Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.11.18

Tandvleisontsteking

Tandvleisontsteking word veroorsaak deur stukkies kos wat om die tande saampak.


Die tandvleis raak gevoelig en geswel. Normaalweg het dit ’n pienk kleur. Dit kan selfs bloei wanneer jy jou tande borsel.

Dit raak baie ernstig wanneer jou tandvleis begin doodgaan. Jou asem ruik dan gewoonlik sleg.

Die membraan wat in die tandholte is kan beskadig word en veroorsaak dat die tand los raak. Die toestand staan bekend as periodontitis.

Om dit te verhoed moet jy gereeld tande borsel en flos.

’n Algemene manier om pyn en ongemak van tandvleis siekte te verlig is om jou mond te spoel met ’n mengsel van warm water gemeng met sout.

1 comment :

  1. Anonymous20/3/17 13:42

    Ek het inplantate in die onderkaak. Dit is baie sensitief om die pennetjies en my mond het 'n slegte smaak (reuk) In die oggend is my mond vuil bloederig. Wat kan ek gebruik

    ReplyDelete