Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.4.09

Migraine

Ek het die briewe gelees van die lesers wat met migraine sukkel en kry hulle baie jammer, wat ek kry dit al 24 jaar elke maand. Dit is definitief hormonaal en kos speel ook 'n faktor. Ek sou graag wil hê as dit toelaatbaar is om vir die lesers te noem dat "Maxalt RPD 10" wafers my lewe verander het. Ek kry dit nog steeds, maar ek gaan nie meer vir inspuitings nie, raak nie meer naar nie, en kan weet normaal funsioneer. Dit is duur, maar elke sent werd. U weet seker self dat dit onder die tong gesit word, en binne 'n halfuur tot 'n uur is daar nie teken van die migraine nie. Daar is geen newe effekte nie, net dat ek 'n bietjie moeg voel. bydrae: Marianna

19 comments :

  1. Anonymous20/7/09 07:40

    Goeie dag,

    My geliefde is 45 jaar oud, maar nou deesdae klae sy dat sy geweldige hoofpyne kry NA seks, veral as sy nie saam met my orgasme
    gehad het nie, dan duur dit tot die volgende dag ook. Die ergste is dat gewone pynpille help nie daarvoor nie.

    Dankie by voorbaat

    ReplyDelete
  2. Anonymous20/7/09 07:43

    Het ook 'n probleem gehad met hoofpyne na seks.

    Eerstens moet mens noem dat dit psigosomaties kan wees. Indien nie kan die oplossing vir haar dieselfde wees as vir my.

    Oefening is die antwoord. Vreemd, maar waar. Het vir my gewerk. Verbeter jou bloedsomloop.

    ReplyDelete
  3. Beste Suster
    Ek kry die aakligste hoofpyne. Niks wat ek drink help nie, selfs nie eers die sterkste oor die toonbank pynpille en ´n voltaren inspuiting nie. My dokter het al selfs spierverslappers voorgeskryf. Ek is raadop. Help my asb! Wat sal die hoofpyn wegvat? Dit is veral aan die regterkant van my kop, bo my oog. Dit is op sy ergste 2-3 dae voor my maanstonde en ook daartydens! Help asb! Daar moet iets wees wat ek ken doen of drink!?

    ReplyDelete
  4. Suster Barbara Pelser17/11/09 12:44

    Dit klink na ´n migraine wat geassosieer kan word met hormonale veranderinge net voor en na menstruasie. ´n Migraine kom gewoonlik voor aan die een kant van die kop, bo die oog, met sensitiwiteit vir lig en geraas . Naarheid kom ook voor. Daar is verskillende maniere om die hoofpyn te beheer. Jy kan jou dokter gaan sien wat medikasie kan voorskryf wat die hoofpyn sal voorkom wat jy dan elke dag moet neem. Omdat hierdie net op sekere tye voorkom, stel ek voor dat jy na jou apteek gaan en vra vir ´n "migraine fix". Dit is gewoonlik ´n migraine tablet (wat Ergotamine bevat). Vra ook vir gewone pynpille, iets vir naarheid en ´n anti- inflammatoriese middel. Die neem jy alles gelyk en gaan rus dan vir ten minste ´n uur. Gewone pynpille alleen sal net die probleem vererger aangesien migraine veroorsaak word deur verwyding van die vate, en gewone hoofpyn deur sametrekking van die vate. Gewone pynpille is daarop gemik om die vate te verwyd, en vererger dus die probleem. Sterkte en laat weet hoe dit gaan!

    ReplyDelete
  5. Celeste Fourie17/11/09 12:48

    Ek kry megrain hoekom kry ek dit net aan die eenkant van my kop veral regs en in my regteroog.

    ReplyDelete
  6. Gaan spreek jou dokter hieroor en lees onder vir meer oor migraine.

    ReplyDelete
  7. Jacques Klopper17/11/09 12:49

    Ek dink ek kry migrains en het pille gekry wat werk maar kan dit so erg wees dalk is dit iets anders die helfde van my ligaam gaan mors dood kan nie sien nie lyk soos flokkies, raak mal kan nie eers my naam onthou of ken nie, gaan hospitaal toe hulle spuit my goed in en dit help ook nie,ek wil eerder sterf as ek die migrain kry,dink jy dit is migrain, het 'n pil gekry n jaar trug en dit werk maar is bang dis dalk iets anders.

    ReplyDelete
  8. Migraine kan wel so erg wees. Dit klink asof die diagnose korrek is en die voorgeskrewe medikasie werk vir jou.

    ReplyDelete
  9. Anonymous11/1/10 15:33

    Ek kry al vir jare hoofpyn en daar gaan nie 'n dag om wat ek nie hoofpynpille drink nie. Ek was al by 'n neuroloog, hy sê dit is spanningshoofpyne. Ek is relatief rustig, is gespanne, maar nooit so erg dat ek dink dit my elke dag hoofpyn kan gee nie. Sinus speel ook 'n rol. Ek is tans op sinusmedikasie, maar die hoofpyn bly. Ek soek raad asb.

