Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.1.09

Verminder vet in jou dieet

Hier volg 'n paar eenvoudige stappe wat jy kan volg om die vet in jou dieet te verminder.

Stoom, kook of mikrogolf groente of roerbraai dit in klein hoeveelhede olyfolie.

Gebruik eerder kruie en speserye as smaakmiddels in die plek van souse, botter en margarien.

Gebruik suurlemoensap of 'n lae-vet slaaisous oor jou slaai. Jy kan die mayonaise en suurroom in slaaisouse vervang met jogurt.

Gebruik olyfolie in plaas van margrien of botter.

Vervang volroommelk met afgeroomde melk.

Koop vleis met 'n lae vetinhoud en sny enige sigbare vet van vleis af.

Rooster, bak of kook vleis, pluimvee en vis so dat die vet afloop soos die kos gaar word.

Gebruik 'n pan waarin kos nie kan vassit nie.

Skep die vet af van bredies met vleis of pluimvee.

Eet een maal per week 'n lae-vet vegetariese dis.

skrywer: Kathy Thompson

Oor die skrywer
Kathy Thompson is 'n skrywer en spreker met meer as 25 jaar se ondervinding in navorsing van voeding en oefening.

Wenk: Doen jou liggaam ´n guns en drink water. Water het geen kilojoules nie, maar bevat heelwat belangrike minerale. Indien dit saam met ´n ete geneem word help dit die spysvertering aan. Dit is maklik om water in die hande te kry, dit is goedkoop en maak sowat 75% van ons liggaamsgewig op.

8 comments :

  1. Anonymous21/1/09 13:57

    Ek het ietwat van ´n 'magie'. Wat stel jy voor is die beste oefeninge om my effe platter te kry? Ek wil ook korter hemde dra - maar huidiglik is dit buite die kwessie. Hoop jy kan help? Ek´s raadop en wil ook mooi lyk vir my man!!
    Dankie.

    ReplyDelete
  2. Anonymous21/1/09 13:57

    Ek is seker jou man dink jy is pragtig net soos jy is!
    Ongelukkig is die enigste manier om van ´n pensie ontslae te raak, oefening! Die beste is maar doodgewone opsitte. Dit help ook om jou spiere styf te kry deur jou magie die heeltyd in te trek. Indien jy oorgewig is, verloor gewig. Swem is ook goeie oefening wat jou hele lyf en al jou spiere sal oefen. Dra ook ondersteunende onderklere. Jy kan ook dalk by ´n gimnasium aansluit, waar daar apparaat is wat jou kan help met die maagspiere.

    ReplyDelete
  3. Anonymous24/7/09 15:15

    Ek wil graag 2 kg verloor, maar sukkel regtig daarmee - ek gym elke dag en eet ook die 5 - 6 kleiner maaltye, baie rou groente en vrugte ens, maar dit is asof daardie 2 kg net nie wil verloor nie. Ek sukkel ook erg met 'cravings' is altyd lus vir sjokolade of iets wat verkeerd is. Ek glo nie daaraan om kunsmatige eetlus dempers te gebruik nie en klaarblyklik is my eetlus te sterk vir die meer natuurlike produkte, want ek is heeldag honger. Is daar enige spesifieke natuurlike produk wat u kan aanbeveel?

    ReplyDelete
  4. Ek wil graag ’n opinie hê op die volgende:

    Ek het binne ‘’n week se tydperk tot en met vandag 2kg opgetel wat kan die oorsaak hiervan wees.



    Ek het ’n week gelede ophou werk en hou my tans besig met spring cleaning en versiering in my eie huis ek is nog elke dag op en af en weet nie dat ek eenkeer op my bas stil gesit en en TV kyk of so iets nie en ook nie dat ek my oor eet het nie ek het wel ’n koppie hot chocolate gedrink yogurt en baie energade gedrink wat ek normaal nie gedoen het nie, want met my werk was daar nie tyd nie.



    Ek het ook ek skat 3weke terug opgehou om triphasil te gebruik omdat dit klaar was en ek nie tyd gehad het om weer te koop nie ek het intussen weer gekry maar die dokter het voorgestel dat ek wag tot ek weer met my siklus begin.



    Ek voel vreeslik ongemaklik in my klere want ’n week terug was my jeans nog gemaklik (dit het nie gekrimp in die wasmasjien nie)en nou sit dit styf my maag lyk ook pofferig als voel vir my ongemaklik.



    Ek het van gisteraf minder geëet as normaal weg ontbytgraan ,’n klein bakkie yogurt(activia) en gister aand net ’n skep rys en twee groentes.



    Enige raad wat jy my kan aanbied en wil nie nog gewig aansit nie en ek is kort en het klaar gedink dat ek oorgewig is en nou tel ek nog meer gewig op.



    Ek wag op u opinie

    Dankie

    ReplyDelete
  5. Dankie vir al die raad wat 'n mens altyd hier kan kry. Ek wil vra of julle vir my 'n paar oefeninge kan aanbeveel. Ek het 9 jaar terug my eerste kind gekry en presies 6 maande daarna 'n historektomie. Ek het redlike groot probleme gahad. So ongeveer twee en 'n halwe jaar terug het ek weer my lewe begin terugkry. Nou hang daar so 'n ekstra rolletjie. Nog gevoelig maar ok. Wat se oefeninge kan 'n mens doen?

    ReplyDelete
  6. Anonymous13/9/10 20:52

    Almal (wat nie gereeld oefening doen nie) kry een of ander tyd 'n ou rolletjie of vyf. Die beste oefening vir almal van ons en ons harte is kardiovaskulêre oefening. Enige oefening wat jou hart lekker aan die klop sit.
    Eers moet jy jou dokter gaan vra om jou te ondersoek en te bevestig dat jy maar kan oefen na hartelus.
    Nou begin jy hardloop. Dis reg, hardloop! Dis eenvoudig en almal kan dit doen.
    Die geheim is om stadig te begin en stelselmatig meer te doen. Dit werk so:
    Trek jou hardloopskoene aan. Sorg dat daar 'n horlosie om jou arm is en vat die pad. Hardloop 1 minuut en stap 2 minute. Doen dit ses keer. Met ander woorde, jy sal altesaam 6 minute lank hardloop. Doen dit drie keer per week en die naweek probeer jy 2 km hardloop (stap tussenin indien jy sukkel). So hou jy aan tot dit gemaklik begin raak. Dan begin jy jou stap verminder. Vermeerder stelselmatig die draftyd en die afstand wat jy die naweek doen. Voor jy jou oë uitvee hardloop jy 5 km op 'n slag.
    En die vetrolle sal begin verdwyn. Hou dit weg deur 'n gesonde dieet te volg.

    ReplyDelete
  7. Ek wil graag hoor ek is oorgewig,my maag altyd opgeblaas,sukkel om gewig te verloor.Ek is al 10jr op depo provera.Wat kan die oorsaak wees?

    ReplyDelete
  8. Anonymous22/2/12 10:52

    More

    Ek het kliere in my arms. Soms is dit seer en die een beweeg rond in my arm net Bo my elmboog. Wat kan dit wees of veroorsaak

    Dankie

    ReplyDelete