Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



30.9.19

Waterpokkies

Waterpokkies is 'n aansteeklike velsiekte. Die lyer kry 'n uitslag van klein donkerrooi knoppies op die lyf. Dit begin gewoonlik op die bors, rug, en die gesig en versprei dan na die res van die liggaam.

Ander simptome kan koors, moegheid en hoofpyn insluit. Simptome duur gewoonlik vyf tot sewe dae. Die vroeë simptome by adolessente en volwassenes is naarheid, gebrek aan eetlus, spierpyne en hoofpyn. Dit word gevolg deur die kenmerkende uitslag of sere in die mond en koors. By kinders is die eerste teken 'n uitslag of kolle in die mond. Die uitslag begin gewoonlik as klein rooi kolle op die gesig, kopvel, torso, boonste arms en bene.

Boereraat:

'n Waterpokkie-uitslag kan met 'n oplossing van een druppel pepermentolie en een druppel kamille-olie in 'n liter water behandel word. Maak die uitslag met die mengsel nat met 'n skoon waslap.

♦♦♦

Smeer mielieblom aan vir die jeuk.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

49 comments :

  1. Anonymous16/1/09 16:13

    Ek het as kind waterpokkies gehad so hoekom mag jy nie bloed skenk as jy in kontak was met iemand wat waterpokkies gehad het nie. Jy kan dit mos nie weer kry nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons dogtertjie het dit al drie keer gehad en ons seun nou vir die tweede keer en hulle is nou eers 6 & 7 jaar oud.

      Delete
  2. Anonymous16/1/09 16:14

    Onthou dat jy waterpokkies gehad het en klaar teenliggaampies opgebou het wat voorkom dat jy dit weer kry. Wanneer jy in kontak kom met die virus veg jou teenliggaampies daarteen. Maar wat van die persoon wat jou bloed kry? As hy/sy dit nie gehad het nie? As dit ´n kind is? Jy het dalk nog van die virus in jou bloed en kan dit oordra aan die persoon wat jou bloed kry, al is jy nie siek nie.

    Waterpokkies word veroorsaak deur die virus Varicella zoster en is aansteeklik. ´n Aanval verleen is meeste gevalle lewenslange immuniteit. Die virus versprei in druppels deur die lug.

    Onder simptome tel knieserigheid, koorsigheid, hoofpyn en naarheid. Die simptome word sigbaar sowat twee tot drie weke na kontak. ´ Uitslag van klein donkerrooi knoppies verskyn op die lyf. Hulle bars later oop en droog uit. Die merke verdwyn na sowat 12 dae.

    Kry mediese raad en rus baie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons 2 jarige seuntjie het nou waterpokkies. Was vir 5 weke met niemand in aanraking. Waar kry hy dit

      Delete
    2. Anonymous11/5/20 10:58

      Waterpokkies word veroorsaak deur 'n virus wat versprei op 'n soortgelyke wyse as 'n koronavirus. Indien iemand in jou huishouding bv. by die winkel was, kon hulle dit daar opgetel het en hy kon dit kry.

      Delete
  3. Anonymous16/1/09 16:14

    Ek weet Duitse masels is baie gevaarlik vir die ongebore baba tydens swangerskap maar watter gevare hou Waterpokkies in?

    ReplyDelete
  4. Anonymous16/1/09 16:15

    Waterpokkies hou wel gevaar in vir jou swangerskap. 'n Swanger vrou wat waterpokkies kry is sy meer vatbaar vir longontsteking. Dit kan lei tot 'n spontane aborsie of 'n voortydige kraam. Waterpokkies is die gevaarlikste vir 'n swanger vrou voor 20 weke en na 36 weke van swangerskap.

    ReplyDelete
  5. Anonymous16/1/09 16:15

    Wane is waterpokkies die aansteeklikste?

    ReplyDelete
  6. Anonymous16/1/09 16:15

    Dit is aansteeklik vanaf die eerste uitslag verskyn tot die dag wat dit verdwyn.

    ReplyDelete
  7. Anonymous2/5/09 18:40

    Ek is 7maande swanger met my 2de kind. My dogtertjie van 4 het nou waterpokkies. Is daar enige gevaar vir my ongebore baba? Ek het dringend 'n antwoord nodig asseblief. Uitslag het gister oggend begin.

    ReplyDelete
  8. Anonymous7/5/09 17:16

    "Waterpokkies hou wel gevaar in vir jou swangerskap. 'n Swanger vrou wat waterpokkies kry is sy meer vatbaar vir longontsteking. Dit kan lei tot 'n spontane aborsie of 'n voortydige kraam. Waterpokkies is die gevaarlikste vir 'n swanger vrou voor 20 weke en na 36 weke van swangerskap."

    ReplyDelete
  9. charmaine18/5/09 20:15

    kan kinders gebad word as hulle waterpokkies het?

    ReplyDelete
  10. Anonymous4/8/09 07:57

    Ja Charmaine,

    As die velletjie gevoelig is moet jy hulle afspons.

    ReplyDelete
  11. Anonymous5/8/09 18:42

    ons het a twee weke oue baba en my drie jarige dogter het water pokies hoe kan ons keer dat dieklein ding nie aansteek nie?

    ReplyDelete
  12. Anonymous21/9/09 15:30

    kan kinders swem as hulle waterpokkies het?

    ReplyDelete
  13. Anonymous12/8/10 20:46

    My vrou is 20 weke swanger,is daar n gevaar vr die ongebore baba?

    ReplyDelete
  14. Anonymous10/2/11 11:42

    Ons gaan see toe en wil graag weet of my kinders kan swem as hulle waterpokkies het.

