
Diabetes mellitus ontstaan as gevolg van insulien in die pankreas. Insulien is nodig sodat glukose, wat die liggaam se bron van energie is, aangewend kan word. Glukosevlakke word deur insulien binne veilige perke gehou, en daarom kan die bloedglukosevlakke van lyers gevaarlik hoog raak.
Soek onmiddelik mediese hulp. Diabetes is dodelik en kan slegs deur dokters behandel word.
My man is laasweek gediagnoseer met suikersiekte, 14.5 was sy telling, hy kry nou medikasie en toets sy telling elke dag. My vraag is wat is te hoe telling en wat is normaal en te laag?
ReplyDeleteOok wat moet gedoen word as die telling te laag of te hoog is?
Groete
Eks wel ni Antoinette ni ook ni n Dr ni maar ek is self's n suiker siekte leier van 9 jaar oud. Eks nou 30. Hy moet regtig probeer om ni lae suiker te he ni dis dadelike skade aan sy organe. Lae suiker hou ek altyd super C by my en hoe suiker kort hy sy medisyne en water tot dat di suiker weer normaal is. Email my met meer vra. landivs@yahoo.com ek help gerus
Delete3.2 tot 7.4
DeleteMore Kan u my ook Raad gee asb met Di suiker siekte
DeleteLees gerus hier vir boererate daarvoor: http://www.boererate.com/2015/05/kruie-vir-kwale-diabetes.html
DeleteMy pa is diabeties en toets omtrent ook elke dag sy telling. Volgens wat hy my al gesê het moet syne nie hoër wees as 7-8 nie.
ReplyDeleteHy drink elke oggend pilletjies wat dit basies normaal hou. Party keer,veral na 'n naweek, voel hy sleg en dan drink hy net die pilletjie wat dokter vir hom voorskryf.
Ek is 28jr en wil graag meer oor diabete weet. Ek is besig om resepte bymekaar te maak en bak reeds diabetiese beskuit. Kan iemand my help met 'n resep of 2 wat nie baie duur saam is nie.
Ek het die laaste drie maande baie gewig verloor en ek moet saans na bedtyd amper ses keer per nag opstaan om te pie. Wat kan moontlike oorsake wees? Die baie pie meng erg met my slaap in en ek is MOEG!
ReplyDeleteEk kan goed glo jy is moeg! Die moegheid is egter nie moontlik net van die min slaap nie. Die gewigsverlies en baie urinering dui op die moontlikheid van suikersiekte. Ek beveel aan dat jy dadelik jou dokter gaan sien. Suikersiekte is a.g.v. die abnormale funksionering van die pankreas wat insulien afskei. Insulien het te doen met die metabolisme van voedsel bv. die koolhidrate, vette en suikers. Dit kan ook oorerflik wees.
ReplyDeleteDaar is twee tipes diabetes(suikersiekte) nl. Insulien-afhanklike en nie insulien-afhanklike diabetes.
Gewigsverlies of -toename, abnormale dors en honger, naarheid en braking, abnormale urinering (groot volumes meer dikwels), moegheid, visuele probleme en irritasie is van die simptome.
Ek is deesdae baie moeg en kan nie eers deur 'n dag van skool kom nie baie dors en moeg. Oë het ook verswak mense het vir my gevra of ek suikersiekte het maar weet nie regtig nie daar is ook n geskidenis van die siekte in ons family kan ek die siekte hê.
ReplyDeleteAlles wat jy noem is simptome van suikersiekte. Gaan spreek jou dokter so gou as moontlik om seker te maak.
ReplyDeleteMy man is 'n diabeet geidentifiseer. Ons altwee is maar leke op die gebied. Sy suiker is tans 25 en word daagliks gemonitor. Wat is die beste boek in Afrikaans wat op die rakke beskikbaar is ten opsigte van die moets & moenies. Ook verlang ek 'n voorbeeld van 'n week se eetplan indien u oor so iets beskik.
ReplyDeleteTe veel stysel beinvloed die suiker wees versigtig op di porsie groote. Stysel word oorgesit in suiker in di liggaam en te veel kan sy suiker baie hoog laat gaan.
DeleteSorg dat hy sy alkoholinname beperk.
ReplyDeleteHy moet baie oefening kry.
Hy moet baie vrugte en groente eet.
So min as moontlik suiker, vet en sout.
Eet kleiner maaltye, maar meer gereeld. Hierdie maaltye moet gereeld stysel en koolhidrate bevat.
Hoop dit gaan goed. Ek wil graag weet my boetie het erg suikersiekte vanaf 22 jaar, so erg dat sy suiker soms tot amper 38 styg, dat hy in 'n koma gaan - dit is nie lekker om hom so te sien ly nie. Ek wil weet hoe oorerflik is suikersiekte. Ek vra net want ek is deesdae verskriklik moeg, ek het gewoonlik baie energie maar deesdae voel ek lus vir niks doen nie, ek gaan omtrent elke 20 minute dames toe, ek drink baie water en ek het so 5 maande terug 3 kilogram verloor maar is seker dat ek dit nou weer opgetel het - ek vrek vir soetgoed en ek kan voel dat ek met tye baie lighoofdig is en ek kry knaende kopsere ... Ek het ook vreeslike urine afskeiding - kan dit wel tekens wees van die vroee stadium van diabetes - ek het nie geld om by 'n dokter uit te kom nie - hoe anders kan ek myself laat toets.