    ReplyDelete
  10. Anonymous8/2/10 12:27

    Ek kry kronies hoofpyn. Aangesien ek en my doktor vermoed het dit is hormonaal het ons 'die pil' probeer. Dit het nie gehelp nie. Raad was dat ek maar moes leer om daarmee saam te leef. Daar is op hierdie stadium ook geen verband tussen my menstruale siklus en die hoofpyne nie. Sterk hoofpynpille help nie meer nie. Ek is bang vir afhanklikheid. Die hoofpyn is deesdae heeltyd aan die een kant van my kop. Terwyl ek gister oor die seer area gevryf het, het het ek 'n knop op my kop gevoel. 'n Vriendin het gekyk en gesê daar is ook 'n rooi moesie op die knop. Is dit nodig vir 'n brein skandering?

    ReplyDelete
  11. Anonymous5/4/11 16:04

    My verstandtande is uitgehaal toe ek 16jaar oud was omdat ek so hoofpyne kry en ek kry dit nogsteeds. Ek het moesies op my kop kan dit die oorsaak wees? Ek het allergie en ek stres en ek het probleme met my rug en dit kann alles werk met hoofpyne. Ek was by die dokter hy se ek het migraine. Waar kom dit vandaan. Hoe veroorsaak dit? My pyn kom in my linker kant van my gesig en kop voor. Ek staan op met die kopseer en gaan slaap met die kopseer. My kopseer hou my nie wakker nie. Hoe ernstig kan dit raak met die migraine/hoofpyn? Help asb!

    ReplyDelete
  12. Anonymous13/4/11 10:41

    Lees deur van die vorige bydraes, daar is mense wat medikasie aanbeveel. Ek sou ook voorstel jy sorg dat jy 'n gesonde leefstyl volg.

    ReplyDelete
  13. Anonymous25/9/11 13:03

    Ek het of n galblaas probleem of n maagseer. Die medikasie wat ek gebruik vir of beide help, maar ek kry snags geweldige hoofpyne. Sodra ek opstaan, word dit beter, en deur die hele dag is dit weg. Kan iemand my daaaarmee help?

    ReplyDelete
  14. Anonymous27/9/11 13:04

    Ek kry klein knoppie op my vinger litte op die bo kant waar die vinger buig en enige ander deel van my hand. Dit voel soos vel wat geknyp word al die tyd, na paar uur is daar bloed oner die vel en so word die bloedblaas tot 1cm vel baie rooi rond om en juik, dis pynlik. Het tans 3 op linker hand en 5 op regterhand. Wat kan dit wees en veroorsaak?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/2/12 10:19

      Klink soos 'n sekere vorm van ekseem. Dit kan help om:
      1) Gereeld jou hande te was - gebruik seep vir mense met allergiee.
      2) Drink anti-histamiene - hoop dis reg gespel.
      3) Maak altyd jou hande versigtig droog en gebruik 'n room met 'n waterbasis - weereens een vir mense met allergiee.
      4) Dra handskoene van katoen indien jy tale doen wat jou hande kan irriteer.
      5) Dra handskoene as jy kosmaak.
      6) Vermy chemiese middels ens.

      Hoop dit help.

      Delete
  15. Goeie Dag,

    Ek wil weet, kan 'n hoofpyn voorkom by kindertjies van so 6jr. oud. Hoekom ek vra is, gister toe ek ons meisiekind gaan haal het by die skool sê sy vir my: "Mamma, my brein voel nie lekker nie en ek bly naar." Sy is nou 6jr oud en word 7jr oud oor 3maande. EK weet as ek so vreeslike hoofpyn of migraine kry word ek ook vreeslik naar. Is dit moontlik dat sy ook so probleem kan hê as ek dat ek gereeld migraines / hoofpyne kry op so vroeër ouderdom?

    ReplyDelete
  16. Anonymous2/12/11 10:50

    Indien jy hoofpyne kry van voorgeskrewe medikasie, moet jy jou dokter daarvan vertel.

    ReplyDelete
  17. Ek is nou 7 weke swanger en het elke dag tot nou toe n Lenapyn vir my migraine gedrink. Ek is bekommmerd of dit die baba geafekteer het.
    Groete

    ReplyDelete
  18. Anonymous4/4/16 07:26

    Dag se mensies.ek kry die aklagste hoofpyn hy hy maklik 5 dae aan dan eet ek niks. Gooi met heeltyd op
    Bly naar. Wil nie my oe oop maak nie. Wil my hare uit my kop trek so seer is dit. Sodra ek hoofpyn kry slaap ek niks deur nag nie. Dis so seer dat ek nie moeg raak om te slaap nie na 3 dae kry ek geslaap maar pyn bly daar. Ek het bja pille probeer en voorskriftw en inspuitings niks werk. Eks raad op regtig ek is. Ek oefen en eet gesond. Enige raad asb. Eenkeer was my hoofpyne 30 dae aan een toe kry ek bja pile en inspuitings dit het gehelp maar toe nie weer gehelp nie. Die dink by my is ek kry 8 keer n maand migraine en n pil werk net eenkeet vir my dan nie weer nie.email my asb met raad breedtelmari@gmail.com

    ReplyDelete