Dan is ons geselsskap nie goed nie en nooi hy ander dronk mense om by ons te sit. As ons wil huis toe gaan raak hy buierig en begin my beledig.
    Ek weet nie meer wat om te doen nie.....gaan ek ooit weer kan lag en my kids gelukkig sien???
    Siek en sat vir dronkaards

    ReplyDelete
  42. Anonymous17/6/17 23:34

    Dagse mense

    Ek hoor dat druppels ipekakuanha tinktuur van Lennons n alkolis so erg laat opgooi dat hy nie weer sal wil drink nie?
    Enige sukses stories hieroor of ander advies asseblief?

    ReplyDelete
  43. Anonymous30/9/17 12:40

    My man drink al sy lewe lank.ons is 35jaar getroud en ek het agterna getrek omdat hy in d buiteland werk.hy en ek ht besluit ons kn nie so ver van mekaar af bly nie.hy drink elke dag 3tot 4brandewyne,(doubles)ek is n kind van d Here en dien die Here voluit hy lees nie sy bybel eens nie bid saans,alleen.ek het al soveel kere gesmeek gebid geprt mr niks help nie.hy se hy drink omfat dt hom lekkr laat voel.nou hoe moet n mens dt nou vrrsyaan???ek haaaaat drank!!!!!eat moet ek doen.moet ek terugtrek SA toe dt sal vir hom n grt terugslag wees.hy het noual sover gegn om vir my te se hy sal na werk by d club gn drink saans dan hoef ek nieso te moan nie.wat hy nie verstaan nie is daar kom lelike gevoelens in my op drank walg my.ek is lief vir my man mr wat moet ek doen asb gee my raad

    ReplyDelete
  44. Ek soek asb die naaste AA vergadering..Rietfontei pretoria kan iemand help met kontak nr of adres....ekt hulp nodig

    ReplyDelete