Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



18.8.14

Nuwe ontleding van endometriose kan diagnose en behandeling verbeter

Endometriose, die vestiging van baarmoeder weefsel in omliggende organe, raak ten minste 10 persent van alle vroue. Die siekte, wat dikwels verkeerd gediagnoseer word, veroorsaak onvrugbaarheid en erge pyn, maar ons weet baie min oor hoe dit ontstaan.

Navorsers het nou ’n stap nader gegee aan ’n meer effektiewe behandeling van endometriose deur patrone in die immuunstelsel se seine te identifiseer wat ooreenstem met sekere simptome van endometriose. Hulle het ook die onderliggende sellulêre aktiwiteit hiervan geïdentifiseer.

Endometriose is moeilik om te bestudeer, want dit kan verskyn en verdwyn op verskillende tye in 'n vrou se lewe, en die simptome en erns daarvan kan baie wissel. Verder word die siekte dikwels nie gediagnoseer nie of mis gediagnoseer vir baie jare.

In pasiënte met endometriose beland selle van die voering van die baarmoeder in die Fallopiusbuise en dan in die buikholte, waar hulle groei op organe, insluitend die eierstokke, kolon, en die diafragma. Dit veroorsaak letsels wat pyn veroorsaak. Die pyn is soms lig, maar kan so erg wees dat dit verlammend is. Die groeisels kan ook lei tot onvrugbaarheid. Behalwe hierdie basiese verduideliking is daar nie veel bekend oor hoe die siekte ontstaan en vererger nie. Daar is 'n genetiese komponent, 'n omgewingskomponent, en 'n inflammatoriese komponent, maar wat dit individuele pasiënte betref is dit baie moeilik om te sê watter bepaalde volgorde van gebeure gelei het tot spesifieke simptome.

Endometriose word dikwels behandel met hormone, wat 'n menopouse-agtige toestand by die pasiënt veroorsaak. Dit is egter nie 'n betroubare oplossing nie en is beslis nie 'n goeie opsie vir vroue wat wil swanger raak nie. As die siekte voortduur is chirurgie nodig is om die letsels te verwyder, maar dit is ook nie 'n permanente oplossing nie; baie pasiënte moet verskeie operasies oor hul leeftyd ondergaan.

Hierdie tipe navorsing help nie net om ons kennis oor endometriose te verbreed nie, maar help ook om nuwe medikasie te ontwikkel wat die siekte kan teiken.

Vir meer oor hierdie studie kan jy in die Februarie 2014 uitgawe van Science Translational Medicine lees.

2 comments :

  1. Anonymous12/9/14 13:34

    Halo ek wil anoniem bly ek het vergroeisels en sists op my eierstoke dit pyn en is prikkelind voel soos iets wat j skop soos waneer j swanger is het al gekyk of ek kan wees maar dan is daar niks nie dr het gese ek sal nie kids kan he ni weet n wat om te doen ni eks baie bang vir operasies ekt raad gekry ek moet daynaroot koop en dt drink dis dai poeier wat jy vir plante gebruik laat hul groei di vrou se skoon dogter het swanger geraak met dit en sy het sists en vergroeisels kan jul my dalk help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/9/14 09:13

      Mens kan swanger raak, maar dit hang af van die graad waarin jy dit het. Ongelukkig sal jy 'n operasie moet oorweeg indien jou toestand ernstig is.

      Delete