ReplyDeleteDit kan beslis oorerflik wees en dit klink asof jy dit onder lede het. Jy moet wel probeer om by 'n hospitaal of dokter uit te kom. Jy kan ook 'n apteek vra om vir jou 'n toets te doen.
ReplyDeleteAs 'n persoon Suikersiekte het wat hou die toekoms vir daardie persoon in en is sy/haar lewe korter of lei die persoon 'n normale lewe?
ReplyDelete'n Persoon wat diabetes het kan 'n normale, lang lewe hê soos enige ander persoon.
ReplyDeleteAs ju suiker 15 is hoe gevaarlk is dit en wili af kom
DeleteDit is gevaarlik. Praat asseblief met 'n dokter oor behandeling.
DeleteEk is 68 het suikersiekte. My suiker is baie wisselvallig en wissel van 12 tot en met 32. Dit maak my moedeloos ek probeer reg eet hoe kan ek my suiker beheer, ek kry insulin van die staatshospitaal kan dit wees dit die insulin wat ek gebruik verkeerd is? Is daar verskillende soorte insulin op die mark en verskil die inhoud daarvan? My ander probleem wat ek het is my maag. Sodra ek klaar geëet het blaas my maag op dit is baie ongemaklik watter produkte is daar op die mark wat hierdie ongemaklikheid kan voorkom en hoekom blaas my maag op. My maag blaas so op dat die knope op my hemp afbreek, dit voel of my hart vasgedruk word ek is raadop.
ReplyDeletejulle mense moet onthou vrugte het baie suiker in as julle n kwawa boom het of mense ken met n kwawa boom vat die blare en kook dit op dan strain die water deur n tee siffie en drink dit of koop vir julle kankerbossie dit is kruie koop dit by n health shop maak dit ook aan kook dit in n teepot soos n mens gewoonlik tee maak en laat dit trek dan strain dit ook deur n teesiffie en drink dit baie goed
DeleteWat die werking van die insulien betref behoort jy dat jou dokter hierna kyk, en beslis ook na jou maag wat so dramaties opblaas.
ReplyDeleteAs alternatief kan jy Antoinette Pienaar se raad probeer en rooivergeetwortels (Galium tomentosum) en lukwartboomblare saam kook. Blykbaar is vele mense al met behulp hiervan genees van hul suikersiekte. Moet egter nie jou insulien los nie. Gebruik dit eers saam daarmee en as jy voel dit werk kan jy probeer om jou van die insulien te speen te speen. Die resep is in haar boek Kruidjie roer my.
Onthou ook om die alkoholinname te beperk en baie oefening te doen. Eet ook kleiner maaltye, maar meer gereeld.
Goeie dag,
ReplyDeleteH et het ontlangs gegaan vir ‘n insulien toets – en het terug gekom met’n hoë vlak. Wat beteken dit? Ek het ook vreeslik gewig opgetel – is dit die rede? Die dr het nou vir my glukose pilletjies voorgeskryf. Maar ek wil graag weet wat is die newe effekte met die hoë insulien. En is daar nou ‘n spesiale dieët wat ek moet volg?
Dis baie moeilik om kommentaar te lewer sonder meer inligting. Was jy dalk swanger onlangs, strawwe oefening gedoen? Daar kan ander oorsake ook wees. Hoë insulienvlakke kan hoofpyn, lighoofdigheid en swakheid veroorsaak. In erge gevalle 'n koma of selfs die dood. Eet gesond.
ReplyDeleteAs my suiker baie wisselvallig is, wat staan my te doen. in oggend 15 en middae 5,5. het al op 22 gedraai. Ek gebruik medikasie.
ReplyDeleteHi ek wil weet ek is mal oor my coke te drink. Ek drink omtrent 2 blikkies coke n dag. Kan ek daarvan suiker siekte kry.
ReplyDeleteMan is typ 2 maar ek sukkel met sy etes hy wil nie alles eet nie hy soek koekies en ek sukkel om n resepte te kry en dan kan hy ice tea drink ek se nee maar hy se ja hy spuit hom 2 keer n dag en drink 1000g pil in oggend en 1000g in aand
ReplyDeleteHi ek wl graag weet wat moet ek doen om my suiker te laat daal my suiker vlak is tussen 25 en 18 ek drink pille en spuit my self in ek is al raad op enige raad asb
ReplyDeleteWat van jou leefstyl Pieter? Eet jy gebalanseerd? Doen jy oefening?
