Sitroengras kan as 'n ligte diuretikum optree, wat urienproduksie verhoog. Dit kan help om gifstowwe uit die niere te spoel en die risiko van nierstene te verminder.
Hoe om te gebruik:
Tee: Week 1-2 teelepels gedroogde sitroengras in warm water vir 5-10 minute. Beperk tot 1-2 koppies daagliks.
♦♦♦
Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir nier-aandoenings.
♦♦♦
Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige nierkwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel wilde salie blare en laat dit trek vir 5 minute. Om dit meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Die tee kan gedrink word vir nierinfeksie.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir nierprobleme.
♦♦♦
Tee van suurlemoengras is goed vir oorwerkte niere.
♦♦♦
Grasuie is medisyne vir die niere. Eet gereeld hiervan.
♦♦♦
Kap 5 g bitterbos-blare fyn en laat 5 minute trek in ’n koppie kookwater. Drink drie maal per dag vir nierprobleme.
♦♦♦
Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva gedrup op suiker of saam met melk, 3 keer per dag.
♦♦♦
Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
No comments :
Post a Comment