Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.1.09

Vrugwater

Die vloeistof wat die ongebore baba omhul staan bekend as vrugwater.

17 comments :

  1. Anonymous19/1/09 10:43

    My dogter is tans swanger. Die verwagte datum wat die dokter gegee het, is 2 Julie 2004. Haar laaste mentruasie was einde Augustus 2003. Haar vrugwater het Saterdag-aand gebreek, maar sy het geen pyne gehad nie. Sy was vanaf Sondag-oggend in die hospitaal opgeneem en is gister ontslaan. Volgens die dokter se bevinding was daar ´n skeur in die baarmoeder. Is dit gevaarlik? Haar borste het ook van gisteraand af melk geskiet. Is die verwagte datum korrek of wat is dit alles wat hier plaasvind.

    ReplyDelete
  2. Anonymous19/1/09 10:43

    Die verwagte datum wat die dokter gegee het, klink reg. Dit kan gebeur dat die vrugwater kan dreineer sonder dat die mamma in kraam gaan. Dit gebeur soms as die baba met sy boudjies na onder lê of met sy ruggie na agter teen die mamma s´n. Ek dink julle het die dokter verkeerd verstaan. Daar is ´n skeurtjie in die VRUGSAK, nie die baarmoeder nie. Die vrugsak hou die vrugwater binne. Soms kan dit gebeur dat daar ´n bietjie vrugwater in so ´n geval dreineer. Die skeurtjie seël soms soos die baarmoeder groei. Sy moet maar uitkyk vir dreinering: die hoeveelheid, reuk en kleur. Dit moet helder soos water wees en het ´n tipiese reuk. Verkieslik moet daar geen dreinering wees nie. Indien daar ´n stortvloed water is, ´n offensiewe reuk of die kleur word groenerig, moet sy dadelik haar dokter gaan sien of na die naaste hospitaal gaan. Dit is normaal om op hierdie staduim melk te dreineer, alhoewel dit nie noodwendig by alle mammas voorkom nie. Ek hoop ek het julle genoeg inligting gegee. Laat weet gerus hoe dit gaan.

    ReplyDelete
  3. Anonymous19/1/09 10:44

    Die meisie is amper 7 maande swanger. Volgens haar Ginekoloog is daar op die stadium min vrugwater. Is daar iets wat gedoen kan word om die vrugwater te vermeerder, is dit gevaarlik.

    ReplyDelete
  4. Anonymous19/1/09 10:44

    Die vrugwater is die buffer wat die ontwikkelende embrio beskerm en dit toelaat om te beweeg. Indien die vloeistof minder as 5 cm diep is, dan is daar te min. Tydens hierdie fase van haar swangerskap kan dit ernstige komplikasies tot gevolg hê tydens die geboorteproses. Op die stadium moet sy net seker maak sy sien haar dokter gereeld, sy moet gesond eet en baie vloeistowwe inneem, veral water. Daar is 'n plaasvervangervloeistof wat die dokter tydens geboorte kan gebruik.

    ReplyDelete
  5. Anonymous19/1/09 10:44

    My vrugwater raak om die een of ander rede minder. Minder as wat dit veronderstel is om te wees op 24 weke. Ek wil net weet hoekom die vrugwater minder word en watter gevaar dit vir my ongebore baba inhou.

    ReplyDelete
  6. Anonymous19/1/09 10:45

    Ek is 32 weke swanger en my ginekoloog sê my vrugwater is min, maar hy verstrek nie die rede daarvoor nie. Ek het nie regtig 'n afskeiding wat onaangenaam ruik of iets wat snaaks is nie.

    ReplyDelete
  7. Ek is 20 weke swanger en die sonar wys dat die baba se koppie amper aan die wande van die baarmoeder raak so min vrugwater is daar. Is dit gevaarlik en wat is die komplikasies?

    ReplyDelete
  8. Anonymous5/9/10 10:57

    Die dokter se Baba le in Vrugwater en sal op sewe maande uigehaal word is dit nie gevaarlik

    ReplyDelete
  9. My dogter is nou 24 weke swanger maar volgens die gine is die babatjie se ontwikkeling die van 'n 19 weke. Die hartjie klop egter normaal. Die toetse vir Down Sindroom is negatief. Hy se ook dat die baba nie genoeg suurstof en voeding kry. Wat is die kanse dat die baba nie normaal ontwikkel nie. Blykbaar is die een beentjie ook korter as die ander een.

    ReplyDelete
  10. Anonymous8/5/11 16:59

    Hi ek is 7 weke swanger ek het elke dag bloeding my ginikoloog het my op progestroon setpille voorgeskryf bloedtoetse het gewys my progestroon vlakke is nou reg ek bloei nog wanneer gaan die bloeding stop ek is so bang ek gaan my baba verloor ek is nou 42 ek plaas my email kan nie wag om van U te hoor nie . erika.kortgat@gmail.com

    ReplyDelete
  11. Antonetta22/6/11 10:57

    My dogter is 17 weke swanger en met die laaste besoek aan die dokter is daar vir haar gese daar is vog in die vrugwater en die baba het ‘n gewas in die bors die baba weeg 300gram. Kan iemand my se wat is die oorsaak van die vog in die vrugwater

    Baie dankie

    ReplyDelete
  12. Anonymous4/7/11 10:28

    Antonetta,
    Een van die oorsake van te veel vrugwater is probleme met die fetus. Dit is dus moontlik dat die baba se gewas die oorsaak is.

    ReplyDelete
  13. Anonymous16/1/12 07:58

    My vriendin is 7 weke swanger en volgens die Ginekoloog het sy baie min vrugwater. Dit is haar tweede swangerskap. Met die eerste swangerskap het sy 'n miskraam gehad in die eerste tri-mester. Wat kan sy Eet of drink om die Vrugwater aan te help.

    ReplyDelete
  14. Anonymous18/2/14 18:32

    Ek is 36 weke swanger en my ginokoloog se my vrugwater word minder...Wat is die oorsaaak darvaan en is dit gevaarlik?My baba het ook nog nie gedraai ni le met koppie bo en bene onder, sal hy nog draai?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/2/14 12:18

      Daar kan verskeie oorsake vir die min vrugwater wees. Dit kan wel gevaarlik raak, sorg net dat jy gereeld jou ginekoloog sien, gesond eet en baie vloeistowwe inneem. Daar is altyd hy kans vir nog draai, maar indien hy nie draai nie word hy nog steeds veilig uitgehaal, byvoorbeeld deur 'n keisersnee. Onder sommige omstandighede kan jy selfs normaal geboorte skenk - die ginekoloog sal dit bepaal. Wees rustig, volg jou ginekoloog se raad.

      Delete
  15. My dogter is 8 maande en volgens die dr js haar vrugwater 14 en nie 18 nie maar baba se koppie is kla onertoe sy mlet die 23ste Augustus kraam maar is dit moontlik dat baba vroeer kan kom

    ReplyDelete
  16. Hi ek is 7maande swanger en my vrugwater het gbreek maar geen pyne is donerdag opneem en sondag onslan maar water loop nogsteeds van af ek uit is dit gbeur meeste wanneer ek toilet toe gaan is dit gvarlik?

    ReplyDelete