Volg hierdie stappe om jou naels minder te kou of om selfs op te hou:
•Daar is 'n bitter vloeistof by apteke te koop wat jy op jou naels kan sit om te keer dat jy dit byt.
•Was jou hande soggens met seep en droog dit met 'n handdoek af.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
Ek sukkel met bros, dun naels wat baie split. Het jy dalk vir my raad?
ReplyDeleteHou jou naels kort en vierkantig. Week jou naels vir 15 minute in badolie voor jy dit knip. Wend vogroom aan nadat jy dit geknip het en elke aand voor jy gaan slaap. Moet liefs nie naellakverwyderaar meer as twee keer per maand gebruik nie. Verf eerder die naellak weer mooi oor.
ReplyDeleteEk's 'n 17-jarige seun en wat 'n probleem het met my toon naels wat geel-swart gekleur is. Ek het al verskeie kere dit probeer skoon maak, maar dit het nie gehelp nie. Ek het gewonder of u my raad kan gee en is daar dalk 'n behandeling op die mark wat ek gebruik om my natuurlike kleur kan te kry.
ReplyDeleteNico, voor jy dit behandel moet jy weet wat die oorsaak is. Dit kan 'n fungus wees, sien die gedeelte oor Naelfungus, dit kan algemene gesondheidsprobleme wees wat dit veroorsaak of selfs iets meer ernstig. Laat 'n dokter hierna kyk. Indien julle nie 'n dokter kan bekostig nie kan jy na 'n kliniek of staatshospitaal gaan vir 'n diagnose.
ReplyDeletehI EK HET N FUNGUS OP MY NAEL HULLE VREET TOT DIEP EN IS HALF SEER OOK HET JY V MY RAAD ASB
ReplyDelete