Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit vir asma.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Om dit meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Drink vir asma.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir asma.
♦♦♦
Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Dreineer en drink die tee vir asma.
♦♦♦
Gooi kookwater oor ’n ¼ koppie klimop-blare in 1 koppie kookwater en asem die stoom in vir asma.
♦♦♦
Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir asma.
♦♦♦
Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir asma.
♦♦♦
Die gereelde gebruik van rooibostee kan asemhaling verbeter
♦♦♦
Gebruik 5g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir asma.
♦♦♦
Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir asma.
♦♦♦
’n Tee gemaak van kattekruid help vir asma.
♦♦♦
Sit kanfer in 'n pan, gooi soetolie daarop, maak dit goed warm en sit dit op die bors.
♦♦♦
Jy kan ook bokvet op ongebleikte linne smeer, skoorsteenroet daaroor strooi en dan op die bors sit.
♦♦♦
Kook ´n stuk saliebos in water totdat die vloeistof lyk soos sterk tee.
Neem een koppie daarvan en kook dit tot 'n stroop saam met 500 ml suiker.
Voeg 1 botteltjie borsdruppels en 125 ml suurlemoensap by en skud goed.
Drink 15 ml hiervan 3 maal per dag.
♦♦♦
Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir asma en ander longprobleme.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Ek het asma my hele lewe lank
ReplyDeleteEk het 2jaar terug begin ofen en dit het regtig ny asma asem haaling verbeter
Soo die ofennige is n bietjie eers loop en reg asem te haal 2dens om n bietjie te draf en jou asem haaling nog beter te maak 3 te hardloop maar onthou altyd hou jou ama pompie by jou vir ingeval van nodig draf totdat jy nie meer kan nie en as jy nie meer kan nie vat n trek van jou asma pompie en nie te veel nie want die asma pompie lat jou hart vinniger klop om arre oop te maak dat jou longe oop kan aan soo probeer dit maar