    ReplyDelete
  15. Anonymous10/2/11 12:15

    Ja, as hulle velletjies nie gevoelig is nie kan hulle maar swem.

    ReplyDelete
  16. Hi my seun van 12 het nou waterpokkies maar kla van 'n nek wat seer is die nekpyn het so 2 dae voor hy uitgeslaan het begin. Daar is ook geswelde kliere in sy nek, was by die dokter het antibiotika gegee maar die kliere is nog net so hard en nek nog altyd seer. Hy is al so 3 dae uitgeslaan maar vanoggend het hy nog meer. Dit jeuk baie en weet nie meer wat om te doen nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/2/12 10:20

      Jy sal nog 'n bietjie moet kans gee vir die antibiotika om te werk. Mens sukkel maar en voel magteloos as jou kinders siek is, maar mens kan nie altyd dit dadelik regstel nie, al wil jy.

      Delete
  17. Anonymous7/3/12 12:39

    ek dink my kind het waterpokkies. sy het op haar ronding van die boudjies onder blasies en onder haar voete. is dit waterpokkies of nie???

    ReplyDelete
  18. Anonymous3/5/12 19:47

    kan 'n mens meer as 1 keer waterpokkies kry as grootmens? en as jy dit kry as grootmens wat is die behandeling daarvoor?

    ReplyDelete
  19. Anonymous2/4/13 10:55

    ek het waterpokkies al gehaat is dit moontlik om dit weer te kry ?

    ReplyDelete
  20. Anonymous3/3/14 07:33

    As j swanger is kan j rondom n kind is wat waterpokkies het en wat gan dit doen an jo swangerskap!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/5/14 08:47

      Waterpokkies is gevaarlik vir 'n swanger vrou. Veral tussen weke 20 en 32.

      Delete
  21. Anonymous25/6/14 09:59

    Kan j waterpokkies deur die lug kry as di kinders rondom jou dit het?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/6/14 13:20

      Ja, die virus versprei deur druppels in die lug.

      Delete
  22. As n grood mens kan jy waterpokkies kry,en as dit so lek kan jy dit krap laat die water uit gaan,en kan jy bad.

    ReplyDelete
  23. Kan jy dit krap as dit juek ek is 34 en het waterpokkies dit juek baie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/9/14 13:33

      Moenie krap nie, dit kan letsels los.

      Delete
  24. As my kind met iemand in kontak was met waterpokkies, hoe gaan ek weet of hy aangesteek het....m.a.w na hoeveel dae sal hy begin uitslaan?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die eerste simptome verskyn sowat twee tot drie weke na daar kontak was.

      Delete
  25. Anonymous3/12/14 18:50

    hoe lank hou waterpokkies by n volwasse dame ek is nou 31 en die uitslag is vir meer as 4weke

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/1/15 13:25

      Dit is nogal lank. Gewoonlik is dit so 3 weke.

      Delete
  26. Anonymous26/5/15 23:02

    hallo ek wil net weet ek is 18 en het nou waterpokkies, het nie baie uit geslaan nie. hoe lank gaan dit vat voor die blasies oop is? vandag is die derde dag van die uitslag en is dit op hierdie stadium aansteeklik

    ReplyDelete
  27. wat kan ek drink vir die pyn ek het waterpokkies is nou 30 my lyf is baie seer

    ReplyDelete
  28. Halo my baba is 10 maande oud en het nou rooi kolletjies begin uitslaan en raak net meer.ek weet nie of dit masels of waterpokkies is nie.hoe moet ek dit behandel en ons gaan die naweek weg.watter na gevolge het dit.en mense se jy moet jou kind in 'n donker kamer hou

    ReplyDelete
  29. Anonymous7/12/15 23:24

    Ek is amper 17 jaar oud en ek het n rooi puisie by my gesig uit gedruk toe gooi dit water uit. Ons vermoed dit moet waterpokkies wees. Ek het n troue in 5 dae wat kan ek doen om dit te stop en die plekkies weg te kry???? Dis dringend asb.

    ReplyDelete
  30. Ek is 23 manlik ek het waterpokkies hoelank hou die hoofpyn so an dit is konstand seer

    ReplyDelete
  31. Ek is 23 manlik ek het waterpokkies hoelank hou die hoofpyn so an dit is konstand seer

    ReplyDelete
  32. Ek is 23 malik en het nou tans waterpokkies hoeland hou die hoofpyn ekt het dit al vir 6 dae die hoofpyne etc

    ReplyDelete
  33. Ek is 47jaar oud en het nou weer waterpokkies Dis die 5de keer wat ek dit het
    Slaan steeds uit Het al voor Kersfees begin uitslaan Wanneer sal die jeuk en brand en uitslag dan nou ophou

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/1/18 09:04

      Hi Teresa, Is jy seker dit is waterpokkies? Dit is nogal raar vir waterpokkies om soveel keer voor te kom.

      Delete
  34. Kan ek waterpokkies 2 keer kry?ek het dit so 4 jaar terug saam my 2 kinders gehad en nou het my 18 maande baba dit.

    ReplyDelete
  35. Wanneer is waterpokkies ni meer aansteeklik ni

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/3/22 06:45

      Dit is aansteeklik vanaf die eerste uitslag verskyn tot die dag wat dit verdwyn.

      Delete
  36. Anonymous25/2/23 16:10

    Joey my kind van 12 het gewem is di gevaarlik

    ReplyDelete
  37. Anonymous25/2/23 16:10

    Joey my kind van 12 het gewem is di gevaarlik

    ReplyDelete