Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



5.1.15

Laat baba toets vir immuniteitsgebreke

Daar is ’n toets beskikbaar vir ernstige gekombineerde immuniteitsgebreke, wat lewensgevaarlike oorgeërfde siektes by pasgebore baba’s kan identifiseer.

Ernstige immuniteitsgebreke ontstaan weens defektiewe gene betrokke in die ontwikkeling van selle wat infeksie bekamp. Meer as 80% van baba’s met die toestand het nooit ’n familiegeskiedenis daarvan gehad nie.

Dit kan fataal wees vir die baba, gewoonlik binne die eerste twee jaar. Behandeling behels die versterking van die baba se immuniteit met behulp van die oorplanting van stamselle of geenterapie.

Dit is belangrik vir pasgebore baba’s om die toets te ondergaan, want dit laat toe dat die baba suksesvol behandel kan word voor enige infeksie die liggaam oorneem. Volgens ’n nuwe studie aan die Universiteit van Kalifornië is ’n baba se beste kans ’n stamseloorplanting binne die eerste 3½ maande.

Die navorsing oor die toets is gepubliseer in die Journal of the American Medical Association; Newborn screening for severe combined immunodeficiency in 11 screening programs in the United States.

No comments :

Post a Comment