Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.8.10

Speekselkliere

Wanneer jy eet vloei daar speeksel uit die speekselkliere en maak eet makliker, wanneer jy slaap omtrent niks. Die res van die tyd hou dit die mond vogtig en maak dit praat makliker. Dit bevat ook stowwe wat skadelike bakterieë in die mond vernietig. Die funksionering van die kliere raak met ouderdom minder effektief. Ouer persone se monde sal veral snags droër voel.

Daar is drie groot speekselkliere. Die oorspeekselklier kan jy met die vingers voel as dit opgeswel is. Die onderkaakspeekselklier kan jy ook soms voel. Die ondertongspeekselklier is op die bodem van jou mond.

Siektes van die speekselklieren kom af en toe voor. Sommige afwykings is 'n deel van' n algemene siekte.

Veral die oorspeekselklier is sensitief vir enige verandering in die liggaam. Dit kan opswel met diabetes, probleme met die lewer, skildklierafwykings, die misbruik van alkohol of met eetversteurings soos anorexia nervosa.
Hartprobleme of algemene probleme met die bloedsomloop kan speekselafskeiding beïnvloed en die samestelling van speeksel verander.

Speekselafskeiding is gesinchroniseer met sluk en die sluit van die lippe. Wanneer daar probleme hiermee is, sal ’n pasiënt kwyl. Mens sien dit veral met gestremde kinders en persone met Parkinsons.

Die gebruik van sekere medikasie kan ook speekselproduksie beïnvloed.

Gaan spreek onmiddellik ’n dokter indien jy vermoed jou speekselkliere is ontsteek.


(foto Klaus D. Peter)

10 comments :

  1. Anonymous16/8/10 13:51

    Miskien kan u my help of raad gee, my seuntjie (7jr) het vreeslik hoe koors gekry en sy linkerkant by die ken het begin swel. Hy was by die dr en met ‘n gesukkel is die koors af maar hy het toe gese hy het ‘n verstopte speekselklier. Hoe algemeen is dit onder kinders, en wat kan mens doen? Is dit gevaarlik vir hull?

    ReplyDelete
  2. Anonymous9/11/14 19:56

    Ek sukkel al vir week met oortollige speeksel in my mond. My keel is al seer gesluk...enige raad ASB

    ReplyDelete
    Replies
    1. Gaan spreek 'n dokter. Daar is 'n tipe lugweginfeksie wat dit kan veroorsaak.

      Delete
  3. Hoe raak ek ontslae van n oorspeekselklier wat verstop is. So groot soos n eier geel

    ReplyDelete
  4. Hoe raak ek ontslae van n oorspeekselklier wat verstop is. So groot soos n eier geel

    ReplyDelete
  5. Ek sukkel dikwels met geswelde smaakknoppies op my tong Dis nogal seer as jy moet eet of praat

    ReplyDelete
  6. My mond is dag e nag vreeslik droog.. En soms hoes ek daarvan... Wat Kan dit wees...

    ReplyDelete
  7. Wat is fout as Speeksel by my mondhoeke afloop

    ReplyDelete
  8. Ek kry nie meer geslaap met die speeksel klier wat oortollige vloeistof afsky en dit maak dat ek nie meer reg kan praat en eet nie . Wat staan my te doen asb

    ReplyDelete
  9. Water Kan gebrook om verifying te bring aan n speeksel klier Hoelank Kan Dit neem vir genesing Ek was by n dokter en Hy het my n tipe oil gegee wat asmaleiers gebruik 8 per dag

    ReplyDelete