DeleteHi ek is 30 jaar oud ek wil net graag weet ek gaan redelik baie toilet toe my mond by my verhemelte bly droog en onder my tong ook ek is dood honger as ek in die oggende wakker word al het ek baie geeeet die vorige aand my lyf jeuk ek het 'n merk op my been wat nou al 'n maand lank daar sit wil nie weg gaan nie en dit jeuk ook my hande raak lam en dit bewe my lewe is seer wanneer ek in die oggende opstaan en my hare val vreeslik baie uit en my maag maak die weirdste geluide en ek voel die bewegings binne in my maak en ek het al 4kg in 2 maande op getel nou wil ek net graag weet of ek suiker siekte het laat weet asseblief en dankie
ReplyDeleteHi ek is 30 jaar oud ek wil net graag weet ek gaan redelik baie toilet toe my mond by my verhemelte bly droog en onder my tong ook ek is dood honger as ek in die oggende wakker word al het ek baie geeeet die vorige aand my lyf jeuk ek het 'n merk op my been wat nou al 'n maand lank daar sit wil nie weg gaan nie en dit jeuk ook my hande raak lam en dit bewe my lewe is seer wanneer ek in die oggende opstaan en my hare val vreeslik baie uit en my maag maak die weirdste geluide en ek voel die bewegings binne in my maak en ek het al 4kg in 2 maande op getel nou wil ek net graag weet of ek suiker siekte het laat weet asseblief en dankie
ReplyDeleteJy moet liefs 'n diagnose by 'n dokter kry.
DeleteKan iemand vir my die simptome stuur van suikersiekte
ReplyDelete"Gewigsverlies of -toename, abnormale dors en honger, naarheid en braking, abnormale urinering (groot volumes meer dikwels), moegheid, visuele probleme en irritasie is van die simptome."
DeleteHi
ReplyDeleteWaar kan ek rooivergeetwortels en lukwartboomblare kry.
Moet asb nie vrugte eet as jy n diabeet is nie dit is so vol vrugte suiker en stoot jou suiker hewig op. Moet ook nie enige gegeurde yogurt eet nie netso giftig. Verder is enige stystel en hoe koolidrate giftig.
ReplyDeleteHi wil net weet ekt my suiker laat toets hy is 3.8 is dit normaal?
ReplyDeleteHi ek bly kopseer kry en ek kry so snaaks n tingle in my ligaan,die eenkant van my mond is half dood en hang n bietjie,ek het my suiker getoets en dit is 5,ek weet nie maar ek voel glad nie lekker nie,wat dink jy kan dit wees.
ReplyDeleteNaand ek is n 62jarige dame. Ek het die afgelope drie weke die snaakse gevoel in my kop dit suis in my ore en mu kop wil bars en dan my oe wat snaaks en moeg voel, en baie droe mond kan dit dalk my suiker wees? En wat staan my te doe
ReplyDeleteHi ek wil weet my dogter is 14 jaar oud sy is nu vi 4 jaar gediagnoos met suiker ek sukkel al van gister af om haar suiker af te bring was vandag by di dr en hy kan ook ni vi my nog iets gee vi haar ni sy spuit haar kla te veel in so nu wil ek weet is daar enige homeremdy wat ek vi haar kan gee haar suiker bly bo 20 asb mense ek gee al raad op watet werk ni meer ni en sy eet gesond help asb
ReplyDeleteHelp as met hoë suiker water help ni
ReplyDeleteGoeie dag ek wil weet waar kan ek gaan kyk wil by groep aansluit wat ook kindertjies in skool het wat diabete tipe 1 is.
ReplyDeleteWat kan n persoon eet as jou suiker 18 is om af te bring
ReplyDeleteHallo Anneline, Dis die beste om na 'n mens se leefstyl te kyk. Daar is baie Afrikaanse resepteboeke spesiaal vir diabete wat jou hiermee kan help.
DeleteHi.... Beslis baie help vol. Baie dankie julle. Waardeer
ReplyDeleteHi jul my ma is gediagnoseer met kroniese diabetes sy is op insulien maar sy bly braak hou niks in nie was al 2 keer terug dokt toe hy se gaan aan met insulien maar die naarheid bly konstant elke dag heel dag asb help sy is 82jaar oud en sè sy gee op
ReplyDeleteHi ek wil graag weet of cayenne pepper help om my suikervlakke af te bring? My suiker vlak bly 16 - 20? Wat kan ek doen om dit af te bring?
ReplyDeleteMy MA is n diabeet nou is haar been geswel en water kom uit haar been uitmaak sere ook
DeleteWat te doen as Jou been geswel is van suiker en water kom daar uit6
ReplyDeleteHi ek wil net weet ek bly moeg en lam ek toets amekaar my suiker en dis altyd bo 8 en ek nie n suiker lyer nie wat kan dit wees??
ReplyDeleteIs 13 suikertelling te hoog vir n 9 jarige
ReplyDeleteEk wil net weet of n suikertelling van 13 vir n 9 jarige te hoog is
ReplyDeleteMore wil graag weet as mens suiker het.Wat veroorsaak dat mens vreeslik bewe.
ReplyDeleteDit gebeur omdat jou bloedglukose vlakke onder 70 mg/dℓ val.
Delete