Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



21.1.21

Slegte liggaamsreuke

Indien jy oormatig sweet moet jy probeer om soggens en saans te stort of bad. Trek daagliks skoon klere aan en sorg dat jou reukweerder ´n antiperspirant bevat. Katoenonderklere is sweetbestand.

Om jou voete in ´n goeie toestand te hou moet jy lief plastiek en sintetiese skoene vermy. ´n Skoen moet liefs van leer of seil gemaak word.

Dit help om jou voete so gereeld as moontlik vir ´n tydjie uit jou skoene te haal. Roteer ook jou skoene so veel as moontlik.

Jou sokkies kan ook ´n verskil maak. Katoen en wol absorbeer sweet die beste. Daar is egter spesiale sokkies van ´n sintetiese materiaal wat gemaak word om sweet te absorbeer. Nylon sal jou voete meer as normaalweg laat sweet. Skoene wat toegebind word moet liefs nooit sonder sokkies gedra word nie.

Was gereeld jou voete. Die water moet ten minste louwarm wees. Droog dit goed af.

Loop so gereeld as moontlik kaalvoet.

Sweet kan ook ´n teken wees van koors, oorgewig, menopouse of tuberkulose.

Boereraat:

Wanneer jou voete baie sweet, week jou voete in louwarm water met koeksoda. Droog baie goed af en smeer dan droë koeksoda aan. As jy dit gereeld doen behoort die reuk te verbeter.

♦♦♦

Gooi twee koppies tamatiesap in jou badwater. Gebruik ook tamatiesap vir stink voete.

♦♦♦

4 eetlepels bakpoeier in die badwater help ook vir liggaamsreuke.

♦♦♦

Oksels wat nie te lekker ruik nie kan met asyn afgevee word.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16 comments :

  1. Kan u asb vir my raad gee. My dogter is 16 jaar oud en sukkel met haar hande wat verskriklik baie sweet. Sy staan in die oggende op en haar hande is nat, selfs deur die dag is haar hande altyd nat!

    ReplyDelete
  2. Anonymous11/9/09 17:26

    Help my son is 18 and his feet stink terribly wat can he do

    ReplyDelete
  3. Anonymous11/9/09 17:27

    help my seun is 18 hy het stink voete wat kan hy doen om dit beter te kry

    ReplyDelete
  4. Elke somer sodra dit begin warm word swel my bene en enkels so baie dat ek nie eers amper my enkels en bene kan buig nie. My vingers swel ook baie en dan het ek nog klam sweterige hande daarby. Ek drink tussen 2 en 3 liters water ‘’n dag en stap omtrent elke dag 3km. In die winter het ek glad nie so ’n probleem nie. Help asseblief. Dankie.

    ReplyDelete
  5. Hannetjie Terblanche18/2/10 13:57

    Ek is 'n 72 jarige dame wat 'n lastige probleem het van oormaat sweet aan linkerkant van my kop. Dit is so reg dat dit soms agter my bril inloop, in my oe en ook agter my nek. Wat vir my snaaks is is dat dit net aan die eenkant van my kop is en nie aan my lyf nie. Ek het baie rugprobleme en gebruik Lyrica en soms Tramal wat aan my voorgeskry is deur Neorosjirurg.
    Hoor graag van u.

    Met dank

    ReplyDelete
  6. Ek sweet verskriklik in my gesig, met die gevolg dat ek al selfbewus voel daaroor en geen grimering bly aan my gesig nie. Ek is al moedeloos. Ek sweet vandat ek ´n tiener is en my ma en broers het dieselfde probleem. Het u enige voorstel?

    ReplyDelete
  7. Daar is medikasie wat jou dokter kan voorskryf om die sweet te beheer. As dit nie help nie, kan ´n operasie nl. ´n simpatektomie gedoen word. Gaan sien gerus jou dokter en vind uit of hierdie sal help. Sterkte!

    ReplyDelete
  8. Ek het dieselfde probleem, kan ook by apteek pilletjies kry daarvoor, ek kry gewoonlik as ek weet ek het ´n funksie of iets dergliks aan, dan gaan kry ek van die pilletjies (gebruik dit nie elke dag nie maar wel vir spesiale geleenthede)

    ReplyDelete
  9. Francis Plaatjies7/9/10 18:37

    Ek is ook een wat sit met die probleem van sweet in my gesig en hare dus ook van my tiener jare af wat ek met die probleem sit, sodra ek 'n room aansit winter of somer dan sweet ek.Ek lees dat 'n mens kan ook 'n pilletjie by die apteek te koop kry.Ek sal graag die naam van die pil wil weet as suster kan.

    ReplyDelete
  10. Anonymous7/9/10 18:38

    Vra gerus jou apteker vir medikasie. Hulle raad kos niks en meeste aptekers is vreeslik vriendelik.

    ReplyDelete
  11. Anonymous5/1/11 10:52

    Goeiedag almal
    Mariette

    ek het 'n probleem met oormatige sweet en onaangename liggaamsreuk agv van die sweet,en glo my ek het al amper als probeer,tot vir die operasie gegaan ,dit het my opgeneuk want ek sweet nou nog steeds op ander plekke wat dit vereger..
    dink 2 keer voordat julle vir die opersie gaan.daardie sweet moet weer op ander plek uitkom...

    ReplyDelete
  12. Goeie dag
    ek sien dat daar al gevra is vir obnormale sweet van hande. my dogter is nou in Gr 8 en sukkel geweldig met dit. is daar enige boere raad vir dit?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/1/14 13:51

      Wat van die tamatiesap raad hier bo. Ek sou ook al die raad vir voete probeer op haar hande.

      Delete
  13. Ek wil graag weet n sterk reuk wat by die manlikke deel uit kom wat veroorsaak dit

    ReplyDelete
  14. My fondament sweet so dat ek lek somtyds is ek vuil.Help die vernedering is daagliks.

    ReplyDelete
  15. My fondament sweet so dat ek lek somtyds is ek vuil.Help die vernedering is daagliks.

    ReplyDelete