Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



15.3.23

Skarlakenkoors


JC skryf:

"Ek wil net graag uitvind wat presies veroorsaak die koors, of dit aansteeklik is of nie en wat is die algemene naam in Engels."

Antwoord:

Skarlakenkoors is 'n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur sekere vorms van die streptokokkus-bakterie. Die kiem kom die liggaam binne deur die keel en word versprei deur klein druppels wat in die lug vrygelaat word wanneer die besmette persoon praat, hoes of nies.
'n Rooi keel is die eerste simptoom van die siekte. Daarna volg koors, hewige hoofpyne, braking, 'n versnelde hartklop en die tong is oortrek met 'n wit aanpaksel. Onder hierdie aanpaksel is die tong vol rooi kolle. Daarna volg 'n rooierige uitslag wat in die nek begin. Dit word verder gevolg deur afskilfering van die vel waar die uitslag voorgekom het.
Die siekte kom hoofsaaklik voor in jong kinders en kan tot 3 weke aanhou. Dit kan ernstige hart, nier en gewrigsprobleme tot gevolg hê.

5 comments :

  1. Ek wil net graag hoor wat is die inkubasieperiode van skarlakenkoors? Ek was 3 dae gelede in aanraking met 'n persoon wat besmet is hiermee, ons het toe nog nie geweet hy is besmet nie. Ek is daagliks in aanraking met 'n kanker pasient. So vir sy gesondheidstoestand wil ek net seker wees.

    ReplyDelete
  2. Anonymous27/2/13 13:34

    Is dit waar dat skarlakenkoors nie meer aansteeklik is na 24uur van atibotika se gebruik nie?

    ReplyDelete
  3. Anonymous9/12/14 10:03

    Hoe gevaarlik is dit vir 'n swanger vrou om in aanraaking te wees met iemand wat Skarlakenkoors het?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/1/15 13:50

      Daar is geen bewyse dat dit gevaarlik is nie en dit kan behandel word. As jy dit egter het wanneer jy geboorte skenk, kan jou baba dit ook kry.

      Delete
  4. Watter medikasie kan geneem word?

    ReplyDelete